in ,

Knikker peste uit met Swartland Spuitpompe se RS 3000

Sarel Swart, Marna de Vries en die RS 3000-spuit by NAMPO Kaap.

This post is also available in: English

Swartland Spuitpompe vervaardig en versprei ’n reeks hoëgehalte waaierspuite vir gebruik in wingerde en vrugte-, neut- en sitrusboorde.

Sarel Swart het die maatskappy in 1991 in Franschhoek begin toe hy sy eie RS reeks-spuite vervaardig het en onderdele en spuite begin invoer het deur Teyme en Solteka in Spanje. Al die spuitpompe is vir swaar diens gebou en maklik om te versien. Dit is ook vervaardig vir Suid-Afrikaanse omstandighede en is beskikbaar in 250-, 500-, 1 000-, 1 500-, 2 000-, 3 000- en 4 000-litermodelle.

“Die gaping wat Sarel in die mark raakgesien het, is om gehalte masjiene aan boere te lewer,” sê Marna de Vries van Swartland Spuitpompe.

Die RS 3000 sitrusspuit se toring word binne 30 minute op of af verstel sodat die spuit vir normale blaarvoeding en ander spuitprogramme gebruik kan word. Die spuit se 915-mm waaier kan op lae of hoë spoed gestel word en sodoende brandstof bespaar. Die spuit is toegerus met ’n 260 ℓ/min Comet-pomp en reguleerder. Dit is vervaardig om tussen 750 tot 12 000 liter per hektaar te spuit deur middel van 50 spuitkoppe op die vier meter hoë vlekvryestaaltoring.

Die spuit is so ontwerp dat dit teen ’n spoed van tot 7 km/u kan spuit waar die terrein dit toelaat. Hy is 4,7 m lank en 1,8 m breed en het groot bande om die minimum grondverdigting te veroorsaak.

Die koeëlvormige tenk is ontwerp om die minste skade aan vrugte aan te rig terwyl die spuit deur die boord beweeg. Die boer kan kies tussen waaiers vanaf 765 mm tot 1 050 mm en tenkgroottes van 1 000, 1 500, 2 000 en 3 000 liter.

Vir meer inligting oor Swartland Spuitpompe, kontak hulle by 021-876-3510 of stuur n e-pos na rasc@adept.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.swartlandspuitpompe.co.za.

Swartland spuitpompe

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

new holland

New Holland bied aan: Die soetste stroper en die taaiste trekker

CLAAS

CLAAS laat wêreldrekord spat!