Jy benodig:
– 1 eier (geklits)
– ‘n kwart koppie melk
– ‘n kwart koppie Maizena
– ‘n kwart telepel sout
– ‘n halwe koppie Koekmeel
– ‘n halwe telepel bakpoeier
– 1 telepel suiker
– Cocktail worsies van jou keuse (jy kan ook rooiworsie in die helfte sny)
Nou maak jy so:
– Meng alles saam .
– Ryg cocktail worsies of halwe vienna’s op stokkies.
– Doop worsies in die mengsel en bak in olie tot goudbruin
– Bedien saam met verskillende soorte souse.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.