Die Molopo Ile de France Groepveiling wat gehou was op 11 Junie 2022 by Boereplaas vakansie-oord Vryburg was suksesvol afgehandel.
Die duurste ram, LOT 6, DTC20-340 van Bossie Clarke van Stanford, is vir R28 000-00 aan ‘n koper van Schweizer-Reneke verkoop.
Die duurste ooi, Lot 58, JR18-027 van Willie Oosthuizen van Vryburg verkoop vir R30 000-00 aan Johan Roarthy van Kinross, Mpumalanga.
Stoetramme verkoop vir R12 750-00 gemiddeld. Stoet-ooie & lammers verkoop vir ‘n gemiddeld van R10 111-11 en dragtige ooie behaal ‘n gemiddeld van R8 846-15.
Gemiddeld van die kommersiële diere was soos volg:
Ooie – R 3 600-00
Dragtige ooie – R 4 655-44
Ooie met lammers – R 4 545-45
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France Groep hartlik geluk met hul suksesvolle veiling. Theuns Visser was die Afslaer.