in ,

Molopo Ile de France-groep

Rossville Stoetery

Willie Oosthuizen van Rossville Stoetery het grootgeword met skape. Sy oupa het in die tagtigerjare met Ile de France geboer en later sy pa. “Ek het my stoetery in 1997 geregistreer by SA Stamboek in Bloem. Myne is die 2de oudste stoetery in die land. Ek het bietjie meer as 200 geregistreerde skape in die stoetery en boer met ooie ekstensief op die veld.”

Rossville Stoetery is geleë tussen Stella en Vryburg in Noordwes.

Hulle hou die jaar die 16de Molopo produksieveiling by Willie op die plaas op 11 Junie 2022.

Navrae: rossville.boerdery@gmail.com; 082-452-1520

JL’s Ile de France Stoetery

In 2017 het JL Pretorius en sy seun ook JL Pretorius (jnr) op uitval stukkies grond ongeveer 35Ha begin boer met Ile de France ramme wat ons op dorperooie gesit het. “Gou-gou het ons agtergekom dat daar ‘n bogemiddelde groei was. Ons het toe die dorperooie verkoop en kommersiële Ile de France-ooie gekoop asook ‘n klompie stoetooie,” sê JL.

Willie Oosthuizen het hulle egter omgepraat om eerder die ooie te laat keur en later het hulle aangesluit by die genootskap. Vandaar die naam JL’s Ile de France stoetery (JL snr en JL jnr) wat toe in 2018 ontstaan het.

“Dit sou nie moontlik gewees het sonder die mentorskap wat Willie Oosthuizen gegee het en nogsteeds gee nie.”

Sederdien teel hulle met ramme en het hulle ‘n jaar gelede alle kommersiële ooie verkoop. Intussen het hulle alreeds twee keer laparoskopie laat doen deur Ramsem.

Oor die ras self:

  • Dit is ‘n skaap met buitengewone produksie eienskappe. Met goeie voeding kan maksimum melk geproduseer word vir meerlinge. Meerlinge is eintlik een van die sterkste eienskappe van die ras, wat hom baie meer winsgewend maak as die meeste ander rasse.
  • Die groeivermoë van lammers is ongeveer 500g per dag wat lammers in ‘n groeitoets met Lubern Veevoer behaal hat.
  • Ile de France se marmerering is egter ook baie goed en dis nie ‘n lam wat vinnig oorvet raak nie.
  • Ons strewe na ‘n korter, dieper ram wat goed beweeg en beter vaar in ekstensiewe toestande waar ramme meestal vir kruisteling gebruik word.

Ons gaan ongeveer 7 ramme op die veiling op aanbod hê. Nog ‘n vooruitsig is dat JL’s Ile de France stoetery ‘n 1/3 aandeel het in die duurste ram DTC 19120 tans in RSA. Victor DTC 19120 se lammers word einde Junie verwag en ons kan nie wag vir die genetiese vordering wat hy gaan bring nie. Sy lammers sal volgende jaar by Molopo veiling 2023 aangebied word.

Navrae:

JL Pretorius – 081-049-8807 / jlpretoruus86@gmail.com

 Jannie Pretorius – 083-305-6503 / jlpretorius2380@gmail.com

 Leandri van Wyk – 076-984-3415 / leandrivwyk@gmail.com

Denvor Ile de France Stoet

Being one of the oldest studs in SA (started in 1981) the years of selection on genetic value together with performance testing has resulted in animals with functional efficiency and the desired breed characteristics, as can be seen from shows and demand throughout SA and by embryo exports to other countries.

SHOWS

The stud has participated in many national shows -every second year- in the past and has also produced numerous national champions. On 3 occasions it has ended up with the most points at these national shows.

In the March 2005 national show the prefix DTC (of the stud) was ever present and although it never participated in the show, 55 of the possible 91 placings were occupied by sheep bred by the stud or were direct descendents of the stud. This included the junior champion ewe and ram and reserve grand champion ewe and ram. The ram DTC 0204 did particularly well. This feat was repeatd in 2009, where the stud recorded the most points again. The stud also produced the Grand Champion Ewe DTC 5084 (daughter of DTC 3058) and Reserve Grand Champion Ram DTC 7002

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

UITVERKOOP: SA Kaasfeesgangers se koopkrag beïndruk na Covid-19 onderbreking

Visit Staalboer at NAMPO 2022