in ,

Lucasdam Dorperstoet fokus op geharde, produktiewe, mooi skaap

This post is also available in: English

“Lucasdam Dorperstoet is gevestig deur my Pa in die 1960’s.  Nadat ek in 1977 plaas toe gekom het, het die Dorperbedryf my geprikkel en daarom het ek ‘n paar Dorperkursusse gedoen met die doel om die stoet te verbeter en uit te brei,” vertel John Daniel, eienaar en bestuurder van Lucasdam Dorperstoet.

“In daardie jare was daar telers wat geglo het ‘n stoetdier moet 50/50 gefondamenteer wees naamlik Dorset Horn en Dorper. Daar was skape wat ook met ander rasse gekruis is en nie noodwendig 50/50 was nie. Hulle is vanaf F1 kruisings geteel.”

“Op aanbeveling het ek my pa se stoet by die kommersiële ooie gevoeg en van rekord afgehaal. Ek het toe 50/50 gefondamenteerde ooie gekoop. Daar was ‘n daling in my prestasie, en na 1980 het ek van daardie ooie ontslae geraak en vir Robbie Meintjies gekry om die mooiste ooie uit die kommersiële kudde te haal.  Ek het met net 37 ooie van voor af begin teel en top ramme aangeskaf.  Ek het ook ‘n paar ou ooie by Ron van der Merwe en Ben Cronje gekoop. Tans teel ek die groot meerderheid van my gebruiksramme self,” sê John.

“My pa het my geleer om te boer met integriteit en liefde vir die saak. Hy het ‘n Vleisbees boeredag bygewoon waar die vraag – wat is die beste beesras gevra is, en die aanbieder daarop geantwoord het ’n man trou met die vrou wat hy liefhet. Dit word weerspieël in ‘n kliënte- basis wat deur die jare opgebou is.”

Tydens Lucasdam Dorpers se veiling gehou in 2021, was daar 74 geregistreerde kopers op die vloer; aanlyn kopers uitgesluit.

John sê: “Daar is baie goeie rasse om van te kies, maar mens moet ‘n ras kies waarvoor jy lief is en dit oordeelkundig bestuur en jou doelwitte daarvolgens te stel en verwesenlik.”

“Ek het van die begin af prestasie toetsing toegepas en is sedert 2000 by Dorper 21.  Ek spits my nie baie toe om te skou, maar om genotipe (50%) en fenotipe (50%) te bevorder. Ek glo nie in uiterstes nie, alles moet in balans wees. Ron van der Merwe, vorige president van die Genootskap, het my baie leer en ek klou ek klou vas aan sy woorde wat vandag nog by my bly – eers boerskaap dan skouskaap” vertel John. Daar is mense wat glo dat die twee nie versoenbaar is nie. My ideaal is ‘n geharde, produktiewe, mooi skaap.”

John boer op die oomblik met 450 stoetooie. Aanvanklik het hy ramme op klubveilings verkoop maar moes in 2000 self ‘n veiling gehou het na sy egskeiding.  Daaruit is Lucasdam Dorperstoet se eerste produksieveiling gebore. John hou vanjaar sy 22ste veiling en al sy vorige veilings was tot dusver baie suksesvol.

“Oor die jare heen is kunsmatige prosedures toegepas met uitgesoekte ramme. As dit met presisie gebruik word, kan dit lei tot genetiese vordering, maar as jy nie versigtig is nie kan jy jou vasloop met inteling en ongewenste eienskappe,” vertel John.

“Dalende winsgewendheid van skaapboerdery weens verskeie faktore soos droogtes, wisselende pryse, veediefstal en ongediertes dwing my om innoverend te bly en ek streef daarna om die ras in sy geheel te bevorder.  My doelwit is die verdere ontwikkeling en verbetering van Lucasdam Dorperstoet,”

sluit John af.

Vir meer inligting aangaande die veiling kliek op die skakel hieronder:

https://agri4all.com/product/lucasdam-dorpers-cj-coetzee-witdorpers-veiling-24-februarie-2022-11-00-postmasburg-40349-south-africa.

Kontak John Daniel by +27(0)82 552 2933

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ProAgri SA 263

Vleispryse 7 Januarie 2022