in ,

NAMPO: Algar maak veehantering maklik

Hannes en Carin Nortjé, die eienaars van Algar, by hulle standplaas op NAMPO.

This post is also available in: English

Veeboerdery is pure plesier met Algar se doeltreffende, duursame veehanteringstoerusting. Algar glo die boer moenie sukkel nie, maar lekker en vinnig sy vee hanteer. Daarom het veeboere na Algar se standplaas op NAMPO gestroom.

Hannes en Carin Nortjé, die eienaars van Algar, doen al die navorsing en ontwerp van Algar se toerusting self. Hannes is self ’n bees- en saaiboer en hy gebruik al die ondervinding van eie toepassing en hantering van vee om die produkte uniek en oorspronklik te ontwerp. Al die produkte word dan eers deeglik beproef voordat dit bekendgestel word.

Carin sê: “Veiligheid vir die boer en sy vee, doeltreffende werkverrigting, arbeidbesparing, tydbesparing, veral ook lae spanning op die diere en goeie naverkopediens is vir Algar belangrik.

“Ons glo dat enige boer sy vee gemaklik, gerieflik en rustig moet kan hanteer. Vir ons is die tevredenheid van die boer baie belangrik en dat die toerusting waarmee hy werk ’n plesier vir hom, sy werkers en sy vee moet wees. Ons diens graag produkte in die veld op die boer se plaas.”

Algar verwelkom ook terugvoer vanaf boere sodat hulle die produk kan verbeter of uitbrei.

Algar se produkte

Algar se eerste reeks veehanteringstoerusting was die hoëdiens-reeks. Hierdie reeks word van vierkant- en reghoekpyp met ’n wanddikte van 3 mm vervaardig. Dit word sterk gebou om diere doeltreffend binne te hou en ’n kraal te bied wat baie jare gaan hou.

Algar se nek- en lyfklamp is enig in sy soort, met ’n vertikale knypaksie, en voorsien die beste toegang tot jou bees. “Jy gaan nie sommer makliker en geriefliker as dit kry nie,” sê Hannes.

Die toerusting wat die meeste aandag by NAMPO geniet het was hulle beweegbare fuik en verstelbare drukgange.

Algar se drie jongste toevoegings wat by NAMPO bekendgestel is:

Skaap: Verstelbare drukgang

Met Algar se verstelbare drukgang kan jy maklik jou lammers hanteer sonder dat hulle omdraai. Die gang verstel van 500 mm tot 200 mm. “Ons verstelbare drukgange is enig in hulle ontwerp,” sê Carin.

Bees: Mobiele spuitdip

Hierdie spuitdip is Hannes se eie patent. Hy het dit vir tien jaar op hulle plaas beproef. Die beesspuit kan aan die kraal se hek vasgesit word, dan loop die beeste daardeur uit die kraal. Dit kan in die veld ook gebruik word, want hy is verskuifbaar en kan maklik op ’n bakkie gelaai word. Die spuitdip word gekoppel aan ’n waterspuit soos ’n vuurvegter en gebruik Teejet se spuitpunte. “Die spuitdip is baie effektief, maklik en vinnig om te gebruik. Ons gebruik nie ’n opvangbak nie, omdat jou volume vloeistof so min soos 2 liter per bees is, wat beteken jy bespaar baie dipstof  en kan meer gereeld koste-effektief dip,” sê Carin.

Beessorteerhek

Hierdie sorteerhek word aan die drukgang gemonteer. Die sorteerhek is ’n nuwe ontwerp wat ’n gemaklike gly-aksie beweging het met ’n voorhek wat die gang afblok/sluit. Hierdie model het ook toegangshekke wat toegang tot die bees moontlik maak terwyl dit in die kopklamp/nekklamp vasgedruk word.

Om die beste veehanteringstoerusting vir jou plaas aan te skaf, kontak Carin Nortjé by 082-324-6256 of stuur vir haar n e-pos na carin@algar.co.za. Jy kan ook hulle webblad en Facebookblad vir meer inligting besoek by www.algar.co.za of FACEBOOK/AlgarVeetoerusting/.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

INTTRAC: Verwoes indringers met Niubo

Ripper Tillage: Uit eie bodem, vir ons bodem