in

Kirsten Broers lewer puik werktuie presies volgens jou behoefte

This post is also available in: English

Werksvreugde en vakmanstrots is die grondslag van die wye reeks nommerpas landbouwerktuie wat Kirsten Broers landwyd aan tevrede boere voorsien.

Kirstenbroers se tapkarre, verskillende soorte sleepwaens, skottelêe, skeurploeë, wipbakwaens, skrapers en ander werktuie word presies volgens die boer se behoefte ontwerp en vervaardig.

Dis nie, soos met vele ander vervaardigers, ’n kwessie van koop-wat-ek-op-die-rak-het nie. Nee, elke boer is welkom om sy presiese behoeftes met Nicolaas Kirsten te bespreek en uiteindelik uit te stap met ’n werktuig wat nommerpas daaraan voldoen.

’n Paar van Kirsten Broers se opwindende produkte is:

Veesleepwa

Nicolaas boer self met Bonsmara’s en daarom is Kirsten Broers se veesleepwa presies volgens die veeboer se behoefte ontwerp en gebou.

Die wa het ’n opening reg bo die laaivlak sodat mis en urine maklik uitloop en sodat dit sonder moeite na gebruik skoongespuit kan word.

As gevolg van slim ontwerp en die regte soorte materiaal is die wa self lig en sleep maklik, maar tog kan jy 12 verse van tot 266 kg elk met gemak oplaai. Op- en aflaai is maklik met twee stewige skuifhekke: een agter en een aan die bestuurder se kant van die sleepwa.

Die disselboom bout vas sodat daar nie sweisplekke is wat dalk kan kraak nie. En as jy nou regtig dom genoeg is om jou sleepwa se disselboom met ’n knipmesbewe­ging te beskadig, kan jy bloot ’n nuwe een bestel en aanbout.

Die sleepwa het inloop- remme, stewige ligte, ’n noodwiel en is so bekostigbaar, jy sal op jou rug val as jy die prys hoor.

Kirsten Broers vervaardig ook gewilde hidrouliese wipwaens vir die vervoer van klip, gruis, sand en graan in groottes van 6 tot 12 kubieke meter. Hulle is so ontwerp dat jy ’n hele string agtermekaar kan haak en soos ’n trein kan sleep.

Landskaaf

Veral besproeiingsboere wil soms groot lappe aarde gelykmaak en daarvoor is Kirsten Broers se landskawe die perfekte antwoord. Die grootste model se lem is 1,1 meter hoog en 5 meter lank en jy moet net keer of hy maak sommer gou van die Vallei van Duisend Heuwels ’n Springbokvlakte.

Die landskaaf se lem is van slytbestande Bennox SS10/200-staal gemaak om baie lank te hou. Met laserbeheer is gelykmaak ’n eenvoudige taak en met Kirsten Broers se gehalte en ontwerpvernuf kan jy verseker wees dat jou werktuie jou nooit in die steek sal laat nie.

Vir meer inligting oor hoe Kirsten Broers jou werktuigbehoeftes kan vervul, skakel Nicolaas Kirsten by 082-678-0082 of 053-207-0293.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Claas-is-baas-op-Lichtenburg

Staalmeester-kerf-sy-pad-oop