in ,

Agri Frequencies: Kristaltegnologie – Bestry pesdiere sonder gif

Nektariens vir die uitvoermark mag geen merkies ophê nie en daar is streng beheer op gifstofneerslagvlakke. Agri Frequencies se kristaltegnologie kan daarmee help.

This post is also available in: English

“Enigeen is welkom om hier te kom kyk. As jy dorp toe ry, sien jy net spreeus. Hier by my op die plaas is daar nie so ’n probleem nie,” sê Arno Vlok van die Wes-Kaap.

Arno boer met tafeldruiwe en nektariens by Riebeek-Kasteel. Voëls is een van sy uitdagings, witluis is ook ’n knaende pes en nog een is blaaspootjies.

“Blaaspootjies is seker die insek wat die meeste skade in die wêreld veroorsaak. Op die steenvrugte maak hulle merkies en versilwer die vrugte. Naby oestyd kan ’n mens ook nie spuit nie.”

Hierdie uitdagings het Arno genoop om vir die afgelope dekade en langer na alternatiewe oplossings te soek as om net gif te spuit. Aanvanklik het hy saam met mense van Potchefstroom gewerk en toetse gedoen met frekwensies, maar so twee jaar gelede het hy ’n advertensie van Jan du Plessis van Agri Frequencies gesien wat bekostigbare, praktiese oplossings aangebied het.

Hy sê al verstaan hy nie presies hoe dit werk nie, verstaan hy wel die konsep van kwantumfisika en die feit dat plante en diere op frekwensies reageer.

“Ek het die hele pakket geneem vir my boorde en wingerde. Dit beteken dat ek gereeld goeie foto’s van insekte en voëls wat pla van my selfoon af deurstuur na Jan toe. Hy gebruik die koördinate van die spesifieke boord waar die probleem is en die inligting op die foto’s en binne enkele dae is die probleem opgelos,” verduidelik Arno.

Hy sê hy volg steeds ’n spuitprogram, maar al hoe minder insekdoder word op sy plaas gebruik. Arno beveel aan dat boere wat dit nie glo nie ’n visuele toets doen met iets soos voëls wat lastig is.

“Ek het nektariens naby ’n dam en daar is klein voëltjies wat die blommetjies eet. Na die frekwensiebehandeling was daar 90% minder skade as vorige jare.”

Hy sê die Riebeek-wynkelder het byvoorbeeld ’n probleem met bosduiwe gehad, maar die frekwensie-behandeling het ook daar bewys dat dit werk.

“Ek sou nie daarsonder kon boer nie,” sê Arno.

So werk dit

Jan du Plessis van Agri Frequencies sê hy en sy broer, Willem, het die afgelope 25 jaar navorsing gedoen en die Prosesse ontwikkel om natuurlike kristalfrekwensies te gebruik om insekte en klein diere soos rotte, voëls en jakkalse te beheer.

Kristalle bevat ’n natuurlike frekwensie en gee pieso-elektrisiteit af; dit word gebruik om kwartshorlosies en -radio’s mee aan te dryf. Hierdie kristalle kan ook ander werk doen soos om teenfrekwensies te stuur om insekte en klein diere te dood of verjaag, of dit kan ingespan word om plante te stimuleer vir beter groei. Die dier of plant se eie frekwensie word gebruik as grondslag.

“Ons gebruik die gekoppeldheidsbeginsel van kwantumfisika om op enige plek in die wêreld doeltreffend te kan werk. Wanneer twee voorwerpe op ’n kwantumenergievlak gekoppel is, kan hulle enige afstand van mekaar af wees en wat met die een gedoen word, gebeur onmiddellik met die ander een.”

Hy sê kristaltegnologie maak van twee verskillende apparate gebruik. Eers word die frekwensies met behulp van ’n kwantumskandeerder gekopieer in die kristalpoeier in. Daarna word die frekwensiegelaaide kristalpoeier met behulp van ’n kwantumsender met die teikengebied gekoppel en gelaat om die werk te doen vir 12 maande. Aparte kwantumsenders word vir elke toepassing gebruik.

“Om ’n teenfrekwensie te ontwikkel, gebruik ons ’n foto van die organisme en kopieer sy eie frekwensie uit-fase na die kristalmedium vir gebuik in die kwantumsender. Die frekwensies word nie beperk deur mure of strukture nie en werk selfs onder die grond om insekte en rotte te dood.”

Agri Frequencies het ook ’n eenvoudige toets ontwikkel vir boere wat seker wil maak die fekwensies is aktief op die plaas. Dit behels ’n halwe teelepel sout in ’n botteltjie water wat in die teikengebied geplaas moet word. Die water sal fyn borreltjies maak.

Voordele vir boere

Die frekwensies is natuurlik en kan geen ander spesies soos bye of insekvretende insekte benadeel nie. Daar is geen neerslag wat uitvoere kan raak nie. Vir ’n minimale betaling per hektaar kan ’n boer onbeperk foto’s deurstuur en die voordele geniet van tot ’n 90% besparing op sy gifrekening!

Frekwensies het ’n wye reeks toepassings en kan ook gebruik word om watergehalte te verbeter. Die toepassings sluit in:

  • Onbeperkte insek- en swambeheer.
  • Verjaag of dood plaagdiere soos jakkalse, voëls en rotte.
  • Plant- en grondstimulering vir beter voedingstofopname.
  • Verbeterde gehalte en raklewe van vrugte en groente.
  • Groter droogtebestandheid vir plante, deur waterstrukturering binne die plant wat dan 30% minder water benodig.
  • Rypbeskerming tot -6˚C.

Hierdie is die eerste in n reeks van ses artikels oor Agri Frequencies se dienste en produkte. Die reeks word ook op www.proagri.co.za gepubliseer. Kry meer inligting op www.agrifrequencies.com. Om deel te word van die gifvrye wenproses stuur n satellietfoto van jou plaas na info@agrifrequencies.com of skakel Jan du Plessis by 082-429-4055.

So lyk van die foto’s wat Agri Frequencies gebruik om die regte teenfrekwensies te formuleer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

John Deere: Dit gaan oor mense

Wat is my regte as werkgewer en hoe pas ek dit toe?