in , ,

Kubota maak ’n plan

This post is also available in: English

“Dit gaan veral oor sy hyser en omdat hy so maklik kan draai om goed vas te vat en op te lig.”

“Hy lyk klein en lig, maar hy het baie meer perde onder die kap as wat ’n mens verwag.”

“Hy sleep die onkruiddoderkar sonder enige probleme, selfs teen opdraendes en kan gemaklik by die een ry uit en die volgende ry in beweeg.”

Dit is ’n paar van die eienskappe van Kubota wat verduidelik waarom boere in die verre noordelike dele van die land toenemend na dié oranje trekkerwerksmag kyk om veelsydige oplos-sings te bied.

Dries Erasmus van VK Trekkers en Implemente langs die Pietersburg-Louis Trichardt-pad sê: “Ons beste verkopers in die gebied is boordtrekkers soos die M8540-kajuittrekker en dan ook die L4100, asook ons gewone M8540 en M9540.

Boere in die streek wat Dries en sy span bedien, boer met ’n wye verskeidenheid produkte. Daar is sitrus-, avokado- en neutboorde, tamatie- en groentelande, soetrissies in tonnels, uitgestrekte aartappellande en natuurlik beeste.

Die veelsydigheid van Kubota se reeks trekkers beteken dat daar ’n oplossing vir elke plaas en elke soort boerdery is.

Dries sê in die nethuise word produkte al hoe nader aan mekaar geplant om meer rye in te pas en boere word gedwing om na al hoe kleiner trekkers en spuite te beweeg. Kubota se reeks boordtrekkers met hulle smal lywe is klein, maar hulle is regte trekkers en kragtig genoeg om die werk te doen.

Mannetjie Storm is een van die boere in die omgewing wat van Kubota-trekkers en Rowweterreinvoertuie gebruik maak vir ’n verskeidenheid werk op die plaas. Die drie M9540’s word in die ooplande gebruik vir spuit- en oeswerk en in die soetrissie-net-huise het die klein L4100 (38 kW) pas aangesluit by die M8540-kajuittrekker om die spuitwerk te hanteer. Volgens Mannetjie werk dit baie goed.

Dries sê: “’n Groot voordeel van Kubota is die hidrouliese natkoppelaar, die z-dryf aan die vooraste wat kleiner draaisirkels gee, die hoër grondvryhoogte, die hulpsilinders aan die kleiner trekkers se hysers vir swaar vragte en die waterlose Evans-stelsel wat die enjin vir ’n leeftyd skoon en korrosievry hou sonder enige vloeistofdruk in die stelsel.”

Boord- en wingerdboere vertrou reeds lankal op Kubota, maar selfs aartappelboere in die noorde begin ook verstaan wat die voordele van hierdie voortreflike trekkers is. Daan du Plessis plant aartappels in die verre noorde, naby die Limpoporivier, en hy sê hy gebruik sy M8540 se voorhyser om massasakke aartappels in die land te lig en te laai, en vir enige ander algemene sleep- en hyswerk op die plaas.

Volgens Dries is dit nie waar dit hoef te stop nie. “Ons kan aartappelboere help deur hulle sleepwatrekkers wat aartappels na die store vervoer, te vervang met natkoppelaartrekkers soos die Kubota M7040 en M8540 wat baie langer gaan hou, maar daar is ook die grootmeneer in die reeks, die M130X, wat baie doeltreffend en ekonomies werk vir hulle 4-ryplanters en groot uithalers.”

Die M130X het ’n 6,1-literenjin met regstreekse drukbuisinsputing en ’n turbo-aanjaer met interverkoeling. Dié kragman lewer 96,9 kW en 84 kW op die kragaftakker.

Dries sê nog ’n man wat ’n verskil kan maak op ’n aartappelplaas, is die M9540 met sy groot grondvryhoogte, wat baie meer bekostigbaar sal wees as ander trekkers in die klas en met boonop die voordele van die vol hidrouliese natkoppelaar, die kleiner draaisirkel en die voorgemonteerde hyser.

Die hele familie by VK Trekkers en Implemente, Dries en sy vrou, Hilda, hulle dogter Zilla Dercksen en die manne in die veld soos Chris Dercksen, Muis Thornhill en die tegniese man, Wimpie Venter, is geesdriftig oor Kubota se produkte en dit is geen wonder dat hulle onder een van die Top Tien Kubota-handelaars gereken word nie.

Dries sê: “By ons gaan dit oor diens. Die goeie verhouding wat ons met Kubota as verskaffer het, maak dit makliker om boere te help met die regte raad, diens en onderdele.”

Vir Kubota-planne in die noorde skakel VK Trekkers en Implemente by 082-941-0680 of besoek www.kubotasa.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is.

Met so ’n oranje vloot is Mannetjie Storm, een van VK Trekkers en Implemente se tevrede kliënte, gereed vir enige gebeurlikheid.
Met so ’n oranje vloot is Mannetjie Storm, een van VK Trekkers en Implemente se tevrede kliënte, gereed vir enige gebeurlikheid.
Kubota storm deur die noorde! Die Kubota M8540 en M108 wys wat hulle kan doen by ’n boeredag.
Kubota storm deur die noorde! Die Kubota M8540 en M108 wys wat hulle kan doen by ’n boeredag.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nuwe Global-reeks – Massey op sy beste

Staalboer: Damme en tenkstaanders vir die boer