in ,

Valtrac stel bekend: Kuhn FB 3100-reeks rondebalers

Kies Kuhn vir jou koeie

Valtrac stel bekend: Kuhn FB 3100-reeks rondebalers

This post is also available in: English

As jy tussen 400 en 500 ton hooi per jaar baal, wil jy nie sukkel nie. Douglas en Isabel Dickson van Lydenburg het besef hulle kan nie langer produktief boer met die klein blokkiesbale wat hulle al die jare gemaak het nie. Hulle het so 380 koeie in melk en die koeie moet van die plaas af gevoed word. Goeie gehalte gras en lusern wat as deel van Douglas se biologiese program op die plaas geplant word, vorm die grondslag van die voeding. Wat nie bewei word nie, word gebaal. Douglas sê soms wen die kikoejoe die koeie en dan moet dit ook gebaal word.

Valtrac het ’n demonstrasie van die nuwe vastekamer Kuhn FB 3135 groot rondebaler op die plaas gehou. Douglas sê daar was ’n paar dinge wat hom van die begin af beïndruk het en gesorg het dat die baler net daar bly:

Werkspoed:

Douglas sê hy baal sommer nou so in die namiddag agt tot tien hektaar teen ’n gemaklike werkspoed met sy 105 kW-trekker. Hy het onlangs ook by Valtrac ’n 8-tol Pöttinger-snyer en –kraghark gekoop en nou sny en hark hulle op een dag, en die volgende middag, as die hooi genoeg gedroog het, kom hy deur met die baler. “Vroeër moes ’n mens altyd fyn beplan, die weer dophou en klein stukkies op ’n slag doen. As ek nou sien die weer gaan opsteek en die hooi is gesny, is daar nog genoeg tyd om eers die werk klaar te maak,” sê Douglas.

Netjiese net:

Isabel sê sy is die groot skoonmaker op die plaas, maar op ’n manier beland daar altyd stukkies baaltou in die koeie se voer en dit kan tot groot skade lei. Met die Kuhn FB 3135 word elke baal in sy eie netlaag toegedraai en dit gebeur nie meer dat daar tou in die middel van ’n baal beland nie.

Douglas sê die net mag dalk ’n fraksie meer kos as baaltou, maar op die ou end is jou skade minder. Daar kan tot 400 bale uit een rol toegedraai word, so dit is nie nodig om te stop en net in te voer terwyl jy  besig is nie. Dit is ook moontlik om te stel hoe styf jy die baal toegedraai wil hê of met hoeveel lae net. Sy masjien is gestel op twee en ’n kwart draaie en dit voldoen heeltemal aan hulle vereistes. In die winter het die Dicksons ook mense in die Tzaneen-omgewing bygestaan met bale en Douglas sê soos die bale hierdie kant op die trok gelaai is, so het dit ander kant aangekom: Netjies en heel!

Maklike onderhoud:

Met die nuwe selfsmeertegnologie is onderhoud van die masjien veel makliker as vantevore. Douglas sê daar is twee of drie ghriespunte waaraan jy aandag moet gee, maar dit is ’n skrale minuut se werk.

Dienslewering:

Met die aankoop van die Pöttinger-toerusting het Douglas reeds die voordele van Valtrac se legendariese dienslewering begin geniet, en die aandag wat hy van Valtrac se mense met betrekking tot die baler ontvang verstom hom. Hulle het nie net die masjien afgelaai nie, maar seker gemaak alles is

reg ingestel en werk mooi. Douglas sê hy het ’n bietjie gesukkel om die beheerpaneel baas te raak, maar Devin Dedwith het hom elke keer mooi oor die foon gehelp en nou is dit maklik.

“Valtrac se mense van Middelburg kom maak gereeld ’n draai as hulle in hierdie omgewing is net om seker te maak alles is reg. Hulle gee regtig om,” sê hy.

Bestel jou Kuhn-baler by Valtrac. Kontak Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting.

Douglas en Isabel Dickson van Lydenburg sê met die nuwe Kuhn FB 3135-baler op die plaas is hulle voervoorraad reg vir nog ’n winter!

Voordele van die Kuhn FB 3100-reeks

  • Die nuwe FB 3130-, FB 3135- en FB 3135-BalePack is ontwerp om buitengewone digte bale, selfs in moeilike omstandighede, te lewer.
  • Die FB 3135-modelle is ten volle geoutomatiseer met ISOBUS-stuurbeheer en kontroles vanuit die kajuit.
  • Optimale inname van materiaal met ’n nokbaan-opteleenheid van 230 cm wyd. Daar is 5 rye optellers.
  • Snywerk geskied deur die gepatenteerde Integral Rotor Technology met 14 of 23 lemme. Hidrouliese rotorbeheer en ’n valbodem sorg dat blokkasies nie die werk tot stilstand dwing nie.
  • Die vastekamer het 18 rollers om die perfekte baal te vorm en die stertklap lig en sluit outomaties binne 4,5 sekondes.
  • Breë bande: 555R22.5

Die gepatenteerde Integral Rotor Technology is so ontwerp dat die materiaal ’n baie kort afstand het om te beweeg van optel tot invoer, wat sorg vir goeie vloei.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri Gauteng skou stu opkomende landbou

Veeboere: Kanna bespaar tyd, geld en arbeid