in , ,

Kenners verkies Bonnox

’n Wildsplaasoord lyk net meer afgerond en professioneel met ’n Bonnox-wildsheining.

This post is also available in: English

Wildstropery is ’n groot probleem in die Laeveld en ’n groot gedeelte van ’n boer se sekuriteitsbegroting gaan in sy eerste linie van verdediging – sy grensheining.

Die bekende Mabalel-wildsplaasoord teen die N4, oos van Nelspruit, het ook hulle kwota wildstropery agter die blad. “Ons plaas se draad is al honderde kere geknip,” sê Billy Botha. Hy en sy pa, Raymond, is die eienaars van die oord en Billy staan aan die stuur van sake.

Hulle was verplig om ’n doeltreffende oplossing vir die draadknippery te vind, maar gelukkig ken hulle die draadbedryf. “My pa het ’n draad- en spykerfabriek gehad, my een vriend het ’n draadspanonderneming en die ander een is in die konstruksiebedryf. Ons het voorheen Bonnox op die plaas gehad en almal was dit eens dat ons weer Bonnox moet span,” sê hy.

Raymond het Bonnox se fabriek in Sunderland Ridge regstreeks gebel en ’n prysberaming gekry wat baie laer as die plaaslike oprigters s’n was. Hulle het ’n vragmotor gestuur om die rolle Bonnox te gaan laai. Die projek het drie maande gelede begin en ’n kontrakteursvriend, wat reeds ervaring in Bonnox-oprig het, het hulle ’n baie redelike prys gevra om die oprigting te doen. Bonnox is so eenvoudig en maklik om op te rig dat hy nie anders kon nie. Die omheining is 1,8 meter hoog en 2,6 km heining is rondom die oord gespan.

Op Mabalel loop daar goue wildebeeste, blouwildebeeste, blesbokke, wit blesbokke, rooibokke, swart rooibokke, sebras, njalas en volstruise. Om doodseker te maak dat hulle heining ekstra stewig is het hulle elke vyf meter ’n y-paal ingeslaan in plaas van die gebruiklike tien meter. Staalpype is vir die stut en hoekpale geplant.

Om verder te verseker dat hulle en hulle wild elke aand rustig kan slaap, het hulle die Bonnox heining aan die bo- en onderkant met ’n elektriese draad afgerond.

“Ons is baie ingenome met Bonnox se produk en diens en het tot dusver geen probleme gehad nie. Ons het onlangs ’n inbraak gehad, maar die diewe het besluit om eerder deur ons hekke te knip en die Bonnox-heining te laat staan,” sê Billy.

Bonnox beteken gemoedsrus. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, of stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za.

 

Net oos van Nelspruit, teen die N4, is daar ’n reusagtige rots met groot wit letters bo-op, wat Mabalel uitspel. Dit is ’n ou bekende landmerk en baie gewilde kuierplek vir Laevelders. Dit is onlangs in ’n wildsoord omskep waar goue wildebeeste, blouwildebeeste, blesbokke, wit blesbokke, rooibokke, swart rooibokke, njalas, sebras en volstruise wei. Billy Botha is die trotse bestuurder en hy het onlangs die hele oord met Bonnox toegespan.

Die wit blesbokke, volstruise en sebras op die Mabalel-wildsplaas is veilig en lyk heel tevrede agter die Bonnox-wildsheining wat hulle teen wildstropers beskerm.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bonavide: Akkurate beelde help jou om die beste oes te behaal

Trekkerverkope daal vir November