in ,

LEMKEN sê: ’n Duisend dankies

Die 1 000ste masjien is pas verkoop

Lemken
Die 1 000ste LEMKEN is pas afgelaai by Bertus Gerhardt van Alldays (middel). Dit is oorhandig deur Danie van Niekerk, takbestuurder AFGRI Pietersburg en Attie Diedericks, bemarker, AFGRI.

This post is also available in: English

“Ons is dankbaar dat ons boere die waarde van kombinasiebewerking en die LEMKEN-manier van grondvoorbereiding ingesien en die voordele daarvan aangegryp het,” sê Karel Munnik, bestuurder van dié Duitste vervaardiger se kantoor in Suid-Afrika.

Die 1 000ste LEMKEN, sedert die vestiging van die plaaslike kantoor in 2012, is so pas verkoop aan Bertus Gerhardt, wat naby Alldays teen die grens van Botswana met aartappels boer. Hy en sy vrou, Elena, het met die aankoop van die Heliodor 9 ’n reis na die fabriek in Duitsland losgeslaan.

Die 1 000 verkope het verseker nie vanself gekom nie. Baie boeredae, skoue, demonstrasies, derduisende kilometer vir plaasbesoeke en ’n uitgebreide handelaarsnetwerk het gesorg dat die klein blou span die boodskap kon uitdra.

Karel sê sonder die handelaars, (kyk onder vir ’n volledige lys), sou dit nie moontlik gewees het om die blou voetspoor landwyd te vestig nie. Hy is veral dankbaar dat boere selfs in ’n paar baie moeilike landboujare in LEMKEN belê het. Vir hom is dit ook belangrik dat boere aanhou met die blou – daar is goeie opvolgverkope.

So praat die boere oor LEMKEN:

BP Greyling van Wakkerstroom was die eerste boer om in 2012 ’n Karat 9 by LEMKEN SA te koop en hy werk vandag nog net so goed soos die ander twee 6-meters wat later bygekom het. BP sê: “Hier is baie boere wat as gevolg van die droogte nog glad nie kon plant nie, want hulle kan nie die kluite breek nie, maar met die Karat is dit moontlik. My plantwerk is klaar; ons wag vir die reën.”

Lemken
BP Greyling en Karel Munnik by die eerste Karat 9 wat LEMKEN SA verkoop het.

Dirk Viljoen van die plaas, Kroonspruit, naby Clarens in die Vrystaat, gebruik ’n span van LEMKEN se slim werktuie om net die beste groei-omstandighede vir sy mielies, koring, droëbone en soja te skep. “Ek was nog nooit voorheen in my lewe opgewonde oor enige demonstrasie van werktuie nie, maar hierdie goed het my gevang en ek kan nie genoeg van hulle kry nie,” erken hy.

“Ek hou van die LEMKENS, dit werk hier by ons.” Aan die woord is George Mulder van EDE Farming by Middelburg. Hy sê: “LEMKEN se diens is 100% en met hulle Karats berei ek ’n gelyke, ferm saadbed voor wat sorg vir eenvormige opkoms, goeie stand en beter groei.”

“As ons geplant het soos ons in die verlede geplant het, het alles nou platgelê,” sê Willie de Klerk en sy seun, Johan, van Koedoeskop nadat daar ’n hael- en windstorm deur die plaas getrek het. Hulle was baie verlig om na die storm te sien dat die meeste van die koring en gars nog regop staan. Johan skryf dit toe aan die Solitair se presiese spasiëring van die saad wat optimale groei teweeg bring.

Johan de Klerk van Koedoeskop.

Ben Bester van Bencor-boerdery was aanvanklik skepties, maar vandag het hy ‘n vloot LEMKEN-masjiene en dit het sy boerdery omgekeer. “Ons eerste Rubin 9 het al meer as 5 000 hektaar gedoen en ons het nog niks aan die werktuig herstel of vervang nie,” sê Ben se seun, Paul.

Johan van Niekerk van Derby se eerste Rubin het al 20 000 hektaar agter die blad gehad met ProAgri se besoek twee jaar gelede en nog net so fluks soos die eerste dag gewerk. “Jy moet weet, ’n masjien kan nie vir homself dink nie. Jy moet vir hom dink en dan sal hy vir jou werk. Dis hoekom LEMKEN vir my werk,” sê hy.

Kassie Coetzee van Koster se wêreld het met ProAgri gepraat na sy eerste 6 000 hektaar se grondvoorbereidingswerk op verskillende plase in die omgewing. Hy het LEMKEN se Gigant 10 ingespan om vinniger en wyer te werk. Die Gigant 10 is ’n stewige, breë drabalk van agt meter met sy eie twee driepunte, waaraan hy twee Rubin 9-skottelêe van vier meter elk gehaak het.

Blackie Swart van LEMKEN by Kassie Coetzee van Koster.

“Ek het by sesduisend hektaar opgehou tel, maar ek kan vir jou sê dat ek deur die hele seisoen dieselfde stel skottels en laers gebruik het, net soos ek dit by NAMPO gekoop het,” sê Kassie. Hy praat ook met groot lof oor die res van die LEMKEN-span onder leiding van Karel Munnik: “Karel kon maar oom Lemken se eie seun gewees het, want hy is in liggaam en siel oortuig van hierdie produk. As hy met jou gepraat het, sien jy net LEMKEN-blou!”

Klasie Jacobs van Douglas het, soos vele ander boere in die land, die gevolgtrekking bereik dat die oplossing vir oesverbetering nie net meer in chemie gevind kan word nie. Die grondstruktuur moet verbeter word deur die vermeerdering van organiese materiaal in die boonste laag grond en daarvoor werk die Rubin en die Karat uitstekend. “Die LEMKEN-goed is goedgemaakte goed,” sê Klasie.

“Voor ons enigiets aankoop, doen ons behoorlike navorsing, want toerusting moet voldoen aan ons spesifieke behoeftes,” sê Gabriel Colasa van Clearwater Farms op Bapsfontein naby Pretoria. LEMKEN se Zirkon 8-krageg lewer nou al ’n paar jaar lank pligsgetroue diens om die grond se struktuur reg te stel vir die volgende aanplanting. “Dit is Duitse gehalte op sy beste,” vertel Gabriel. “As jy reg wil werk met jou grond, is LEMKEN die pad om te loop.”

“Ons almal lewe uit die grond en eindig in die grond – grond is ’n lewende organisme.” Aan die woord is Mike Dobrowksy (jr) van Elliot-Ugie se wêreld in die Oos-Kaap wat op groot skaal aartappels en mielies plant. Mike sê Karel en sy tegniese man, Christo Prinsloo, ken hulle masjiene en hulle is plat-op-die-aarde mense wat altyd beskikbaar is en luister na wat ’n boer sê. Hulle doen ook moeite om te sorg dat ’n masjien reg ingestel word vir die omstandighede waarin dit moet werk. “As jy in hierdie omgewing ’n trekker wil verkoop, sit ’n LEMKEN agter hom!”

Mike(sr) en Mike (jr) Dobrowsky van Elliot-Ugie.

Ook in die suikerrietbedryf het LEMKEN sy merk gemaak. Eben Basson van die familie-onderneming, Izolima, gebruik ’n Karat 9 en Rubin 12 om die taai werk te doen om suikerrietlande voor te berei. “Ek is lief vir ysters en het meganisasie-oplossings gesoek. Voorverlede jaar het ons na LEMKEN se grondwerktuie gekyk. Ons het Karel Munnik regstreeks gebel en hy het baie moeite met sy demonstrasies gedoen. Hy was drie keer hier om ons by te staan. Sy diens en toegewydheid is uitstekend en hy glo in sy produk. Hy kan in ’n trekker klim en verstaan sy werktuie.”

Op André du Preez se plaas tussen Koster en Lichtenburg moet ’n masjien sy plek ken. André se doelwit is om terug te sit in die grond wat uitgehaal word en dit is wat die Rubin 12 vir hom doen. “Ek bespaar ook diesel en tyd en as die Rubin deur die land is, is daar ’n saadbed.” Hy was ook by LEMKEN se fabriek in Duitsland en is baie beïndruk met die gehalte van die materiaal wat hulle gebruik en die dinkwerk wat in elke produk ingaan. Hy sê: “Hulle weet hier is nie plek vir sissietjiemasjiene in Afrika nie. Die hele LEMKEN-reeks het ’n plek in my boerdery.” Sy fynsaad word met ‘n Solitair 12 geplant.

Barend Bouwer en Roubel Thomas van Cradock.

Jy kan net uit die grond uithaal wat jy insit. Dit is die beginsel wat Pieter Nortjé, bekende sitrusboer van die Sondagriviersvallei, handhaaf met sy uitgebreide sitrusboerdery en ook sy graanafdeling. Barend Bouwer en Roubel Thomas, wat die twee graaneenhede bestuur, is beïndruk met die diensondersteuning van hulle plaaslike handelaar, JD Implemente, en die mense van LEMKEN self. Barend sê: “Die eerste LEMKEN het nou vyf jaar gelede hier begin werk en daar is nog niks wat daarby kon kom nie, behalwe LEMKEN self, wat aanhou verbeter!”

Dankie aan ons handelaars: AFGRI SA en Zambië, GWK, NWK, Senwes, JD Implemente, Rudamans, Bergville New Holland, Dundee New Holland, Barloworld Ford, Neniko Agencies, Genius Landini, Dorning Motors – Landini handelaar in Kokstad en Warmbad Landini.

Word deel van die blou wenspan. Praat met Karel Munnik, 082-412-2577, k.munnik@lemken.com, of Blackie Swart, 082-404-9651, b.swart@lemken.com, of besoek https://lemken.com/en/.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TLU SA waarsku teen aanvalle op plaaswerkers

Bonavide: Akkurate beelde help jou om die beste oes te behaal