in

KragDag 2019 – die Doen-jou-eie-ding-ekspo kry ’n landbou sub-ekspo

This post is also available in: English

Die KragDag ekspo, waar jaarliks ’n groot verskeidenheid selfstandigheidsoplossings uitgestal word, bied van 2019 af, in samewerking met TLU SA, ook ’n landbou sub-ekspo tydens die drie dae van die ekspo aan.

15 700 mense het by Sakeliga KragDag 2018 kom kyk na oplossings wat hulle self kan implementeer om hulle meer bestand te maak teen uitdagings op ’n wye spektrum van lewensterreine, wat veral die gevolg is van staatsfalings en -vergrype. Dit sluit dinge in soos beurtkrag, watertekorte, veiligheid, tegnologie, konstruksie, opvoedkunde, voedselproduksie, entrepreneurskap, gesondheid en ekonomie en finansies.

Met sy Doen-jou-eie-ding leuse het KragDag ’n baie praktiese ingesteldheid en moedig die ekspo mense aan om innoverend te bou aan ‘n volhoubare selfstandige vrywees lewe.

’n Landbou sub-ekspo was vir ooglopende redes ’n logiese toevoeging tot die ekspo. Binne die konteks van kleiner-area boerdery in die Gauteng omgewing, sal dit fokus op presisie en intensiewe boerdery praktyke wat waarde bied vir die klein- sowel as kommersiële boer en die benadering met die ekspo kan saamgevat word in die terme volhoubaar, intensief, presies, tegnologies innoverend en slim!

Afgesien van die 350 bestaande KragDag uitstallers, word voorsiening gemaak vir ’n bykomende 125 landbou uitstallings en ’n propvol program met sprekers, bekendstellings, demonstrasies en kompetisies oor veeteelt, akkerbou, ander minder bekende boerderygeleenthede en aktuele sake. Die mikpunt is om hierdie geleentheid, met sy spesifieke fokus, te ontwikkel in die toonaangewendste landbou-ekspo in die Gauteng omgewing.

KragDag 2019 vind op 8-10 Augustus plaas op die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

Bron: KragDag en TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

One Comment

Leave a Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

wool

Wolmark styg

ProAgri

ProAgri 226