in ,

KragDag bied weer baie blink planne

This post is also available in: English

Merk solank die kalender vir 9 tot 11 Augustus 2018 wanneer hierdie jaar se KragDag-skou net buite Pretoria plaasvind. Met meer as 350 uitstallers en 30 seminare gaan jy verseker kan kies en keur tussen al die oplossings om minder afhanklik te raak van Eskom se kragvoorsiening (en onderbrekings!).

Daar word ook aandag gegee aan baie ander planne om meer selfstandig en gesond te lewe. Die temas sluit in: alternatiewe energie, opvoeding en opleiding, veiligheid, water- en riooloplossings, elektriese voertuie, volhoubare boumetodes, voedselproduksie, lewensveranderende nuwe tegnologie, gemeenskapsamewerking en selfdoenplanne.

Die hoofborg van die geleentheid is AfriSake en hulle is ook betrokke by die aanbieding van ekonomiese en geldelike vryheidsmodelle.

Alles is nie net ernstige sake nie. Daar is heerlike vermaak en bedrywighede waaraan groot en klein kan deelneem en natuurlik is daar genoeg pannekoek, sosaties, soetgoed en drinkgoed soos by enige ordentlike fees.

Toegang is GRATIS as jy vooraf op die KragDag-webwerf, www.kragdag.co.za, registreer. As jy nie ‛n registrasiebewys het nie, is die toegang R80 vir volwassenes en gratis vir almal onder 18.

KragDag vind plaas by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria, naby die N4-deurpad.

WEN ‘n yskas met KragDag en ProAgri

’n Kragbesparende yskas van 170 liter wat met 12 of 24 volt werk, is in die spel. Besoek ProAgri se uitstalling by NAMPO in die Hinterlandsaal en skryf in of gooi jou sakekaartjie in die boks om deel te neem. Die prys word deur Sonman geborg; bel hulle by 012-734-4355.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die Meganisasiegids sorg vir harmonie op die plaas

Bonnox hou ook beeste uit!