in

Kubota se L45 maak boere se lewe makliker

This post is also available in: English

‘n Staatmaker wat talle boere se taak ligter maak, is Kubota se veelsydige L39, wat volwaardige trekker, volwaardige laaigraaf en volwaardige trugrawer is. Opwindende nuus vir boere is dat die L39 nou ‘n groter, sterker boetie gekry het wat nog makliker werk, nog veelsydiger is en die boer se lewe nog makliker maak om selfs groter take aan te pak: Die gevorderde Kubota L45. Van voor tot agter en van bo tot onder is die Kubota L45 toptegnologie met die gevorderdste, maar betroubaarste, kenmerke. Kubota se suksesvolle hidrostatiese aandrywing (HST) het in die L45 nou ‘n Plus bygekry, wat eintlik vier plusse is, naamlik:

  • Hydro Dual Speed, wat beteken dat daar in die ry van hoë- na laestrek oorgeskakel kan word. Hierdie handige vermoë kan ook op outomaties gestel word, dan skakel die trekker vanself oor na laestrek wanneer meer krag benodig word en terug na hoëstrek wanneer dit nie meer nodig is nie.
  • Load Sensing, waarmee die trekker self voel wanneer die las skielik groter word en dan skakel hy Stall Guard in wat meer enjinkrag lewer sodat die enjin nie staak nie.
  • Met HST Response Control kan jy stel hoe vinnig en rats die trekker na vorentoe- en truskakeling moet wegspring – stadiger vir onervare operateurs en vinnig vir veterane.
  • Maar dit is nog nie al nie. Met Auto Throttle Advance kan jy die versneller aan die vorentoe- en trupedaal koppel sodat jy die spoed tydens laaigraafwerk maklik self kan beheer deur bloot die pedaal bietjie harder te trap.

Dit alles maak van die L45 ‘n volwaardige, nuttige trekker vir enige trekkerwerk op die plaas. Sy opsionele driepuntarms pas knus onder sy pens, sy hyser kan 1 250 kg optel en sy kragaftakker werk onafhanklik van enjinspoed sodat jy hom in die ry kan aan- of afskakel. Sy gevorderde viersilinderenjin lewer 33,6 kW met uitlaatgasse so skoon soos ‘n baba se gewete. Die L45 se laaigraaf lig ‘n volle 1 000 kg ‘n volle 2,893 meter hoog en sy arms is spesiaal ontwerp om die operateur ‘n onbelemmerde uitsig te gee. Sy hidrouliese pype is ook binne-in die arms versteek, anders as dié van sommige ander laaigrawe wat soos ‘n bondel ongebreide rieme rondhang om enige tyd aan enigiets vas te haak en te breek. Vir die boer wat slote of gate wil grawe, is die L45 se tru-grawer die perfekte arbeidbesparende oplossing, wat nog verder verbeter word met die trekker se kruipfunksie. Die L45 grawe 3 meter diep met ‘n wegbreekkrag van 25 892 Nm en ‘n laaihoogte van 2 319 m. Die ekstraswaardiensagteras en die hoogligstabiliseerders sorg dat die L45 stabiel bly en makliker grawe.

Vir die operateur is die L45 ‘n droom, want hy is spesiaal ontwerp vir gerief en maklike werking. Die modderskerms is uitgeskuif om die operateur byna 75 mm meer armruimte te gee en daar is armleunings vir nog groter gerief. Die L45 se dek is plat sodat die operateur maklik kan op- en afklim en alles wat hy nodig het om te weet word verstaanbaar en duidelik op die Intellipanel® vertoon.

Vir meer inligting oor Kubota se veelsydige nuwe L45, sowel as die ander voortrefl ike produkte in Kubota se reeks, praat met Deon Engelke by 011-284-2000. Besoek ook www.kubotasa.co.za vir meer inligting, en om te sien waar jou naaste Kubota-handelaar is.

KUBOTA.indd

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Skuif bale sonder sukkel met Kanna se baalwa

Stroperkoop: Belê só in ‘n goeie oes