in ,

Kontraskotteleg: Agrico se HSD werk vining en doeltreffend

Eben en sy seun, Benro, is baie tevrede met die veelvuldige voordele wat Agrico se HSD het.

This post is also available in: English

Boerderygenot is wanneer jy na ՚n werktuig soek om ՚n bepaalde taak te verrig en dan een kry wat jou stoutsteverwagtinge oortref en dan nog baie goedkoper as sy mededingers is. Agrico het hierdie driekuns vervolmaak met die HSD (hoëspoeddis). Eben Botha boer in die Harrismithomgewing.

Hy plant mielies en sojabone in wisselbou en suikerbone op klein skaal. In die winter word sy Beefmasters en SA Vleismerinos op die lande gejaag om die lae gehalte suurveldweiding met oesreste aan te vul. Die gebruiklike werkswyse op Eben se plaas is om die mielie-oesreste of kalk in te dis voor die tandbewerking, maar die werktuig het nie na wense gewerk nie. Die dis los ՚n harde blad waar hy gewerk het, wat nie voldoende water indringing toelaat nie.

Eben wou ՚n werktuig vind wat ՚n dubbelbewerking kan doen – hy moes stoppels inwerk en ՚n netjiese saadbed voorberei. Soos enige moderne boer het Eben na ՚n vibreertipe spoedeg op YouTube gesoek, waar hy op Agrico se HSD afgekom het. Dit het nie die grond so erg gemeng soos die ander tipes nie.

Na ՚n bietjie navorsing en rondbel na ՚n ander tevrede boer, het Eben vir Agrico gekontak. Hy het sy viermeter HSD eers laat in die seisoen gekry en trouens sommer die een gekoop wat Christo Hepburn van Agrico op sy plaas kom demonstreer het. Daar was nog ՚n klein stukkie land om te bewerk en die HSD is ingestel om te laat waai…

As sy diepte reg gestel is en hy teen die regte spoed werk, sorg die kontraskottels dat alles gebeur net soos Eben dit wil hê.

Eben het Agrico se werktuie die eerste keer beproef met hulle T800-skeurploeg wat hy in primêre bewerkings gebruik. “My buurman was baie ingenome met die T800 se prys en werking en ek het toe in 2017 een gekoop wat vir my doeleindes geskik is.” In April verlede jaar het hy sy tweede een gekoop.

Nadat die HSD in die grond gesteek is, was dit een heerlike afdraende pad. “Daar is ՚n groot verbetering in die manier hoe die HSD die grond bewerk. Die twee rye kontraskottels sny die mieliestoppels in klein stukkies net bo die wortels af en bêre ՚n gedeelte netjies onder die oppervlak sodat dit mooi vinnig verrot. Dit meng ook die natter grond deeglik met die dieper droër grond. Daar word nie ՚n blad gelaat nie, en dit maak die grond ‘sponserig’ wat jou sommer uitnooi om te plant. Die roller agter se dwarsstawe is in ՚n v-vormige spiraal wat die regte grootte kluite los en grond en fyn onkruid in die lug gooi en meng.”

Eben span ՚n 104 kW trekker voor sy viermeter HSD in en moet teen 10,5 kilometer per uur en 10 cm diep vir saadbedvoorbereiding werk. Om die oesreste in te werk, kan hy teen 12 km per uur en 15 cm diep werk. Die werktuig word op die driepunt gedra maar die diepte word maklik en akkuraat met die roller verstel. Hy werk wyer en vinniger, in ‘n hoër rat, teen laer toere (1800 tot 2000) as voorheen en spaar so baie diesel. Eben kan nie wag om te sien hoe die HSD sy volgende land se kalk gaan inwerk nie…

Eben kon vanjaar ՚n moeilike land met groot sukses plant, te danke aan Agrico se HSD.

Koop Suid-Afrikaans. Dit is goedkoper en ontwerp vir Afrika. Skakel vir Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of stuur ՚n e-pos aan Alfred.andrag@agrico.co.za om meer oor Agrico se raakvatprodukte uit te vind.

Besoek ons by NAMPO: Standplaas: A10 & A11

Agrico gebruik die jongste tegnologie in hulle produkontwikkeling. So lyk ՚n spanningontleding op die raam van die HSD 630.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

droogte

Santam, in samewerking met Agri SA, gee hoop aan droogte-geteisterde Sutherland-gemeenskap

Firestone: Verlengde waarborg skep reddingsboei vir boere wat noustrop trek