in ,

‘n Geldige spilpuntkeuse: Reinke se verpakkingsaanleg in Durban het voorraad vir Afrika

This post is also available in: English

Reinke is die grootste besproeiingsmaatskappy ter wêreld wat in private besit is. Dié Amerikaanse maatskappy is al vir ‘n hele paar jaar besig om uit te brei na Afrika. In Augustus 2017 het die eerste voorraad by die nuwe pakhuis in Durban aangekom. Hierdie pakhuis word gebruik om voorraad te berg vir Reinke se kliёnte in Afrika. Sedertdien het 271 spilpunte hulle weg deur die pakhuis se deure na tevrede boere gevind.

Altesaam 1 430 torings is opgerig, saam met alle die toerusting wat ‘n spilpunt nodig het soos pompe, elektriese motors, vloeimeters, kleppe, pype, sprinkelaars en elke ander denkbare spilpuntonderdeel. Reinke bied ‘n algehele besproeiingsoplossing wat nie net die spilpunt insluit nie.

Wanneer ‘n boer ‘n nuwe spilpunt bestel of onderdele nodig het vir een van sy bestaande spilpunte, word die onderdele woerts-warts hier verpak en na die boer vervoer. Die hele doel van die pakhuis in Durban is om produkte gouer by Afrika se boere te kry as wat dit sou neem om dit van Amerika af te bestel.

“Afhangende van die kliёnt se vereistes kan ons binne 24 uur enige plek in Suid-Afrika aflewer,” vertel die pakhuisbestuurder, Dhlieb Bissessar. Om te wag vir voorraad van Amerika af, kan enigiets tussen ses en agt weke neem, afhangende van die weerstoestande en hoe gou die skip by die hawe kan inkom. ‘n Bestelling van Afrikalande buite Suid-Afrika kan binne ‘n week verpak en gelewer word.

Die hele aanleg word deur ‘n handjievol toegewyde en kundige personeel beman. Wanneer hulle ‘n bestelling ontvang, verpak hulle die verskillende dele rats in kratte en stuur dit met ‘n vragmotor na die boer.

Reinke het ‘n netwerk agente en handelaars wat boere in Suid-Afrika, maar ook in die res van Afrika, dien deur Reinke-produkte aan hulle bekendte stel. Die agente lig boere in oor die voordele van Reinke-produkte en bring hulle in aanraking met die naaste Reinke-handelaars. Die handelaars neem dan oor om vir die boer sy besproeiingstelsel te ontwerp, op te rig en alle naverkopedienste te verskaf sodat die boer sonder enige verdere moeite of sorge verder vooruit kan boer.

Vandat die pakhuis sy deure in 2017 oopgemaak het, het die aanvraag so gegroei dat die Reinke-span in Durban al tot twaalf lede uitgebrei het.

Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, sê: “Ons het intensief belê in die uitbreiding en opleiding van ons personeel, selfs deur die voortdurende pandemie en inperkings. Ons glo dat kundige pesoneel die sleutel tot tevrede kliënte is wat ‘n besigheid suksesvol maak.”

Die pakhuis hou voorraad vir drie groottes spilpunte. Hulle lewer twee-, drie- en vyftoring spilpunte. Verder het hulle ook verskillende groottes pype in voorraad. Dit strek van 110 mm tot 210 mm in deursnee. Daar is altyd sowat R30-miljoen se voorraad in die pakhuis beskikbaar om te sorg dat ‘n boer nooit hoef te wag vir onderdele nie.

‘n Tevrede kliënt, Schalk Barnard van Potchefstroom, sê: “Al is die pakhuis in Durban hoef ek nooit langer as 24 uur te wag voordat die Reinke-bakkie hier in Potchefstroom stop as ek iets nodig het nie. Die diens is uitstekend.”

‘n Deel van Reinke se trots is die ontwerp van die spilpunt se struktuur. Die torings word so ontwerp dat meeste van die spanning wat normaalweg deur die pyplyn gedra sou word nou deur die torings gedra word. Dit verleng die spilpunt se leeftyd en verminder onderhoud op die onderdele.

Vir verdere navrae kan Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, gekontak word by +27-(0)31-350-4525, of stuur ‘n e-pos na patrickellis@reinke.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TLU SA besorg oor voorkoms van koronavirus in afvalwater

Besproei sonder inperkings met Irrigation Unlimited