in ,

Limagrain Zaad Suid-Afrika: Veelsydige lusernkultivars

WL 458 HQ*

Dié nuwe dormansie 7 kultivar se ouerlyne is uit ou proefpersele geselekteer vir langslewendheid, groeikragtigheid en blaarsiekte-weerstand.

WL 458 HQ* is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing/aanvullende besproeiing in areas met korter groeiseisoene, waar 5 – 8 snitte per seisoen verwag word. Top kwaliteit hooi kan verwag word aangesien dit aan HQ-kwaliteitstandaarde voldoen.

WL 458 HQ* is net so weidruk- en droogteverdraagsaam soos sy voorganger, WL 414, en kan onder droëland toestande en in wei-stelsels aangeplant word.

WL 458 HQ* is hoogs weerstandig teen die dodelikste swamme waarvoor lusern vatbaar is: Fusarium-verwelking, Phytophthora-wortelvrot, Verticillium-verwelking en Antraknose. Dis ook hoogs weerstandig teen Stam-aalwurm en bied weerstand teen Bakteriese-verwelking en die vernaamste lusernluise.

WL 525 HQ

Hierdie ou bekende dormansie 8 kultivar se ouerlyne het oor besonderse langslewendheid beskik. WL 525 HQ is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing in areas met redelike lang groeiseisoene, waar 7 – 9 snitte per seisoen verwag word. Top kwaliteit hooi kan verwag word aangesien dit aan HQ-kwaliteitstandaarde voldoen. Dit sal onder dieselfde bestuurstoestande ’n langer produskieleeftyd as meeste dormansie 9 en 10 kultivars hê.

WL 525 HQ is hoogs weerstandig teen die vernaamste lusernluise. Dit bied hoë weerstand teen Fusarium-verwelking en Phytophthora-wortelvrot en is weerstandig teen Knopwortel-aalwurm.

KKS 9612*

Die ouerlyne van KKS 9612* was plante met goeie siekte- en pesweerstand wat jare se sny-aksies en beweiding oorleef het. Dit is daarna veredel deur vir hoë winteraktiwiteit (dormansie 9), fyn stamme, hoë blaar tot stam verhouding, opbrengs en langslewendheid te selekteer. KKS 9612* is baie wyd aangepas.

KKS 9612* is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing in areas met redelike lang groeiseisoene, waar 8 – 10 snitte per seisoen moontlik is.

Top kwaliteit hooi kan geproduseer word, omdat die kultivar oor ’n hoë blaar tot stam verhouding beskik. Dit word nie aanbeveel dat KKS 9612* bewei word nie, omdat daar beter wei-kultivars is, maar dit is wel die winteraktiewe kultivar wat wei-druk die beste sal verdra.

KKS 9612* is hoogs weerstandig teen Fusarium-verwelking en Phytophthora-wortelvrot. Dit bied ook weerstand teen die vernaamste lusernluise.

*Eksperimenteel – Variëteit ingedien vir registrasie op Nasionale Variëteitslys.

Vir meer inligting oor Limagrain Zaad Suid-Afrika se weidingkultivars, besoek www.lgseeds.co.za of skakel een van ons weidingkundiges: Dirk Coetzee: 078-228-8507, Rüdi Kuschke: 082-775-1779.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Sprinkane in Karoo is ‘n ramp

NAMPO 2022: Kom beleef dit