in , ,

Laat elke liter (homself) tel

This post is also available in: English

Diesel is duur en ’n boer sou wat wou gee om te weet presies waar elke liter op die plaas heen gaan. Nuwe tegnologie om brandstof te bespaar en volle beheer oor diesel uit te oefen, is pas deur Agri-Tech Distributors bekend gestel.

Die brandstofbeheerstelsel, genaamd GK-7, ontwikkel deur Gespasa van Spanje, laat die boer toe om ten volle beheer oor sy voertuie, operateurs en dieselverbruik uit te oefen.

Die stelsel kan by ’n boer se huidige pomp inskakel of saam met Gespasa se Totem-kabinet gebruik word, wat die GK-7-kontroleerder, pomp en pyp met sy vullerspuitstuk wat outomaties uitskop wanneer die tenk vol is, in het. Die GK-7 kan deur ’n kabel met ’n sentrale rekenaar praat of die DieselPlus-opsie kan gekies word. Die DieselPlus-opsie bespaar baie kostes met installering, aangesien daar geen kabels betrokke is nie en die data elektronies na enige slimfoon, tablet-rekenaar of rekenaar gestuur kan word.

Tot ’n duisend verbruikers kan op die stelsel geregistreer word. Elke transaksie se data word na ’n databergplek in die kuberruim (cloud) gestuur en die inligting wys binne sekondes na die transaksie op die rekenaarskerm.

Weg is die dae van diesel steel
Werktuie of voertuie kan in groepe op die stelsel geregistreer word en dus kan trekkers, bakkies en vurkhysers byvoorbeeld afsonderlik op die skerm gesien word.

Die Totem kabinet kan toegerus word met 3 verskillende pompe nl. 50, 75 of 100 liter per minuut. Dit verhoed opeenhopings in spitstye. Danie Viljoen van Graaff Fruit by Ceres was een van die eerste boere om die hele geoutomatiseerde stelsel aan te koop. Hy het die Totem-kabinet en die Genius Level Indicator met hulle modems en die DieselPlus-stelsel geneem en kan dus enige tyd die vlak van die diesel in sy tenks sien en ook enige transaksie wat gedoen is op die Totem-kabinet.

Hy sê: “Vroeër moes ons ’n persoon gebruik net om neer te skryf hoeveel diesel wanneer in watter voertuig of trekker gegooi word om dieselverbuik te monitor. Nou gebeur alles outomaties en elke gebruiker het sy eie elektroniese kaartjie. Dit skakel diefstal en misbruik uit.”

Francois Olivier van Agri-Tech Distributors sê: “Ons stelsel is bekostigbaar, doeltreffend en maklik om te gebruik, ook vir mense wat nie rekenaarslim is nie.” Hy sê Agri-Tech Distributors kyk na elke boer se behoeftes en kan ’n pasgemaakte stelsel verskaf.

Die volledige Totem-kabinet met sy GK-7 brandstofbeheerstelsel, pomp, pyp en spuitstuk wat tot 100 liter diesel per minuut kan lewer om staantyd op die plaas te verminder. Die Genius Level Indicator sorg dat die boer presies kan sien hoeveel diesel in sy tenks is, en die inligting kan elektronies na sy slimfoon of rekenaar gestuur word.

Die Genius Level Indicator sorg dat die boer presies kan sien hoeveel diesel in sy tenks is, en die inligting kan elektronies na sy slimfoon of rekenaar gestuur word.

Kry beheer oor jou dieselverbruik op die plaas. Kontak Francois Olivier van Agri-Tech Distributors by 082-443-6362, 021-949-5844 of francois@agri-tech.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

MacDon sny die pad oop vir lusernboere

Eenstop vir meganisasie~oplossings