in , ,

Met Kubota bespaar jy tyd en geld

This post is also available in: English

Lekker sappige, gesonde lemoene van uitvoergehalte gebeur nie vanself nie. Noukeurige en deurlopende boordbestuur is noodsaaklik, waarvan ‘n onkruidbeheerprogram ‘n belangrike deel uitmaak.

Maar dit help ook nie as so ‘n program jou hele wins insluk nie. Vroeër het ‘n tipiese onkruidbeheerspan in Kirkwood in die Oos-Kaap se uitgebreide lemoenboorde bestaan uit drie werkers en ‘n trekker wat dag in en dag uit tussen die bome beweeg het – een man op die trekker met ‘n sleeptenk en twee wat met handspuite loop en spuit.

Met Kubota se vernuftige verteenwoordiger in die streek, Herman Meyer, eienaar van Nel’s Distributors, se hidrouliese toediener kan onkruidbeheer nou vinniger, goedkoper en doeltreffender plaasvind.

Herman het ‘n dubbele spuitbalk ontwikkel wat voor aan die trekker gemonteer word en ten volle deur die operateur van sy sitplek af beheer kan word.

Herman sê: “Deur die jare het ek geleer wat boere graag in so ‘’n toediener sal wil hê en ek het die eienskappe in die ontwerp ingebou. Ek het ook gevind dat Kubota-trekkers by uitstek geskik is vir die toepassing en ek verkoop graag die trekker en toediener as ‘n eenheid.”

Die balke en sleepkar kan afgehaak word as die Kubota ander werk op die plaas moet doen.

Die spuitbalke het ‘n beskermende plastiekkas om hulle wat spuitwerk in wind moontlik maak en ook die spuitstukke beskerm. Elke balk kan afsonderlik hidroulies beheer word.
Die spuitbalke het ‘n beskermende plastiekkas om hulle wat spuitwerk in wind moontlik maak en ook die spuitstukke beskerm. Elke balk kan afsonderlik hidroulies beheer word.

Een van die gewildste trekkers onder die boere in die omgewing en ook ‘n topverkoper landwyd, is die Kubota L3200 met sy werklustige 24,6 kW. Die trekker werk uitstekend vir bespuiting in boorde, want dit is klein en rats en lig op brandstof, maar het geen probleem om die 1 000 liter onkruiddoder te sleep nie, selfs teen skotige opdraendes uit.

Hoe dit werk

Goukoppelpype voer die spuitstof van die onkruiddoderkar af na die spuitbalke voor aan die trekker. Die operateur kan die toedieningsvolume beheer en omdat die balke voor aan die trekker is, kan hy presies sien wat aangaan en of enige van die spuitstukke moontlik ‘n verstopping het.

Die hoogte van die balke kan na behoefte gestel word en die twee balke kan afsonderlik van mekaar beheer word. Op die laaste ry van die boord kan die een balk byvoorbeeld heeltemal opgelig word sodat daar net aan een kant gespuit word. Aan die einde van elke ry kan altwee balke regop opgetel word sodat die Kubota sy bekende klein draaisirkel kan uitvoer om by die volgende ry in te ry. Die spuitaksie geskied net wanneer die balke in die regte posisie is. Herman sê hy kan ook vir boere met ongelyke oppervlaktes selfnivellerende (selflevelling) tegnologie bied, maar nie almal het dit nodig nie.

Vir beskerming het die balke ‘n wegswaai-aksie as ‘’n boomstomp of klip dalk getref sou word en hulle swaai weer dadelik terug in posisie wanneer die hindernis verby is.

‘n Ander groot voordeel is die beskerming wat oor die balke aangebring word. Dit sorg dat die onkruiddoder beland waar dit hoort en nie wegdwarrel in die wind nie.

Met hierdie vernuftige Kubota-plan van Herman Meyer van Nel’s Distributors in die Oos-Kaap kan boere geld en tyd bespaar terwyl hulle onkruid deeglik beheer.
Met hierdie vernuftige Kubota-plan van Herman Meyer van Nel’s Distributors in die
Oos-Kaap kan boere geld en tyd bespaar terwyl hulle onkruid deeglik beheer.

Dit maak spuitwerk in winderige toestande moontlik en beskerm ook die operateur teen die inaseming van gifstof. ‘n Ander voordeel van die beskerming is dat die spuitstukke self nie beskadig word deur laaghangende of selfs gesnoeide takke nie.

So wen boere

Herman sê: “My hoofdoel is dat boere geld en tyd moet bespaar en een operateur kan nou die werk van drie manne doen.”

Die onkruiddoderrekening is ook laer, want deur die egalige meganiese toediening word baie gifstof bespaar. Menslike faktore soos dele wat oorgeslaan of oorbenat word as gevolg van verkeerde oordeel of bloot moegheid word uitgeskakel.

Meer hektare word meer akkuraat per dag bespuit en daar kan langer ure gewerk word, want die werkers word nie so moeg nie.

Goeie nuus is dat Herman tans besig is om ‘n soortgelyke toepassing vir die tweedekleinste Kubota in die reeks, die 17 kW Kubota B2420, te bou. Wingerdboere sal dus ook die vrug van die voortreflike stelsel kan pluk.

Vir hierdie en veel meer Kubotaplanne, praat met Herman Meyer by 042-230-0430, 082-656-6880 of nels@kirkwood.co.za, of vind uit wie is jou naaste Kubota-handelaar by 011-284-2000 of www.kubotasa.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

’n Boer kan enigiets met ‘n Isuzu-trok uitrig

Scania bied die boer nommerpas vervoer