in ,

Kanna man dan nie skaapwerk makliker maak nie?

Kanna se goedkoper wolperse pers wol net so doeltreffend as hulle outomatiese model.

This post is also available in: English

Beter, makliker, gouer, meer doeltreffend en bekostigbaar – dit is die mikpunte van Kanna, die vernuftige ontwerper en vervaardiger van toerusting wat die boer se werk flink laat vlot, sy lewe makliker en sy boerdery meer winsgewend te maak. Dit is ook geen wonder nie, want al Kanna se planne kom so reg van die plaas en praktiese boerdery-omstandighede af.

Die boere praat en Kanna luister. Daarvan getuig hulle nuwe, meer bekostigbare model wolpers vir kleiner skeerhuise waarvoor Kanna se ten volle outomatiese model ’n bietjie te gevorderd is.

Die nuwe model is met net soveel sorg ontwerp en vervaardig en pers wol net so doeltreffend as die gevorderde model, maar dit is goedkoper omdat die mens ’n bietjie meer van die werk doen en die masjien ’n bietjie minder. Dit is in twee weergawes beskikbaar: Elektries-hidroulies (3 tot 4 bale per uur) en hand-hidroulies (2 tot 3 bale per uur). Die outomatiese model pers maklik 6 bale per uur, maar is ’n bietjie duurder.

 Al die modelle werk maklik omdat die penne nie deur die wol gesteek hoef te word nie, maar bo die wol, en staan op wiele sodat dit enige plek kan werk. Almal pers die wol ewe stewig om besparings op baalsakke en vervoer te bewerkstellig. Die goedkoper modelle het nie skale nie, maar dit kan opsioneel ekstra bestel word.

Kalmeer en beheer skape

Skaapwerk is kinderspeletjies met Kanna se skaapvervoerband.

Om skape te doseer, te mikskeer en af te tas is nou die maklikste werk op aarde… te danke aan Kanna se skaapvervoerband. Die vervoerband is op wiele sodat dit agter ’n bakkie of trekker gesleep kan word en enige plek kan werk. Dit word voor aan die drukgang geplaas en òf elektries òf van ’n trekker se hidrouliese stelsel af aangedryf.

Dit bestaan uit twee vervoerbande in ’n V-vorm wat die skaap netjies van sy pootjies af lig en sagkens, maar onverbiddelik, vorentoe beweeg. Beheerknoppe is byderhand sodat die vervoerband se spoed verstel kan word of sodat dit gestop kan word wannneer nodig. ’n Netjiese raamwerk hou die doseermiddel en pype sodat dit nie op die rug gedra hoef te word nie.

Die skaapvervoerband bespaar hope tyd, moeite en arbeid en help die boer om sy werk gou en doeltreffend af te handel sonder oormatige spanning vir die skape.

Kanna vervaardig ook spesiale wolbakke en ’n vindingryke ronde wolklastafel wat kan draai sodat ’n mens op een plek kan staan en werk.

Vir meer inligting oor Kanna se werktuie wat die boer se lewe makliker maak, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of stuur n e-pos aan willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannaindustries.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bestuur arbeid met die oog op volhoubaarheid

Feedtek: Maak wins met eie voermengsels