in ,

LEMKEN tem Afrika……en bou ons kosbare grond

This post is also available in: English

Jy kan net uit die grond uithaal wat jy insit. Dit is die beginsel wat Pieter Nortjé, bekende sitrusboer van die Sondagriviersvallei, handhaaf met sy uitgebreide sitrusboerdery en ook sy graanafdeling. Onder die sitrusbome word die grond gevoed met ‛n deurlopende proses van grondbedekking (mulching) en middels vir die bevordering van voordelige bakterieë.

In die besproeiingsvallei wat uit die Groot Visrivier gevoed word net noord van Cookhouse, plant hy ook mielies, sojabone en koring, en dieselfde beginsels geld daar. ‛n Paar jaar gelede het hy begin navorsing doen oor die regte toerusting om die beginsels toe te pas in ‛n suksevolle graanproduksiestelsel en LEMKEN het die antwoorde gebied.

“Ons wou die grond opbou deur alle materiaal in te werk en dit is waarvoor die werktuie gebou is,” sê Pieter.

Barend Bouwer en Roubel Thomas, wat die twee graaneenhede bestuur, vertel dat die eerste 4-meter Rubin 12-kombinasieskottelwerktuig in 2014 op die plaas aangekom het en LEMKEN se pad in die boerdery oopgewerk het. Die 4-meter Rubin is later vervang met ‛n 5-meter en daar is ook ‛n 4-meter Karat-kombinasietandwerktuig aangeskaf. Die eerste 7-meter Rubin 12 in Suid-Afrika loop vandag op die plaas en saam met hom draf ook ‛n 7-meter Karat. ‛n Compact Solitair-planter het ook sy eerste seisoen agter die blad.

Barend sê: “Ons het nou groter trekkers en dit maak dit moontlik om die wye werktuie doeltreffend te gebruik.”

Wyd, vinnig en doeltreffend is woorde wat gereeld deur Barend en Roubel gebruik word as hulle die rol van die LEMKENs in die boerdery verduidelik. Hulle is albei oortuig daarvan dat die wye werktuie beter werkverrigting lewer, juis omdat die masjiene groot en swaar is.

‛n Ordentlike laag plantmateriaal voed die grond, verbeter die struktuur, sorg vir ‛n sponseffek en bewaar kosbare vog. So ‛n paar maande gelede was daar ‛n probleem met die kanaalstelsel en hulle kon vir ‛n hele tydjie nie besproei nie. Barend sê die vogbehoud in die grond was baie goed – dit het die oes gered.

LEMKEN
Nou kan ons lekker wyd werk, sê Barend Bouwer en Roubel Thomas, graanboerderybestuurders van Pieter Nortjé naby Cookhouse.

Só werk dit

Die Rubin 12 word na strooptyd eerste in die stoppellande ingestuur om die reste te sny en met die boonste laag grond te vermeng. Dit is geen geringe taak nie, veral nadat die mielies met hulle stand van 90 000 plante per hektaar gestroop is. Daar is BAIE materiaal op die land. Die reste word 250 mm diep ingesny en daarna gaan die Karat deur, wat met sy tande die grond tot 300 mm diep deurlug en grond van onder af boontoe bring om saam met die reste vermeng te word.

Tussen die winter- en somergewasse is die venstertyd bitter klein. Roubel sê: “Ons stroop die koring eers teen einde November en ons poog om die mielies voor 25 Desember in die grond te hê. ‛n Groot aantal hektare word dan bewerk en beplant.”

Barend spot: “Ons het al tot 38 Desember geplant, maar ons gaan nooit in Januarie in nie!”

Roubel verduidelik die werking van die Rubin so: Die Rubin het twee rye skottels wat teen ‛n spesiale hoek ge-monteer is om doeltreffend na vorentoe te sny. Na die eerste ry skottels volg ‛n stel harkies wat die grond gelyk maak sodat die tweede stel skottels na die ander kant kan insny. Dan is daar ‛n ry spane wat die materiaal platdruk en egalig versprei sodat die stel rollers agter die grond kan rekonsolideer vir ‛n ferm saadbed. Die rollers is ook verantwoordelik vir die dieptebeheer.

Die 460 perdekrag-trekker (343 kW) werk perfek saam met die werktuig. Jy kan ‛n kleiner trekker ook gebruik, maar dan gaan jy spoed inboet – en jy wil graag tussen 10 en 12 km/u werk.

Barend verduidelik die werking van die Karat: Die masjien haak aan die driepunt van die trekker, daar is ‛n hidrouliese silinder met ‛n opgaarsilinder (accumulator) wat die gewig van die masjien gebruik om meer drukking op die agterwiele van die trekker te plaas vir beter vastrap.

Die tande is so gespasieer dat plantmateriaal nie tussen hulle aanpak nie, selfs met die mieliereste. Langs die tande is dieptebeheerwiele wat saam met die rollers agter werk vir dieptebeheer.

Agter die tande is ‛n stel drawiele met hulle eie hidrouliese silinders wat gebruik word om hulle te lig of te laat sak. Net voor die rollers is ‛n stel skotteltjies wat die tandvore gelyk krap voordat die rollers die grond konsolideer. Die Karat werk goed teen 7 tot 10 km per uur.

Oor die Compact Solitair se plantwerk kan die manne ook nie uitgepraat raak nie. Die planter het ook ‛n stel kleiner bewerkingskottels (soos die LEMKEN Heliodor) wat ideaal is om teen planttyd enige opslaggroei wat na die primêre bewerking uitgekom het, in die grond in te werk. Die kunsmis-kouters sny oop en plaas kunsmis op presies die regte diepte en dan word die saad geplaas.

“Dis die ding wat hom anders maak as ander planters,” vertel Barend. “Die saadplasing is op ‛n eenvormige diepte. Al die plantjies kom gelyk op en jy kry onmiddellik ‛n tafeleffek, wat elke plant die beste groeikans bied en uiteindelik lei tot meer doeltreffende stroopwerk en ‛n hoër opbrengs. Met ander planters is daar van drie tot vyf dae verskil tussen die eer-ste en laaste ontkieming.”

Hy sê die kalibrasie van die masjien vir kunsmis- en saadplasing is eenvoudig en ongelooflik akkuraat.

Hulle het nou die eerste seisoen se sojabone geplant, maar die masjien is reeds in die winter met die koring getoets en die stand was uitstekend. Roubel sê hy glo die verskil is dat die fynsaad behoorlik geplant word en nie net gesaai word nie.

So sak die 7-meter Rubin 12 in vir ‛n dag se snywerk.

Uitstekende dienslewering

Benewens die masjiene se uitstekende dienslewering, is die manne ook beïndruk met die diensondersteuning van hulle plaaslike handelaar, JD Implemente, en die mense van LEMKEN self. Barend sê hulle sien gereeld vir Karel Munnik en vir enige tegniese raad is Christo Prinsloo altyd bereikbaar.

Barend was ook so gelukkig om die LEMKEN-fabriek in Duitsland te besoek en die goeie vakmanskap en werksetiek van die Duitsers het hom verstom, asook die feit dat hulle voorsiening maak vir sulke groot masjiene wat so lekker wyd en stewig is om Afrika te tem.

Hy sê: “Die eerste LEMKEN het nou vyf jaar gelede hier begin werk en daar is nog niks wat daarby gekom het nie, behalwe LEMKEN self, wat aanhou verbeter!”

Kry jou LEMKEN-plan by Karel Munnik, 082-412-2577, k.munnik@lemken.com of Blackie Swart, 082-404-9651, b.swart@lemken.com of besoek https://lemken.com/en/.

LEMKEN
Waar LEMKEN se 7-meter Karat se tande en rollers deur is, kan jy maar plant – die saadbed is reg.

lemken
Die Compact Solitair rus ‛n bietjie na sy seisoen se harde werk. Die masjien bewerk en plant in een beweging en sy saadplasing is perfek eenvormig.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wolmark styg steeds

Isuzu bied aan: ’n Bakkie en trok vir elke taak