in ,

Multiplant kies Kubota

This post is also available in: English

Min groot groenteboere het nog tyd om te sukkel om saailinge van saad te maak. Hulle soek stewige, gesonde saailinge wat blitsig geplant kan word en ewe vinnig kan groei sodat die groente op die mark kan kom. Om saadjies te laat ontkiem en met die nodige groeikrag voor te berei vir groenteboere, is die werk waarin Multiplant buite Brits spesialiseer.

Meer as 200-miljoen saailinge word elke jaar in Len en Francois du Toit se netjiese nethuise gekweek. Dit is geen feëverhaal nie, maar gelukkig het hulle darem die ondersteuning van ’n stewige span oranje kabouters!

“Kabouters” is die werkers op die plaas se naam vir die Kubota-trekkers wat die hele dag bedrywig heen en weer blits om te sleep, te spuit en kompos te maak. Die saadplantproses is outomaties en dit is veral die vier L4100- en vyf L3200-trekkers wat in gelid moet val om die vragte saailaaie na die tonnels te neem en weer te gaan haal as die bestellings moet uitgaan.

Len sê daar is altyd iets wat êrens heen aangery moet word. Hulle het begin om hulle eie biologiese groeimediumblokkies te ontwikkel en te vervaardig om dit nog makliker vir groenteboere te maak om die plantjies oor te plant. Die grondstowwe vir die blokkies moet ook stiptelik aangery word, want as die fabriek eers begin loop moet hy aanhoudend gevoer word.

Die drie smal M8540-kajuit-trekkers word ingespan vir die maak van kompos, algemene plaaswerk en veral om spuitwerk te doen.

Daar is ook nog ’n RTV1140-rowwe-terrein-voertuig met sy eie stewige laaibak en gerieflike sitplekke vir personeel.

Len sê daar is ander masjiene met Kubota-enjins op die plaas wat al jare lank werk, so hy weet “die goed breek net nie”.

Dit is een van die hoofredes waarom hulle na Kubota begin kyk het toe die trek- en rygoed op die plaas vernuwe moes word. Hulle verkies om te standaardiseer op een fabrikaat, omdat dit bestuur soveel makliker maak. Met die ondersteuning van Maubra, die Kubota-handelaar op Brits, het hulle ’n staatmaker trekkervennoot net om die draai gevind.

Len sê: “Ons het ’n langtermynverhouding. Ons help mekaar en ontvang goeie diens.”

Die broers het ’n vennootskap met ’n buurman gesluit om 450 hektaar graan te plant en die Kubotas is besig om hulleself ook daar te bewys.

Kubota is die perfekte pasmaat

’n Paar van die voordele wat die Kubota-span goed laat inpas in die boerdery is:

  • Absolute betroubaarheid – daar is geen tyd om met ’n stukkende trekker te sukkel nie.
  • Die masjiene loop heeldag, dikwels teen luierspoed, sonder die geringste probleme.
  • Die brandstofbesparing in vergelyking met ander trekkers wat al op die plaas was, is merkwaardig.
  • Die M8540 se kruiprat maak van hom ’n ideale komposstoter en deurlugter.
  • Dit is ook die ideale spuittrekker met oorgenoeg krag vir die dwarrelspuit.
  • Die trekker se lugdigte kajuit beskerm werkers teen enige gifstowwe.
  • Met die M8540 kan daar ook in die aand gespuit word, wanneer die meeste werkers huis toe is.
  • Selfs die groter trekkers pas gemaklik tussen die rye in die tonnels.
  • Die trekkers is klein, maar kragtig en draai op ’n tiekie.
  • Dit trekkers se werking is eenvoudig en die operateurs verstaan dit gou.
timac
Len du Toit van Multiplant en Chris Coetzee van Maubra, die Kubota-handelaar op Brits, sê hulle is vennote wat mekaar se ondernemings ondersteun.

So lyk die span:

L4100 en L3200:

Die L-reeks het vier modelle wat wissel van 24,6 tot 38,9 kW (32 – 52 pk) waarvan die driesilinder L3200 die kleinste is. Die L4100 het vier silinders en kraglewering van 30,6 kW. Al vier modelle het vierwielaandrywing.

M8540:

Die M-reeks (smal/standaard) is beskikbaar in modelle van 51 tot 96,9 kW. Die smal M8540 is in ’n rolstaafmodel van 63 kW met agt ratte vorentoe en agt tru beskikbaar, of met ’n kajuit en tien vorentoe- en truratte.

RTV1140 CPX:

Kubota se rowweterreinvoertuie is ook in ’n klas van hulle eie wat ekonomie, bruikbaarheid, betroubaarheid en gebruikersgerief betref. Die RTV1140 met sy dieselenjin van 1 140 cm3 is vierwiel-aangedrewe en kan 730 kg dra.

Vir meer inligting oor Kubota se reeks, kontak Robert Keir by 011-284-2024 of robertk@smithpower.co.za. Op Brits is Chris Coetzee van Maubra ook gereed om te help. Skakel hom by 082-263-7520. www.kubotasa.co.za

Len du Toit van Multiplant op Brits sit nooit stil nie. Met Kubota se RTV1140 kan hy blitsig by al die projekte op die plaas uitkom.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Aquadam se Agri Tenk het ’n leeftyd van 50 jaar

scania

Groei groot met Scania