in ,

Moeg gewag vir krag? FG Wilson het die antwoord!

FG Wilson
Die geraasvlakke van FG Wilson-kragopwekkers word akkuraat in ’n eggolose kamer getoets.

This post is also available in: English

Betroubare, konstante elektrisiteitsvoorsiening is lank nie meer ‛n luukse nie, maar ’n noodsaaklikheid, veral vir die boer. Kraggereedskap, koeltenks en -kamers, pompe, droërs, pakskure, sorteermasjiene, melkerye, sekerheidstelsels en huishoudings kom alles tot stilstand as daar nie elektrisiteit is nie. Boonop gaan dit gereeld met groot verliese gepaard.

In Suid-Afrika is kragonderberekings geen vreemde verskynsel nie en boere sit dikwels onverwags sonder elektrisiteit met nie die geringste aanduiding van hoe lank die kragonderbreking gaan duur nie. So kan ‛n mens nie beplan nie en so kan ‛n mens nie boer nie. Werkers moet steeds hoë lone betaal word terwyl hulle nie kan werk nie omdat daar nie elektrisiteit is nie.

Gelukkig is daar ’n manier om betroubare elektrisiteitsvoorsiening te verseker – ’n kragopwekker verskaf deur die gevestigde en vertroude FG Wilson. FG Wilson vervaardig al vir meer as 50 jaar kragopwekkers en het sedert 1990 (so ver as wat hulle rekenaarrekords strek) meer as 600 000 kragopwekkerstelsels verskaf en geïnstalleer. Waar kry ’n mens ’n kragtiger getuigskrif vir ’n kragopwekker?

Hier in SA beskikbaar

Nicola Morgans-Evans, hoofbestuurder van Blue & White Generator Sales, die verteenwoordigers van FG Wilson in Suidelike Afrika, verduidelik hoekom kragopwekkers so gewild is: “Daar is baie maniere om elektrisiteit op te gaar of op te wek, maar wanneer dit by gewaarborgde bystand- of noodkragvoorsiening kom, is die beste keuse vir vele mense ’n enjinaangedrewe kragopwekker, te danke aan ’n kragopwekker se kostedoeltreffendheid, buigsaamheid, aanpasbaarheid en  betroubaarheid.”

Die eenvoudigste dieselkragopwekker bestaan uit ’n enjin wat ’n wisselstroomopwekker aandryf. Die enjin en opwekker is op ’n staalonderstel gemonteer, wat gewoonlik ’n brandstoftenk insluit. Kragopwekkers is baie lank volgens hierdie basiese beginsel ontwerp en vervaardig en vir etlike dekades is FG Wilson nou al aan die voorpunt van die ontwikkeling van meer doeltreffende kragopwekkers.

FG Wilson
Vanuit hierdie onderdelemagasyn versend FG Wilson tot 3-miljoen kragopwekkeronderdele per jaar na bestemmings regoor die wêreld.

Gewild by boere

Nicola sê: “Ons reeks van 6,8 tot 25 kVa, is een van die gewildste keuses vir boere, en FG Wilson het hulle regtig daarop toegespits om dit so doeltreffend as moontlik te maak.”

Die reeks was oorspronklik bedoel vir telekommunikasie-operateurs vir wie doeltreffendheid en betroubaarheid baie belangrik is. Die meeste van dié opwekkers is in afgeleë gebiede gebruik, waar hulle betroubaar op hulle eie moes kon krag lewer. Verdere vereistes wat gestel is, was duursaamheid vir ’n lang werkslewe, en lae bedryfskoste. FG Wilson-kragopwekkers voldoen uitmuntend aan al hierdie streng vereistes.

FG Wilson
FG Wilson se gesogte kragopwekkers is so gevorderd as wat tegnologie kan kom, maar doodmaklik om te beheer.

Kom ons bekyk hom van nader

Die enjin is ’n betroubare Perkins 400-reeks, wat net elke 1 000 uur versien hoef te word. Dit beperk die koste van versiening en van onderdele, waarvan minder oor die enjin se leeftyd benodig word. FG Wilson se Amerikaanse kenners het bereken dat die besparing oor ’n tydperk van tien jaar se matige gebruik $15 000 kan wees teenoor enjins wat elke 250 uur versien moet word en $10 000 teenoor enjins wat elke 500 uur versien moet word.

Boonop is die Perkins-enjins ontwerp en vervaardig om baie lank te hou. Suid-Afrika se boere reken reeds baie lank op Perkins-enjins en ken hulle goed. Dit is glad nie ongewoon om ’n FG Wilson-kragopwekkerenjin te sien wat na 20 000 uur nog flink en fluks werk nie. Maar dit is nog net die begin van die voordele. Nicola sê: “Die meeste kragopwekkers het brandstoftenks wat voorsiening maak vir 8 tot 10 uur se werk. Daarteenoor kan jy jou FG Wilson-kragopwekker uit die reeks van 6,8 tot 25 kVA kies met ’n tenk van 600, 1 000 of 2 000 liter met ’n enkel- of dubbelwand.”

Dit beteken dat jy nie knaend hoef reg te staan om aan te vul nie, wat heelwat tyd en moeite bespaar. ’n FG Wilson-kragopwekker van 11 kVa wat vier uur per dag werk, kan 55 dae met die 600 ℓ-tenk loop, 92 dae met ’n 1 000 ℓ-tenk en 185 dae met ’n 2 000 ℓ-tenk. “Hoe’s daai vir gemoedsrus?” vra Nicola.

FG Wilson
FG Wilson voer 500 onderdelebestellings per dag uit om al hulle derduisende kragopwekkers regoor die wêreld voltyds flink aan die werk te hou.

Verstaan die boer

FG Wilson bewys dat hulle die boer se uitdagings verstaan: Brandstof is waardevol en daarom is hierdie reeks kragopwekkers toegerus met spesiale maatreëls om diefstal en vernielsug te stuit: Die brandstofpype is netjies versteek tussen die basis en die brandstoftenk, omhulsels kan toegesluit word en as jy wil kan jy selfs ’n kragopwekker met ’n GPS-spoorstelsel kies.

’n Reeks omhulsels is beskikbaar om die kragopwekker teen reën, weer en peuteraars te beskerm, en dit demp ook die geraas tot ’n vlak wat die ore streel in stede van teister. Die omhulsels is van hoëgraadstaal gemaak en poeierbestryk om ’n netjiese, duursame, beskermende afwerking te verseker.

Daar is ’n keuse tussen drie soorte omhulsels met drie geraasvlakke, wat meebring dat die kliënt die een wat aan sy besondere behoeftes voldoen kan kies en nie vir ’n oorgespesifiseerde omhulsel hoef te betaal as dit nie nodig is nie. Die omhulsels is op grond van modulêre beginsels ontwerp, wat beteken dat daar uitwisselbare onderdele is vir maklike herstelwerk waar die kragopwekker ook al is. Die deure en toegangspanele word maklik afgetel vir onderhoud- of herstelwerk, maar wanneer hulle weer teruggeplaas is, sluit die omhulsel stewig toe om ongewenste toegang te verhoed.

FG Wilson
Sedert 1990 het FG Wilson al meer as 600 000 kragopwekkers aan tevrede kliënte verskaf.

Diens op jou drumpel

Dit is ’n feit van die lewe dat enige masjinerie wat gereeld versien word veel langer hou as afgeskeepte toerusting. FG Wilson-kragopwekkers werk ook veel beter en hou veel langer as hulle gereeld versien word. Goeie nuus vir Suid-Afrika se boere is dat Blue & White Generator Sales oorgehaal, toegerus en gemotiveerd is om net die beste diens in die RSA, Zambië, Mosambiek, Zimbabwe en Namibië te verskaf. Die diens sluit in hulp met die keuse van die nommerpas kragopwekker vir die taak, installasie en die verskaffing van diens en onderdele vir die hele, lang, lewensduur van die opwekker.

Nicola toon nog begrip vir die boer se saak en sy sak met haar siening: “Dit is uiters belangrik dat doeltreffende diens plaaslik beskikbaar moet wees. Ondervinding het ons geleer dat ’n kliënt ’n groot klomp geld kan bespaar as daar bekwame diens geredelik beskikbaar is. FG Wilson glo dat daar altyd plaaslike handelaars beskikbaar moet wees wat al die nodige onderdele aanhou en wat opgeleide tegnici het wat enige moontlike probleem die eerste keer akkuraat moet kan diagnoseer en herstel.”

’n Kragopwekker is immers daar om kragonderbrekings te bowe te kom; nie om self kragonderbrekings te veroorsaak nie. FG Wilson het deurentyd 11 500 onderdelereekse in voorraad. Hulle voer 500 bestellings per dag uit en versend elke jaar tot 3-miljoen onderdele aan handelaars wat hulle produkte so goed soos hulle eie kinders ken.

Dit alles werk saam om die boer net die beste te bied wat hy kan kry. Nicola beveel aan: “As jy ’n kragopwekker koop, is dit die geld werd om net die beste en mees gevorderde ontwerp te koop wat jou begroting kan bekostig. ’n Kragopwekker van FG Wilson sal homself uiteindelik betaal met sy doeltreffendheid, sy brandstofbesparing en sy lang lewe. Boonop is dit maklik om FG Wilson se kragopwekkers te installeer en te bedryf, sodat hulle uitmuntende waarde vir geld bied.”

Vind meer uit oor FG Wilson se kragopwekkers vir Suid-Afrika by www.fgwilsonafrica.com.

FG Wilson
Oral waar ’n FG Wilson-kragopwekker loop, is ’n bekwame tegnikus gereed om alle nodige steun te verskaf.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

bokhaar

Bokhaarpryse styg

John Deere

John Deere se FX-planter boesem vertroue in