in

Laat-die-beste-saadtegnologie-vir-jou-werk

Die beste wat die wêreld kan bied vir jou boerdery. Dit is wat PANNAR se belofte van globale tegnologie – plaaslike prestasie beteken.

PANNAR is daagliks en in elke opsig stewig in Suid-Afrikaanse landbou gewortel, maar put uit internasionale ervaring, plasmamateriaal en kundigheid om ons eie boere ’n groot verskeidenheid produkte van die hoogste gehalte met mededingende opbrengste te bied.

PANNAR se slimkoppe is deurlopend besig om vir die boer beter opsies te ontwikkel en tydens die maatskappy se afgelope produkextravaganzas was boere opgewonde oor die goeie nuwe kultivars wat PANNAR hulle bied.

Spring weg met die beste, gedugte witmieliebasters PANNAR se toonaangewende witmieliepakket is die veelsydigheid self met konvensionele, stronkboorderweerstandige, Roundup Ready® en stapelgeenbasters. Dit bied die gesonde risikoverspreiding wat die grondslag vir vooruitstrewende boerdery vorm.

PAN 6Q-445B is die afgelope drie seisoene die top kommersiële baster in die LNR en PANNAR se nasionale proewe. Wenkenmerke van PAN 6Q-445B is sterk meerkoppigheid, sterk kompensasievermoë, wye gebiedsaanpasbaarheid en stabiliteit.

Die volgende nuwe witmieliebasters is ook beskikbaar:

PAN 5Q-649R (Nuut!): Hierdie baster met sy Roundup Ready onkruiddoderverdraagsaamheid word gekenmerk deur sy topprestasie en stabiliteit in die Noordwes- Vrystaat en Noordwes-gebied. Dit het ’n baie goeie staanvermoë, sterk meerkoppigheid en spruit min. PAN 5Q-649R is geskik as toevlugsoord by die BR-basters.

PAN 5Q-751BR (Nuut!): Hierdie medium-vinnige stapelgeenbaster word gekenmerk deur sy topprestasie, sterk meerkoppigheid en goeie agronomiese eienskappe. Dit is in dieselfde klas as PAN 5Q-433B. Dit presteer uitstekend in die Noordwes-Vrystaat en Noordwes-produksiestreke. Dit beskik oor goeie stabiliteit, spruit min en presteer uitstekend op sandgrond.

PAN 6Q-745BR (Nuut!): Hierdie stapelgeenbaster in die mediumgroeiklas bied sowel stronkboorderweerstand as Roundup onkruiddoderverdraagsaamheid. Dit is die stapelgeenweergawe van PAN 6Q-445B en is baie goed aangepas vir al die produksiestreke. Die sterk meerkoppige baster het ’n hoë opbrengspotensiaal en uitstekende stabiliteit. Dit kan met vertroue as die hoofaanplanting gebruik word.

Groenmielie eksklusief van PANNAR

SC 701 (Nuut!): Al hoe meer boere reken op die bemarking van groenmielies vir daardie welkome kontantvloei-inspuiting. PANNAR bemark nou Suid-Afrika se groenmielie sonder gelyke eksklusief onder lisensie van Seed Co in die RSA en Namibië. Die baster is ook gewild as braaimielie en as babamielie (‘baby corn’). Dit het ’n lang raklewe, lang koppe, smaaklike, groot pitte en is die gewildste groenmielie vir kopers (smouse) en tuiniers. Dit is ook ideaal as ’n kuilvoerbaster in hoëpotensiaaltoestande. Vir groenmielies word dit teen 25-35 000 plante per hektaar aanbeveel.

Staatmaker geelbasters oortref jou stoutste verwagtings

PANNAR se geelbasterreeks met verskillende groeiseisoenklasse bied optimale risikoverspreiding. Die YieldBoost™- swamdoderspuitprogram is ʼn kostedoeltreffende bestuursinset wat die produksiedoeltreffendheid van die ultravinnige en medium-vinnige mieliebasters kan verhoog.

Die PAN 6Q-308B reeks mediumgroeiseisoenbasters vorm ’n gedugte pakket vir die hoof-geelmielie-aanplanting op droëland. Dit word vanjaar aangevul deur PAN 6Q-408B, waarin boere reeds sterk belangstel. In die ultravinnige reeks is PAN 3Q-740BR die toppresteerder onder besproeiing in die LNR se proewe. Die ultravinnige pakket word nou aangevul met ’n nuwe konvensionele baster:

PAN 3Q-222 (Nuut!): Hierdie baster presteer goed onder besproeiing in al die produksiestreke. Op droëland is dit goed aangepas vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal en dit moet teen ’n plantestand van minstens 15% hoër as die tipiese mediumgroeiers geplant word. Dit het ’n baie goeie staanvermoë en lewer hoëgehalte graan met ’n rooi kleur. Dis die ideale baster om in die toevlugsoord aan te plant. Die YieldBoost™- swamdoderspuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie.

Koring: Goed begin is oes gewin

PANNAR bied ’n volledige droëland-kultivarpakket vir die Vrystaat, asook twee nuwe wenner-besproeiingskultivars.

PANNAR se kultivars handhaaf die afgelope twee jaar uitstekende prestasie in die LNR-proewe in die verskillende produksiegebiede. Die twee nuwe lente-tipe kultivars, PAN 3471 en PAN 3478, vaar uitstekend onder besproeiing en gaan ’n omwenteling in die mark veroorsaak. Albei die kultivars het hulleself onderskei met hoë en stabiele opbrengste en beskik terselfdertyd oor goeie siektebestandheid, bak- en maalgehalte.

Dis beslis ’n wyse keuse in die besproeiingsboer se pakket:

PAN 3471 (Nuut!): PAN 3471 was die afgelope twee seisoene die toppresteerder in die LNR-Kleingraaninstituut se proewe vir vroeer plantdatums in die warmer streke, sowel as later aanplantingsdatum in die koeler streke.

PAN 3478 (Nuut!): Hierdie kultivar het ’n hoë opbrengspotensiaal onder besproeiing en is wyd aangepas. In die LNR-KGI se proewe vir die oostelike Hoëveld het PAN 3478 met sowel vroeë as later plantdatums oor die afgelope twee jaar koning gekraai.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Salmon-se-koei

Die-droom-is-’n-gesonde-sakebesluit