in

Maak gereed vir groot #SAUVBLANCDAY VIERINGE

Sauvignon Blanc liefhebbers – staan nader! Sauvignon Blanc Suid-Afrika, as die ambassadeur vir Suid-Afrika se mees geliefde wynkultivar, vier Internasionale #SauvBlancDay 2022 saam met die res van die wêreld.

Of jy nou ʼn ywerige drawwer is, ʼn fynproewer, of ‘n ernstige Sauvignon Blanc geesdriftige, die naweek van Vrydag 6 Mei tot Sondag 8 Mei 2022 sal Sauvignon Blanc SA in elke behoefte voorsien met spesiale aanbiedinge, heerlike kos- en wynproeë asook interessante aktiwiteite by wynbestemmings regoor die Kaapse Wynlande – van kus tot kus.

Beplan gerus ‘n hele wynnaweek as jy van die mees innoverende Sauvignon Blanc produsente in die land wil besoek:

  • ‘n Hele fees wag by Elgin Vintners: Sluit aan by ‘n Sauvignon Blanc-meesterklas deur wynmaker dr Marinda Kruger (7 Mei) met ouer oesjare, die uitverkoopte Verenigde Koninkryk-eksklusiewe Sauvignon Blanc 2021, asook die nuwe jongwyn van 2022. Geniet ook ‘n 5km-wingerdpretdraf (7 Mei) ten bate van Grabouw Dierewelsyn (honde aan leibande welkom), ‘n Sauvignon Blanc-en-oester-proe (6 tot 8 Mei), ‘n Moedersdag-ontbyt (8 Mei) en ‘n orgideë-uitstalling (7 tot 8 Mei). Mei). Bespreek by https://bit.ly/sauvblancdayEV.
  • Op 6 en 7 Mei, by Diemersdal, Durbanville, word jy bederf met ‘n driegang-seekosmaaltyd deur The Farm Eatery saam met Sauvignon Blancs van Spanje, Italië, Frankryk en Nieu-Seeland. Die hele reeks Diemersdal Sauvignon Blancs sal ook beskikbaar wees om te proe terwyl jy musiekoptredes geniet. Bespreek by https://diemersdal.co.za/collection/events/.
  • Op 6 en 7 Mei bied Strandveld Vineyards, Elim, Bredasdorp twee spesiale proeë aan, ’n Sauvignon Blanc-en-kaasproe asook ’n vertikale oesjaar-proe waar jy vier oesjare van Strandveld Pofadderbos Sauvignon Blanc sal proe en die verouderingspotensiaal van hierdie uitstekende Sauvignon Blanc kan ontdek.
  • Die Durbanville Sauvignon Soirée bring vir jou twee aande van Sauvignon Blanc-genot! Smul aan koelklimaat Sauvignon Blancs met musiek om jou te laat ontspan en heerlike kos wat pragtig pas by wyne soos deur wynmakers voorgestel. Op 5 Mei by Groot Phesantekraal sluit dit ligte eetgoed en proeë van Groot Phesantekraal, Diemersdal, Altydgedacht, Maastricht, Klein Roosboom, Meerendal, en DWV Sauvignon Blanc in. Bespreek via Groot Phesantekraal by +27 (21) 825 0060 of restaurant@phesantekraal.co.za. Op 6 Mei by Durbanville Hills word ‘n tweegangmaaltyd aangebied met proeë van Durbanville Hills, Canto, De Grendel, D’Aria, Bloemendal, Nitida, Signal Gun en DWV Sauvignon Blanc. Bespreek by https://store.durbanvillehills.co.za/products/sauvignon-soiree.
  • Op 7 Mei by Groote Post, Darling, kan jy by die wynmaker Lukas Wentzel aansluit vir ‘n proe van ‘n reeks Sauvignon Blancs van regoor die wêreld, asook ‘n paar plaaslike wenners soos die Groote Post Seasalter. Sjef Debbie gaan ‘n tapas-styl middagete voorberei met geure wat met Sauvignon Blanc geassosieer word – dink aan aspersies, seekos met Asiatiese speserye, vars mossels en ander kreatiewe lekkernye. Bespreek by https://bit.ly/SauvBlancDayGP.
  • Vier fees by Vergelegen-wynlandgoed, Somerset-Wes, op 7 Mei met ’n opwindende ervaring van die plaas se bekende Sauvignon Blancs. Gaste sal by die Proelokaal ontmoet en dan na die baie spesiale Schapenberg-wingerdblok 320m bo seespieël vervoer word. Hier sal gaste die wonderlike uitsigte oor Valsbaai en die Helderberg geniet terwyl hulle teug aan yskoue Schapenberg Sauvignon Blanc saam met heerlike canapés. Daarna volg ‘n kuier saam met die wynmaakspan met Sauvignon Blanc-geïnspireerde eetgoed. Bespreek by www.vergelegen.co.za.
  • Van 6 tot 8 Mei bied Tokara se proelokaal, geleë in Helshoogte, Stellenbosch, ‘n unieke Sauvignon Blanc-proe aan, wat die vrugtige en kraakvars Tokara Sauvignon Blanc, die koelklimaat Reserve Elgin Sauvignon Blanc en ook die nuutvrygestelde Tokara Directors White 2019, ‘n versnit van Sauvignon Blanc en Semillon, sal insluit.
  • Van 6 tot 8 Mei sal Zevenwacht, Kuilsrivier, oop wees vir Sauvignon Blanc-proeë met ‘n 20% afslag op kissies van hul Estate Sauvignon Blanc 2021 sowel as hul 360° Sauvignon Blanc 2020. Groenland Wyne op die Bottelary-pad, Stellenbosch, bied ook 10% afslag op hul Sauvignon Blanc.
  • ‘n Spesiale Sauvignon blanc-proe is gedurende Mei-maand by Kleine Zalze, Stellenbosch, beskikbaar. Jy kan uitsien na ‘n proe van Project Z Sauvignon blanc 2020, sowel as die Kleine Zalze se Cellar Selection Sauvignon blanc 2022, Vineyard Selection Sauvign’on blanc 2019, en Family Reserve Sauvignon blanc 2020.

SA SAUVIGNON BLANC IN DIE WÊRELD-KOLLIG

Sauvignon Blanc, as die kultivar waarvan daar die meeste wyn uitgevoer word, is een van Suid-Afrika se top internasionaalbekende handelsmerke. Moenie hierdie geleentheid misloop om van die beste Sauvignon Blanc in die wêreld – soos by die onlangse Concours Mondial du Sauvignon-wynkompetisie bekroon – te  proe nie.

“On is trots om die Sauvignon Blanc SA-handelsmerk saam met ons platinumvennote FNB en EVER Solutions uit te bou,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA.

“Sauvignon Blanc is ʼn perfekte voorbeeld van die kompleksiteit en verskeidenheid wat Suid-Afrikaanse wyne bied en verdien die internasionale aandag wat ons toenemend bekom.”

Enigiemand wat belangstel kan ook www.sauvignonblanc.com besoek of Sauvignon Blanc SA kontak by info@sauvignonblanc.com of 021-975- 4440.

Bron: Agri-Expo

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

2022 Isuzu D-Max: Nommer 7 uiteindelik hier

Satansbos: Strenger beheer is nodig