in ,

Maak grondbewerking maklik met Ripper Tillage se rip-till toerusing

Danie van Jaarsveld, Christine Bouwer, Christoff Botha en Reinier Ferreira van Ripper Tillage by hulle standplaas by NAMPO Oesdag 2022.

Grondbewerking is een van die belangrikste aksies wat op ‘n plaas moet plaasvind nadat boere gestroop het om hulle lande weer reg te kry voor hulle kan plant.

Boere het in hierdie tydperk ook nie baie tyd om te sukkel met toerusting wat breek nie. Ripper Tillage help hiermee met hulle rip-till (diepstrookbewerkingsmasjiene) wat die grond losmaak, bogrondse materiaal sny en stoppelmateriaal wegneem.

Hulle was vanjaar weer by NAMPO Oesdag om hulle masjiene vir boere te wys.

Christine Bouwer, direkteur en tegniese bemarker van Ripper Tillage Equipment, sê: “Ons spesialiseer in saadbedvoorbereiding as deel van bewaringsbewerking en is die tweede generasie ontwerpers en vervaardigers in die landbousektor. Ons het die regte toerusting vir voor-plantyd, tydens en na-planttyd. Rip-till toerusting is basiese saadbedtoerusting wat jy dieper bewerk (300m en dieper). Ons bou ook ‘n hele rip-till werktuig spesifiek vir die boer se behoeftes en grondtipe.”

Verdere toerusting wat hulle het is die strip-till (strookbewerking), boogroller en rolegtandwerktuig.

“Die Rip-till kan ook kunsmis in die grond insit en die eenhede is verstelbaar. Die agterste eenheid verkoop ons ook apart van die voorste eenheid.

“Hy gooi ook nat grond terug in die saadbed en trap dit vas met boogroller. Die roller kan diepte stel en het ‘n veeraksie wat jou verstellings maklik maak,” sê Christine.

Ripper Tillage se toerusting is vir die Suid-Afrikaanse mark gebou. Dit word hier vervaardig en boere kan maklik hulle onderdele hier kry, want dit is plaaslik by die koöperasies beskikbaar.

Christine noem hoe lekker dit is om terug te wees by NAMPO. “Ek is bly vir die interaksie met die boere en om met die nuwe kliënte te kommunikeer. Van die boere het ons toerusting by hulle buurman gesien en wou toe meer by ons kom uitvind,” sê sy.

Naverkopediens is baie belangrik vir Ripper Tillage. “As daar ‘n probleem by die boer op die plaas is of hy sukkel om sy toerusting in te stel is ons binne ‘n dag of 2 daar om hom te help,” sê Christine.

Die Rip-till masjien kan saam met Agrico se tande, ander tande, roterende skottels , plantertoerusting en sekere ander produkte geplaas word.

Die Rip-till Agrico T1000-masjien by NAMPO park. Meer oor die masjien:

  • Dit het ‘n werksdiepte van 400 to 630 mm.
  • ‘n Raamvryhoogte van 1 000 mm.
  • Wegtrekkrag van 7 600 N (760 kg).
  • Krag per tand benodig  is ± 25 kW.
  • Die tandspasiëring is maklik verstelbaar met ‘n standaard spasiëring van 500 mm
  • Min trekkrag benodig
  • Die tande is van sterk staal gemaak.
  • Dis die enigste werktuig van sy soort met terugslagskokbrekers.

Kontak Christine van Ripper Tillage by 082-773-9297, info@rippertillage.co.za of sales@rippertillage.co.za vir meer inligting oor hierdie grondbewerkingstoerusting.

Kyk die volledige video op ProagriMedia:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Wildwood Wynfees 2022: Bring die Kaap na Limpopo

POGGENPOEL MOLOPO BONSMARAS SE 17DE PRODUKSIEVEILING BEHAAL NUWE SA REKORDPRYS!!