in ,

Meadow maak veilige voer

meadow

This post is also available in: English

Meadow het geen bekendstelling onder Suid-Afrikaanse veeboere nodig nie. As deel van die Astral-groep wat ՚n reuse aandeel in Suid-Afrika se hoenderproduksieketting het – van genetikaproduksie tot verskeie hoendervleis- en eierprodusenthandelsmerke, verskaf Meadow hoë-gehalte geformuleerde hoendervoer. Die reuse onderneming vervaardig ook volledige reekse vir ander vee.

Meadow se voerfabrieke is mooi oor die land versprei. Hulle vervaardig voer in Randfontein, Delmas, Pietermaritzburg, Port Elizabeth, Ladismith en die Paarl. Daar is ook Meadow-fabrieke in Mosambiek en Zambië.

՚n Paar jaar gelede is daar ՚n gat in die Meadow-verspreidingsnetwerk geïdentifiseer. Standerton is sentraal in die oostelike sojaboon- en mieliestreek geleë en is omring deur verskeie Astral-hoenderplase. ՚n Fabriek moes daar opgerig word. Meadow het dus drie jaar gelede ՚n wêreldklas hoendervoerfabriek in Standerton gebou. Dit is baie meer energiedoeltreffend as  hulle ouer fabrieke en ander fabrieke in Suid-Afrika. Die fabriek kan hoenderkos ook baie goedkoper vervaardig omdat minder arbeid en meer doeltreffende masjiene gebruik word.

Meadow se indrukwekkende voerfabriek en geel vragmotors het drie jaar gelede ՚n bekende gesig in Standerton geword.

Nou kan Meadow ook hulle hoenderplase baie goedkoper van voer voorsien, wat hulle ՚n reuse sprong vorentoe in hierdie uiters mededingende mark bied.

Die Standerton-fabriek voorsien slegs voer intern aan die hoenderprodusente in die Astral-groep. Die fabriek het ՚n vervaardi-gingsvermoë van 80 ton per uur (meer as twee gelede vragmotors vol) of 40 000 ton per maand. Daar is ook baie bykomende ruimte vir verdere uitbreidings.

 In 2018 het die Standerton-fabriek ՚n gemiddeld van 29 065 ton voer per maand na Astral se eenhede in die volgende skakel van hulle vervaardigingsketting aangery. Alles word in massa gelewer. Die Standerton-fabriek se vloot bestaan uit twaalf 36-ton, en drie 30-ton grootmaatvragmotors.

Grondstowwe kan teen 240 ton per uur by die fabriek ontvang word en teen 120 ton per uur gemaal word. Twee 40-ton verpillingsmasjiene, wat ook ensieme en olies kan toedien, kan hulle taak teen 80 ton per uur verrig. Tot op hede het Standerton 1,51-miljoen ton hoendervoer vervaardig.

Lede van die landboumedia was baie beïndruk toe hulle onlangs deur Meadow se netjiese en skoon hoendervoerfabriek in Standerton geneem is.

Die fabriek gee werk aan 133 mense en bly 24 uur per dag oor 6 dae van die week aan die gang. Dit sluit vervaardiging en aflewering in.

Meadow het ook opwindende toekomsplanne vir die fabriek. Twee 100-ton olietenks is reeds opgerig en tans word daar ook vyf 1 000-ton oliekoeksilo’s en een 5 000-ton mieliesilo vir die tweede fase van die uitbreiding opgerig. Mineraal-elemente gaan in die toekoms met blaaslyne in die silo’s geblaas word om die berging in sakke te minimaliseer. Hierdie verbeteringe en uitbreidings gaan ՚n bykomende produksie van 50 000 ton per maand moontlik maak.

Skakel vir Roelof Booysen by 082-779-8375 of e-pos roelof.booysen@meadowfeeds.co.za om meer oor Meadow se spogprodukte uit te vind.

Meadow Standerton se hoendervoerfabriek vervaardig ՚n wye verskeidenheid voerprodukte en -reekse wat net bestem is vir interne gebruik in die Astral-groep.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Veeldoelige Bonnox werk in ’n veelsydige boerdery

Orthman sny deur kostes