in ,

Kry slaankrag teen peste met Amazone se UF-spuite

amazone

This post is also available in: English

“Kies die spuit wat by jou boerdery pas,” is Dewald te Water van die plaas Schurvekop by Bethal se raad aan boere. In sy geval was die keuse die Amazone UF 1801-driepuntspuit met sy FT 1001-kleinboet wat voor op die trekker gedra word.

Daar is wye hektare wat op Schurvekop gespuit moet word. Mielies, sojabone en droëbone word afwisselend geplant. Dewald sê hy het al selfaangedrewe hoogloopspuite gebruik en daar is niks fout met hulle nie. Met die Amazone UF-kombinasie het hy egter dieselfde kapasiteit as met ’n selfaangedrewe spuit, maar hy kan twee spuit-trekkerkombinasies koop vir die prys van een en dan het hy trekkers beskikbaar vir ander werk in tye wanneer oesbeskerming nie plaasvind nie.

Daar is nou drie Amazone-spuitkombinasies op die plaas en die spuitprogram word so gereël dat daar altyd een spuit beskikbaar is om gou ontplooi te word in ’n kritieke tyd.

“Dit gee ’n mens gemoedsrus om te weet jy kan enige situasie hanteer,” sê Dewald. “As jy regtig ’n probleem het, het jy slaankrag nodig.”

Voordele van die abbaspuite

Die spuit en sy bykomende tenk word knus teen die trekker gemonteer, wat dit baie maneuvreerbaar maak, wenakkerruimte bespaar en netjies in die skuur laat pas. Tog, buite in die land kan die UF 1801 sy 24-meter wye vlerke sprei om wyd en vinnig te spuit.

Dewald sê dit is nie ’n probleem om 120 tot 130 hektaar per dag met een spuit te dek nie. Die balk se hoogteverstellings laat jou toe om van vooropkoms tot saad egalige toediening toe te pas.

Hy het ook afgesien van die gebruik om dwars of skuins oor rye te beweeg wanneer daar gespuit word, want benewens die plante wat beskadig word, trap dit spore uit wat tot verspoelings kan lei. Sy plantrywydte is 52 cm en die trekker loop in die spore tussen die rye.

Die spuit se beheerstelsel en al die tegnologiese funksies skakel uitstekend in by sy John Deere-trekkers vir volledige presisiebeheer. Die balk het vyf seksies wat afsonderlik aan- of afgeskakel kan word. Dit help jou om tot op die soom van die land akkuraat te spuit sonder om duur gifstof te vermors.

Dewald sê die spuit is baie gebruikersvriendelik en met die diensondersteuning van die plaaslike AFGRI Meganisasie-tak op Bethal was daar geen probleem om die operateurs op te lei om dit vinnig baas te raak nie. Die kalibrasie is elektronies en moet net een keer per seisoen nagegaan word.

Die spuit het sy eie mengbak wat gemaklik uitvou en die enigste tyd wat ’n werker die spuitstof hanteer, is wanneer hy dit in die bak giet. Vandaar word dit in die groot tenk agter en kleiner tenk voor ingesuig. Die handewastenk is reg bo die mengbak. ’n Skoonwaterbak is voor teen die tenk gemonteer en kan vanuit die kajuit beheer word om die tenk skoon te spoel wanneer spuitstof deur die dag ver van ’n waterpunt met ’n ander soort vervang moet word.

Amazone-spuite se tenks is liggewig, stewig, sonligbestand en het ’n gladde netjiese afwerking binne sodat dit maklik en behoorlik uitgewas kan word.

Dewald te Water van Schurvekop by Bethal sê met die Amazone UF 1801 het hy die slaankrag wat hy nodig het om peste te bestry wanneer dit nodig is.

Dra voor vir balans

Die bykomende 1 000 liter-tenk voor op die trekker, saam met die groot 1 800 liter-tenk agterop, plaas die spuit in die kapasiteitskategorie van ’n 3 000 liter-hoogloop- of -sleepspuit, maar met die voordeel van kleiner draaisirkels en laer koste.

Nog ’n voordeel van die voorste FT 1001-tenk is dat die gewig altyd eweredig versprei is. Geen neusgewigte is nodig nie en met Amazone se slim FlowControl intelligente volumebestuur is daar altyd optimale gewigsverspreiding tussen die twee tenks.

Daar is dus beter balans teen skuinstes, gemakliker vastrap in nat toestande en gepaardgaande brandstofbesparing.

Dienslewering

Falcon is die verspreider van Amazone se produkte in Suid-Afrika en ’n wye handelaarsnetwerk sorg vir flink, tydige dienslewering. In Dewald se geval bied AFGRI op Bethal se mense die nodige ondersteuning. Hy sê dit is duidelik dat hulle goeie opleiding ontvang het oor die spuite en hy weet die werkswinkel is net ’n oproep ver indien dit nodig sou wees.

Vir meer inligting, skakel 033-330-4764, e-pos info@falconequipment.co.za, besoek www.falconequipment.co.za of gaan klop aan by jou naaste Falcon-handelaar.

Die mengbak swaai uit vir gemaklike toegang en die handewaskraan is gerieflik naby.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dow AgroSciences vir mielieboere: Begin reg met SureStartTM

wol

Wolmark styg