in

Landbou sal nie 20,5% Eskom verhoging oorleef nie!

This post is also available in: English

“Dit is onaanvaarbaar dat verliese deur Eskom wat weens korrupsie veroorsaak is, van betalende kliënte verhaal word,” sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL).

Die organisasie se reaksie volg op ESKOM se versoek aan NERSA om elektrisiteitskostes vanaf 1 April 2022 met 20,5% te verhoog.

Wilken het verwys na die verliese van onder andere die Medupi- en Kusile-kragstasies, steenkoolkontrakte, asook die R37-miljard wat munisipaliteite skuld.

“ESKOM druk om te verseker dat elektrisiteitspryse teen 1 April 2022 implementeerbaar is. Hulle wil dus die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) se goedgekeurde tarief voor 15 Maart 2022 in die Parlement voorlê.”

Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, wys uit dat ESKOM se aansoek aan NERSA drie afsonderlike dokumente bevat vir prysverhogings in kragopwekking, transmissie en verspreiding. “Die ontbondeling waarna president Ramaposa in die SONA verwys het, gaan dus voort.”

Armour meen verder dat die kompetisie vir Eskom vir opwekking steeds te straf gaan wees, ten spyte van die R131-miljard inspuiting wat tydens COP-26 aan Suid-Afrika beloof is om oorgang na groenkrag te help bewerkstellig.

“Die publiek kan nie verantwoordelik wees om ESKOM te befonds om teen die privaatsektor sy eie alternatiewe kragopwekkings kapasiteite uit te brei nie.”

Vrystaat Landbou maak jaarliks voorleggings aan NERSA om ESKOM se voorstelle vir drastiese prysverhogings teen te staan. NERSA rig jaarliks ’n versoek aan VL om ekonometriese en makro-ekonomiese analises oor die pryselastisiteit van landbou kommoditeite se insetkoste teenoor kragprysverhogings, asook die drumpelprys van ESKOM waarteen boere sal oorskakel na alternatiewe energieopsies, te voorsien.

“Daar is egter analises wat afhanklik is van baie faktore ter spel op landbouproduksie en VL wys elke jaar aan NERSA uit dat hulle self so studie sal moet befonds,” sê Armour.

Vrystaat Landbou sal ʼn geskrewe inset aan NERSA rig teen die sperdatum van 14 Januarie 2022. Die organisasie sal ook ʼn amptelike voorlegging aan NERSA maak tydens die publieke verhore om die sinnelose voorstelle teen te staan.

“Landbou sal die ESKOM-verhogings, indien goedgekeur, saam met al die ander stygende insetkoste, nie oorleef nie,” meen Wilken.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wintergewasse – 2021 produksieseisoen

Myburgh Toerusting: Vir die Boer, van die Boer