in ,

Knikker mieliepeste uit – Pannar® loods ‘n nuwe insekbeheeroplossing: POWERCORE

Konvensionele bastermielies tentoongestel by Pannar se NAMPOuitstalling.

In die oorlog teen peste en plae wat mielies bedreig, staan die boer nie alleen nie. Pannar is trots daarop om boere te ondersteun en saam met hulle te werk om die winsgewendheid en groei van hulle boerderye te verseker.

Niemand verstaan die belangrike en uiteenlopende rol van die boer so goed soos Pannar nie.

 John Odendaal, nasionale bemarkingsbestuurder van Pannar, sê: “Na drie jaar is dit baie lekker om uiteindelik weer terug by NAMPO te kan wees, om skouers te kan skuur en boere van nuwe ontwikkelinge te vertel. Ons is trots om as medewerkers boere by te staan om hulle ondernemings uit te brei. Saam voed ons ՚n nasie en help ons om ՚n nalatenskap vir toekomstige geslagte daar te stel.

 “Dit is vir ons by Pannar belangrik om uitstekende advies aan boere te gee, gegrond op elke boer se unieke behoeftes. Ons is ‘n verhoudingsbesig heid, beide intern, tussen ons en ons span, maar meer belangrik – tussen ons en ons kliënte.

 “Ons is ook baie trots om vanjaar PowerCore™-tegnologie aan boere bekend te stel,” vertel John. PowerCore is ‘n hoëprestasie-, insekbestande saadeienskap wat mielies doeltreffend beskerm teen vernietigende bogrondse lepidoptera-plae soos die Afrikamieliestingelboorder (Busseola fusca) en Chilo-boorder (Chilo partellus).

Hierdie plae kan beduidende gewasskade en daaropvolgende produksieverliese veroorsaak.

 “PowerCore™-tegnologie bestaan uit drie verskillende Bacillus thuringiensis (Bt) proteïene, wat elk die insekte anders teiken en daardeur grootliks bydra tot die uitbreiding van die duursaamheid van die tegnologie,” verduidelik John. Die PowerCore™-tegnologie verleen ook onkruiddoderweerstand teen glifosaatonkruiddoders. Hierdie uitsonderlike eienskapstegnologie, wat goeie insekbeskerming met groter opbrengspotensiaal kombineer, is nou beskikbaar in Pannar se portefeulje van hoë-opbrengsgenetika.

 “Ons glo daar is geen plaasvervanger vir ons voetspore op ՚n plaas nie – ons streef daarna om jou vertroue te verdien deur persoonlike diens- en waardetoevoegingsprogramme aan jou te bied wat jou opbrengs en winsgewendheid sal maksimaliseer,” sluit John af.

Om meer uit te vind oor Pannar se produkte en hoe hulle jou kan bystaan om die beste kultivarkeuse te maak, kontak hulle by 033-413-9500. Besoek ook hulle interessante en insiggewende webwerf by https://www.pannar.com.

Kyk die volledige video ProagriMedia:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

ProAgri SA 268

MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP SE 16de PRODUKSIEVEILING ‘n SUKSES