This post is also available in: English
Iewers agter in jou koskas staan daar ‘n blikkie of drie, selfs dalk meer, dis daai euwel wat jou trollie bekruip en vir maande in jou kas skuil – tuna!
Jy benodig:
– 3 x 170g Tunablikkies, gedreineer
– 3 x Snye brood, gekrummel
– 1 Eier
– Sout en pepper na smaak (Ek gebruik Robertson se Lemon & Black Pepper en Worcester Sauce Braai Spice)
– ‘n kwart koppie sweet chilli-sous
– Opsioneel: 1 gerasperde ui / Opgekapte pietersielie
– Meel
Nou maak jy so:
– Meng die tuna, broodkrummels en die eier saam.
– Voeg die speserye, sweet chilli en opsionele bestanddele by.
– Druk in verlangde grootte en rol in meel.
– Vlakbraai in ‘n pan tot goudbruin.
*Bedien met mash en ‘n lekker slaai 🙂
– Hierdie resep maak 8-9 viskoekies
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.