in ,

KragDag 2018: Doen dit self!

This post is also available in: English

Sorg vir jouself en sorg vir die planeet. Dit was die boodskap van KragDag 2018 wat by Diamantvallei oos van Pretoria gehou is. 15 700 mense het vanjaar die skou bygewoon.

In die aanbiedings is daar baie gesels oor geldbestuur en sake-ontwikkeling. Die praatjie van dr Francois Durand, dier- en plantkundige van die Universiteit van Johannesburg, het veral aandag getrek. Hy het gesels oor die eetbare tuin en hoe om die beginsels van selfonderhoud by kinders te vestig.

Hy sê dit is te danke aan landbou dat beskawings soos dié van die Egiptenare en Romeine ontstaan het. “Met die ontwikkeling van sosiale stratifikasie, oftewel die spesialisering van werk, word landbou in die onderste twee vlakke van die piramide geplaas, maar sonder daardie vlakke sal die hele piramide omtuimel.”

Hy sê in Suid-Afrika het landbouers veral ’n moeilike taak, want hulle moet voedsel voorsien aan die 1,3-miljoen staatsamptenare! Elke kommersiële boer in Suid-Afrika sorg vir 1 500 mense. Die gemiddelde boer in Europa sorg net vir 26 mense.

“Ons het lankal nie meer voedselsekuriteit in ons land nie en dan besoedel ons nog die hulpbronne ook.”

Dr Durand se raad aan mense is om inheems te plant, eetbare of vrugdraende plante in die tuin te vestig, diere soos hoenders en hase selfs in die stede aan te hou en om jou bes te probeer om jou kinders nie aan gifstowwe bloot te stel nie.

Sake-ontwikkeling en ondernemerskap op sy beste. Die twee jongmanne, Cloete Oosthuizen en Adriaan Riley, vorm ’n skaapskeerspan wat veral die kleiner boere rondom Pretoria help om hulle skape te skeer en die wol mark toe te stuur. Hulle kan saam tot 120 skape per dag hanteer.
Die netjiese BMW i3 is suiwer elektries en kan so 280 km ver ry voordat die batterye herlaai moet word. Die beweging van die wiele help ook om die batterye te laai.
Oor die elektriese JOLT wat spesiaal as plaasbakkie ontwikkel is, het ProAgri in die NAMPO-uitgawe berig. By KragDag het Jaco Pieters ook sy kleinboet-motorfiets vertoon.

Die betroubaarste en skoonste energiegebruiker bly miskien die ossewa wat ons voorvaders die binneland ingedra het. Die huis-op-wiele was ’n tegnologiewonder op sy tyd.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

NMR Engineering: Hanteer jou vee maklik

Plant- en diereproduksie: Frekwensies bied verantwoordelike beheer