in ,

NAMPO Bothaville 2022 Digitale Kaart

Die 54ste NAMPO Oesdag is om die draai! Vir die eerste keer oor vyf dae aangebied tussen 16 en 20 Mei 2022. Die 2022-tema is “Beleef dit!“.

NAMPO-uitstallers kan weer produsente ontmoet en hul produkte ten toon stel. Die toevoeging van ‘n ekstra dag in die skedule dien as ‘n broodnodige sakegeleentheid waar bykansa 800 uitstallers kan skouers skuuer met toprolspelers in die lanboubedryf

Lede van die publiek asook boere word weereens uitgenooi om te loer na kommersiële landbou en voedselveiligheid en -sekuriteit in aksie.

Om jou te help jou weg te vind tydens die reuse geleentheid – of om te loer na watter uitstallers ook daar sal wees – kan jy na die NAMPO Bothaville 2022 Digitale Kaart aflaai.

ProAgri Media sal ook teenwoordig wees en verslaglewer oor die interessante lanboutegnologiese verwikkellinge. Kom maak gerus ‘n draai by die Agri4all.com tent.

NAMPO vind hierdie jaar tussen 16 en 20 Mei plaas te NAMPO Park, Bothaville. Hekke open daagliks teen 07:00 en sluit weer om 17:00.

Om meer uit te vind oor NAMPO Oesdag, besoek www.grainsa.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Winsgewende skaapboerdery deel 8: Verhoog reproduksietempo met die regte ramme

Puik diere hou Vlakte Bonsmarastudiegroep op die wenpad