in

Maak-hooimaak-maklik

Greenfields het op Agri Megaweek op Bredasdorp die kuns van hooimaak sommer maklik gemaak vir elke boer met hulle spesiale gekombineerde aanbieding van trekker, baler, snyer en hark.

Die flinke Foton 254 (18 kw) vierwielaandrywing-trekker saam met sy pasmaat, die B70-rondebaal-baler word as ‘n eenheid aangebied, saam met ‘n 1,25 m snyer en vier-wiel-hark. Voermaak was nog nooit so maklik nie. Die samestelling kos net R163 750. 

Die groter boetie in hierdie spesiale pakket word vir R294 000 aangebied en sluit in ‘n Foton 454 (33 kw) trekker, ‘n B90-baler, ‘n 1,5 meter snyer en ‘n vier-wiel-hark.

Greenfields is een van die maatskappye wat die heerlike sonskynweer benut het om op die eerste dag van Agri Megaweek hulle produkte te demonstreer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Gee bloutong die bloupas

Donderdag-is-markdag-–-Donderdag-15-September