in ,

Kry die beste by PIC: Wêreldleier in varkgenetika

PIC, ՚n wêreldleier in varkgenetika, word in Suid-Afrika bestuur deur Alzu Pig Genetics. PIC is ՚n internasionale maatskappy met teelkuddes op meer as 600 plekke, oor ses vastelande in veertig lande. Meer as 150-miljoen varke word elke jaar verkoop as deel van PIC se netwerk. Benewens die verskaffing van teeldiere, verskaf hulle ook semen aan varkboere.

Varkboere in Suid-Afrika kan soggies, bere en ook semen van uitnemende genetiese gehalte by hulle aankoop.

PIC het die grootste stal van top genetiese terminale beerlyne, insluitend die PIC 800 (Duroc), die PIC 337, (՚n saamgestelde ras) en die PIC 410 wat geteel word uit die PIC 337 en die Duitse Petrain. Aan die moederlyn-kant is die PIC Camborough, ՚n kruising tussen die Landras en die Grootwit.

Marguerite Schwarzer in die middel saam met haar span by PIC se standplaas by NAMPO.

“Tepeltelling op sôe het mettertyd toegeneem en namate ons sôe met meer tepels selekteer, het die aantal op elke sog toegeneem,” sê Marguerite.

Verhoudingsgebaseerde genomiese seleksie is in 2013 ingestel om die geboortegewigte, asook die aantal varkies wat per werpsel gebore word, te verhoog. Dus is daar nou ՚n positiewe korrelasie tussen geboortegewig en werpselgrootte. Varkies wat swaarder is met geboorte, groei beter en het tot gevolg dat minder voorspeens doodgaan, asook beter groei en voeromset.

“Ons is verheug om terug te wees by NAMPO-park en ons is trots daarop dat ons ՚n rastentoonstelling kon aanbied by ons standplaas van ons eie lewende diere,” verklaar Marguerite.

By NAMPO het PIC by hulle standplaas ՚n spesiale aanbod gehad wat vyf soggies en ՚n beer teen ՚n buitengewone lae prys ingesluit het. Dit was slegs beskikbaar vir klante wat hulle standplaas op NAMPO kom besoek het.

NAMPO-gangers kon ook voordeel trek uit die varkie-snuisterye wat vir die eerste keer ooit, te koop aangebied was. “Om vanjaar die PIC-varkkompleks by NAMPO park te borg was ՚n groot eer,” spog Marguerite.

Om met PIC in aanraking te kom, gaan na hulle webwerf by www.picrsa.co.za, waar jy ook varke en semen kan bestel. Bykomende inligting kan verkry word deur ՚n e-pos te stuur na info@picrsa.co.za.

Kyk die volledige video ProagriMedia:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BRAZGrass: Weiding is wins

AGCO beweeg nader aan die boer