in ,

Kubota: Die beste bloubessies kies die beste oranje trekkers

Die B2420 Kubota-modelle met hulle lae brandstofverbruik en operateursgemak maak Happy Lekabe, operateur en Andrew Blom, stoorman op Madikwe Berry, se werk baie maklik.

This post is also available in: English

Diep in die bos en na baie kilometer se grondpad na die Botswana-grens kry jy Madikwe Berry – ՚n nuwe ontwikkeling in die Dwaalboom-omgewing wat binnekort 50 hektaar bloubessies in tonnels gaan hê. Die projek het op 1 Mei 2017 afgeskop en daar is reeds 20 hektaar se rye en rye sakkies wat wag op die eerste oes in Augustus.

Francois Kriel is die projekbestuurder en een van sy eerste take was om ՚n geskikte trekker te kies waarmee met hierdie sensitiewe nisproduk geboer kan word.

“Die eienaars en aandeelhouers van Madikwe Berry is al drie groot ondersteuners van ՚n ander trekkerhandelsmerk, maar ek ken Kubota en het al met hulle gewerk, so ek wéét: Kubota is die geskikste trekker vir hierdie bedryf. Ons het toe op Kubota besluit,” sê Francois. “Die Kubota-agentskap in Brits, Maubra, het vir ons ՚n uitstekende pakket aangebied op die eerste vier B2420-modelle wat ons gekoop het.”

Die Kubotas ry tans die plantsakke heen en weer, snoeisels weg en word ook gebruik vir algemene skoonmaakwerk op die plaas. Tydens oestyd sal hulle spesiaal-ontwerpte waentjies in ՚n treintjie trek om die bessies na die pakhuise te vervoer. Die sanitasie-stasies moet ook saam met die werkers rondgetrek word sodat sindelikheid deurlopend toegepas kan word.

Madikwe Berry het aanvanklik vier B2420 Kubotas in ՚n baie bekostigbare pakket by hulle agent, Maubra, in Brits gekoop. Voor die gejaag van die oesseisoen gaan hulle nog trekkers aanskaf.

Die rye in die tonnels is 2 meter breed en die Kubotas se wielbuitemates is ՚n skamele 1,33 meter, wat die operateurs se werk baie maklik maak. ՚n Ander uitsonderlike kenmerk van hierdie Kubota-modelle is die nat koppelaar waarmee hulle toegerus is. ՚n Operateur kan stadig deur die rye ry en aanhoudend stop en ry sonder dat daar wrywing op die bewegende dele van die koppelaar uitgeoefen word. Dit verseker ՚n geweldige lang leeftyd op een van die mees sensitiewe onderdele van ՚n trekker. Verder is die draaisirkel van 2,1 meter ideaal vir binne-in ՚n tonnel werk.

 ՚n Bloubessie is ՚n baie gevoelige gewas. Dit moet een-een met die hand geoes word en ՚n plukker oes gemiddeld 15 kg per dag. Dit mag nie skud tydens vervoer of aan rook blootgestel word nie. Dit het vir alle praktiese doeleindes ՚n steriele omgewing nodig. Gelukkig is Kubota bekend vir hulle stil enjins wat die minimum vibrasie veroorsaak en die Vlak 3 uitlaatgas-enjins stel die minimum dampe en rook vry.

Francois het twaalf operateurs aan-gestel sodat elke trekker altyd ՚n drywer tydens die besige oestyd sal hê. Maar om die verantwoordelikheid vir ՚n voertuig tussen mense te verdeel is riskant. Kubota het daardie bestuursuitdaging aansienlik vergemaklik deur die twaalf operateurs deeglik deur hulle agentskap op te lei en aan elkeen ՚n sertifikaat uit te reik.

Kubota het ook seker gemaak dat die trekkers nie om ander redes staan nie. “Maubra het ՚n dienskontrak met ons wat in die koopkontrak ingesluit is. Die eerste diens op ՚n nuwe trekker is na 50 uur en daarna elke 250 uur. Wanneer die masjien sy dienstyd bereik, kontak ons hulle net en dan kom hulle uit,” sê Francois.

Francois Kriel, operasionele bestuurder by Madikwe Berry, kon nie anders as om Kubotas te kies vir hierdie delikate boerdery nie.

՚n Spesialisboer het ՚n spesialistrekker nodig. Kontak gerus vir Robert Keir by 011-284-2024 of stuur ՚n e-pos na robertk@smithpower.co.za om meer uit te vind. Die Kubota-agente in Brits, Maubra Utlility Products, kan by 079-890-4438 of 076-600-3091 gekontak word.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ProAgri 229

Valtrac se Terradisk en APV bly ’n bobaasspan