This post is also available in: English
Oo vrek. Skoonma het gebel en gesê sy is more hier vir koek en tee. Dis te laat om winkel toe te gaan, so wat nou gemaak?
Hier is vir jou ‘n ongelooflike vinnige, maklike, min bestanddeel resep wat tot skoonma se goedkeuring gaan wegdra.
Jy benodig:
– 1 Rol Puff Pastry
– Appelkooskonfyt
– ‘n geklitste eier
Nou maak jy so:
– Rol die Puff Pastry uit na dubbel die grootte.
– Sny sirkels uit die deeg (Gebruik sommer ‘n koeldrankglas).
– Sit ‘n halwe teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke sirkel en vou toe.
– Druk die kante met ‘n vurk mooi vas.
– Smeer met geklitste eier en bak op 180’C vir 10 – 15min of tot goudbruin.
*Moenie teveel appelkooskonfyt insit nie, anders kook dit uit.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos by dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf by: http://www.deliciouscatering.co.za.