in ,

Lusernhooigehalte in perspektief

This post is also available in: English

deur Carina Lues, Departement Landbou-ekonomie, UV

Dit is alombekend dat lusernhooi van kardinale belang is as ruvoer in die suiwelbedryf, maar dit speel ook ’n onmisbare rol in die vleisbees- en skaapbedrywe. Dit is egter belangrik om te weet hoe die verskillende grade lusernhooi, geklassifiseer volgens die Nuwe Lusernkwaliteitsindeks (NLKI) se waardes soos deur die Nasionale Luserntrust (NLT) bepaal, van mekaar verskil.

Anders as in die verlede, waar lusernhooi se gehalte volgens proteïeninhoud gegradeer is, word gradering nou meer gegrond op die verteerbaarheid, met ander woorde die beskikbaarheid van die voedingstowwe, van die hooi. Die proteïeninhoud van lusernhooi het geen waarde as dit nie beskikbaar is vir die dier nie. Die NLKI is gegrond op ’n veelvuldige regressive met suurbestande vesel, as en lignien, omrede dit die beste korreleer met produksie (gehalte). Die NLKI-waardes van die verskillende grade word in Tabel 1 aangedui.

Tabel 1: NLKI-waardes van verskillende grade lusernhooi

Dit is ook algemene praktyk om lusernhooi se gehalte te bepaal volgens kleur en blaarinhoud. Alhoewel hierdie praktyke nie soseer verkeerd is nie, gee dit nie ’n akkurate weerspieëling van die werklike waarde wat die hooi aan die dier bied nie. Lusernhooigehalte kan dus gedefinieer word as ’n funksie van inname en verteerbaarheid wat saam die produksiepotensiaal bepaal.

Prima lusern, as die top graad, het ’n hoë inname aangesien dit smaaklik is vir diere en ook hoogs verteerbaar is. Die hoë verteerbaarheid kan egter veroorsaak dat prima lusern inderdaad “te goed” kan wees. Dit is belangrik dat herkouers ’n fyn balans handhaaf tussen die ruvoer- en kragvoerkomponente van hulle dieet. Ruvoer vorm die effektiewe veselkomponent van ’n rantsoen aangesien dit ’n gesonde rumenomgewing skep deur ’n ideale pH tussen 5,5 en 6,5 te handhaaf vir die optimale balans tussen amilolitiese (nie-veselkoolhidraatverterende) en sellulolitiese (veselverterende) bakterieë.

Veselvertering vind effektief plaas by ’n pH hoër as 6. ’n Groot bydraende faktor tot pH beheer is die vesel in die dieet wat herkou stimuleer en dus veroorsaak dat meer speeksel geproduseer word. Meer speeksel dien as ’n buffer deur pH-veranderinge te weerstaan.

Die vertering van uiters goeie gehalte lusern lewer ’n groot hoeveelheid vlugtige vetsure op, wat veroorsaak dat die pH in die rumen daal en dit, tesame met verlaagde speekselproduksie (as gevolg van minder effektiewe vesel) lewer ’n laer as optimale pH. Te hoë gehalte lusernhooi sal dus veroorsaak dat lusernhooi sy primêre rol as die funksionele eenheid van die dieet verloor.

Dit word dus aanbeveel dat prima lusern gemeng moet word met ’n swakker gehalte ruvoerbron wanneer dit in ’n dieet ingesluit word, om doeltreffende herkou te verseker en ’n gesonde rumenomgewing te handhaaf.

Graad 1 lusern, aan die ander kant, kan in ’n dieet ingesluit word sonder om ’n swakker gehalte ruvoer by te voeg. Let wel dat die bogenoemde inligting nie op ’n spesifieke spesie gebaseer is nie, maar wel merendeels gestaaf is deur navorsing wat op melkbeeste gedoen is.

Laastens is dit belangrik om te noem dat skape, melkbeeste en vleisbeeste nie almal presies dieselfde funksioneer nie – al is hulle almal herkouers. Omdat hulle produksiedoeleindes verskil, verskil hulle benutting van die voer wat hulle ontvang en daarom ook die diet wat hulle gevoer moet word. Die produksiepotensiaal van verskillende lusernhooigrade is beter bekend by melk- en vleisbeeste as by skape.

Daarom is dit belangrik om te bepaal wat die invloed van lusernhooi-gehalte op die verteerbaarheid van ’n volledige gemengde rantsoen is, asook wat die invloed daarvan sal wees op die produksiepotensiaal van skape.

’n MSc-studie word binnekort aan die Universiteit van die Vrystaat geloods om bogenoemde te ondersoek. Indien jy sou belangstel om verdere kennis op te doen oor die werking van die lusernhooigraderingstelsel asook die proses van benutting van lusernhooi deur vee, kontak gerus die Nasionale Luserntrust om ’n lusernhooigraderingskursus by te woon.

Vir meer inligting kontak die NLT by sunet@lusern.org.

NIRS-Eienaars Dorp Provinsie Kontak
besonderhede
ABAC Cradock Oos-Kaap 048-881-5228
Afgri Bethlehem Vrystaat 011-063-2347
Afgri Eloff Mpumalanga 011-063-2347
Afgri Klipheuwel Wes-Kaap 011-063-2347
Afgri Paterson Oos-Kaap 011-063-2347
AGRISA COMMODITIES Jan Kempdorp Noord-Kaap 061-635-0438
Al Dahra Hilton KwaZulu-Natal 060-504-4174
Barnlab Vereeniging Gauteng 012-664 0532
Barnlab Riviersonderend Wes-Kaap 028-261-1519
Barnlab Vryburg Noord-Wes 053-927-5975
Bester Feed & Grain Jan Kempdorp Noord-Kaap 082-813-6878
AlphaAlfa Bull Hill Noord-Kaap053-861-3697  
AlphaAlfa Kameelboom Noord-Kaap 054-861-3697  
AlphaAlfa Kimberley Noord-Kaap054-861-3697  
AlphaAlfa Hoopstad Noord-Wes 054-861-3697  
Daniel Jacobus Fourie Douglas Noord-Kaap 082-712-1329
Department of Agriculture Jan Kempdorp Noord-Kaap 082-353-0069
Ensigh Shipping & Logistics Durban KwaZulu-Natal 082-808-0010
Free E Manufactory Kimberley Noord-Kaap 065-153-4815
GWK – Farm Foods Meat Groblershoop Noord-Kaap 083-610-0389
GWK Rietrivier Noord-Kaap 053-298-8200
GWK Jan Kempdorp Noord-Kaap 053-298-8200
GWK Douglas Noord-Kaap 053-298-8200
GWK Barkly West Noord-Kaap 053-298-8200
GWK Hope Town Noord-Kaap 053-298-8200
GWK Modderrivier Noord-Kaap 053-298-8200
Jomalic Boerdery Jacobsdal Vrystaat 053-492-0574
Lubern Voere Hartswater Noord-Kaap 053-474-1685
Marius Wiid Hope Town Noord-Kaap 082-807-9242
Namibia Dairies Mariental Namibië264 (0)63 242 980
NLT Oudtshoorn Wes-Kaap 044-272-8991
NLT Jan Kempdorp Noord-Kaap072-366-7716
Oranjerivier Voere Prieska Noord-Kaap 053-353-1979
OVK Hope Town Noord-Kaap 051-011-1593
Telwiedrè Voere Edenburg Vrystaat 058-852-2742
Premium Feeds Middelburg Oos-Kaap 071-472-0361
Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein Vrystaat 083-590-8395
Veekos Upington Noord-Kaap 054 -331-1351

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Koringproduksie is 1,23% minder as vorige skatting

Plant weidings wat wen