in

Misdaadopname toon astronomiese verliese vir die Vrystaat

This post is also available in: English

’n Vrystaatse boer kon in 2017 ’n gemiddelde finansiële verlies van sowat R454 763 gely het weens skade wat deur misdaad op sy of haar op sy eiendom gepleeg is.

Lees meer hieronder in die verslag deur Vrystaat Landbou:

Dit is nou mits hy of sy die teiken sou word van alle vorme van misdaad, soos aangedui in Agri SA se 2018 Nasionale Landbousektor-misdaadopname wat deur die Buro vir Marknavorsing by Unisa gedoen is.

Volgens dié opname het kommersiële boere in die Vrystaat totale verliese (direkte koste) van R610 902 667 in 2017 gely. Boonop was 71,15% van alle kommersiële boere in die provinsie slagoffers van misdaad en het 79 356 misdaadverwante voorvalle op hulle plase voorgekom. Verder meen hierdie Vrystaatse boere dat misdade op hulle grond met 33,02% toegeneem het.

Dit alles en hope ander statistiek in die betrokke opname wys dat die impak en omvang van misdaad op die kommersiële landbousektor, nie net in die Vrystaat nie, astronomies groot is.

Nasionale ekonomiese verliese

Die opname toon dat totale ekonomiese uitsetverlies vir die Suid-Afrikaanse ekonomie ongeveer R18,92 miljard per jaar, vir 2017, beloop het.

Verliese aan die kommersiële landbousektor in die skep van werk is ook groot. Daar word beraam dat gedurende 2017 ongeveer 13 635 werksgeleenthede nie geskep is nie weens die impak en omvang van landboumisdaad in die land. Daarbenewens kan verdere verliese aan werknemersvergoeding ook sowat R16,1-miljard tot die Suid-Afrikaanse ekonomie beraam word.

Wat die Vrystaat betref, het 5 454 se werksgeleenthede verlore gegaan weens landboumisdaad.

Veediefstal die grote in die Vrystaat

Die eiendomsverwante-misdaad wat die meeste kommersiële boere in die Vrystaat raak, is veediefstal. Daar was altesaam 26 175 veediefstalvoorvalle in 2017, gevolg deur diefstal van plaas-infrastruktuur met 14 154 voorvalle, wat tussen 20,6% en 22,5% van die nasionale misdaadsyfers reflekteer.

Met verwysing na ernstige- en geweldsmisdade het 22,52% van die respondente in die provinsie aangedui dat hulle slagoffers van rowe was, 3,87% is aangerand, 0,43% verkrag en 0,30% het slagoffers van strafbare manslag geword.

Vergelyking met SAPD syfers wek kommer

Wat egter kommerwekkend is, is wanneer die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarliks vrygestelde misdaadstatistieke vir die Vrystaat met Agri SA se 2018 Nasionale Landbousektor-misdaadopname vir die provinsie vergelyk word:

  • Brandstigtingsvoorvalle het ’n onder-rapporteringsyfer in die provinsie van tussen 1 253% tot 1 421%.
  • Kwaadwillige beskadiging van eiendom op kommersiële boere tussen 89,26% en 97,85% van al die KBE voorvalle in dorpe/stede en landelike gebiede van die Vrystaat uitmaak.
  • Alle ander diefstal (algemene diefstal) ’n hoë onder-rapporteringsyfer van tussen 178% en 205% van die SAPD se jaarlikse misdaadstatistieke in ’n jaar periode reflekteer.
  • Veediefstal ’n hoë onder-rapporteringsyfer in die Vrystaat het tussen 662% en 726% en dat dit nagenoeg die nasionale misdaadsyfer vir veediefstal vervat.
  • Ander misdade, soos onwettige weiding en jag op kommersiële boere se grond, nie gereflekteer word in die nasionale misdaadstatistieke nie en die impak en omvang van die tipe misdade op die kommersiële landbousektor nie bepaal kan word nie. Die gegewe is dat eiendomsverwante misdade op die kommersiële landbousektor baie groot is.

Rapportering hieroor swak

Die nie-rapporteringsyfer onder kommersiële boere in die Vrystaat kan tussen 25,5% en 69,4% op alle vorme van misdaad wees.

Die hoofrede vir nie-rapportering is dat kommersiële boere glo dat dit ’n vermorsing van tyd (40,50%) is, dat die polisie niks kan doen nie (19,10%) en dat hulle ’n slegte ondervinding met die polisie en/of die kriminele regstelsel gehad het (10,70%).

In die Vrystaat behoort 54,78% van hierdie boere aan ’n aktiewe plaaswagstruktuur, maar slegs 22,60% neem deel aan plaaslike prioriteitskomitee-vergaderings oor die Landelike-beveiligingstrategie (LBS). Dat slegs 55,2% van kommersiële boere hulle vee merk en ’n veeregister byhou. Net 15,3% woon VIS vergaderings in die provinsie by.

Die Vrystaat voed die nasie

Wat veral misdade op die kommersiële landbou in die Vrystaat aanbetref, is dit ’n gegewe dat nagenoeg 7 265 boere (dit kan selfs minder wees) voedsel aan ’n bevolking van oor die 2,75 miljoen moet verskaf.

Nagenoeg 60% van die Vrystaat se bevolking is woonagtig in landelike gebiede (DAFF). Die Vrystaat produseer sowat 70% van die land se graan en word beskou as die broodmandjie van die land. In terme van mielies produseer die Vrystaat 40%, sorghum 37%, sojabone 34%, koring 18%, grondbone 35%, sonneblomme 56%, melk 22,4%, wol 23%, kersies 90%, rooivleis 14,6% van land se basiese voedselkommoditeite.

Dit beteken dat die Vrystaat van die 10 voedselkommoditeite nagenoeg 40% (37%) van die land se kos verskaf, dus ’n bevolking van nagenoeg 22 miljoen mense van voedsel moet voorsien/bedien (beraam op ’n bevoling van 55 miljoen). Dit beteken verder dat elke boer in die Vrystaat verantwoordelik is om nagenoeg 3 028 mense te voed.

Misdaadaanmelding moet verbeter

Die volhoubaarheid van veral die kommersiële landbousektor in die Vrystaat is dus van kardinale belang vir voedselsekerheid in die land.

Die LBS kan slegs in al sy fasette in werking gestel en verbeter word as die impak en omvang van alle misdade bepaal word. Dus as daar ’n verbetering in rapporteringsyfers (aangemelde misdaad) by die SAPD deur boere in misdaadstatistieke reflekteer. Dan eers kan daar druk op die SAPD, regering en departemente geplaas word om alle vorme van misdaad, ernstige gewelds- en of eiendomsverwante misdade beperk en bekamp word.

Daar word voorgestel dat sodanige opname onder die bestaans- en opkomende landbousektor uitgebrei moet word om ook hulle verliese in terme van misdaad te bepaal.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Landbougemeenskappe se betrokkenheid help dat aanvalle daal

Bokhaarmark onveranderd