in , ,

Jupidex Geo Spread bestuur elke korrel

This post is also available in: English

“Ek het nog nooit weer oorvleuelstrepe op my lande gekry nie.” Francis Pratt boer buite Bredasdorp en hy het die twyfelagtige voorreg om te spog dat hy die platste en die heuwelagtigste lande in die Overberg op sy plaas het.

Dit het in die verlede beteken dat hy maklik tussen 7% en 10% te veel kunsmis tussen die noue kontoere op sy heuwelagtige lande vermors het. “Ek onthou in sekere gevalle waar ek 120 kg kunsmis per hektaar begroot het, maar op die ou end het ek agtergekom dat daar minstens 170 kg kunsmis vir elke hektaar deur die strooier is,” sê hy.

Hy het besef dat dié verliese ’n behoorlike strooier regverdig en het ’n noukeurige strooierstudie aan die gang gesit, want hy wou presisiebeheer oor elke korrel hê.

Die raakskerm in die trekker se kajuit wys duidelik waar daar reeds op die land gestrooi is en noukeurige seksiebeheer word toegepas. Die weegselle onder die strooier se bak wys ook presies hoeveel kunsmis oor is.
Die raakskerm in die trekker se kajuit wys duidelik waar daar reeds op die land gestrooi is en noukeurige seksiebeheer word toegepas. Die weegselle onder die strooier se bak wys ook presies hoeveel kunsmis oor is.

Die resultaat van sy studie het op Jupidex Geo Spread strooier gewys wat Flip Groenewald van Kaap Agri in Bredasdorp aan hom bekendgestel het. “Ek het vir Francis die Trimbal Versa GPS-stelsel bykomend ingesit sodat hy die strooier vanuit die kajuit op ’n skerm kan beheer,” sê Flip. Francis het die masjien in April ontvang en reeds ongeveer 3 500 hektaar se voorsaaibemesting en naopkomsbemesting op sy kanola, gars, hawer en koring geplaas. Francis het spesifiek ook ’n strooier gesoek waarmee hy kan saai en soos enige goeie boer het hy eers presies bepaal wat die saadneerslag gaan wees. “Ek het ’n paar plastiekbakke in die 20 meter spreiveld en op die oorvleuelingslyn geplaas. Nadat die strooier oor die land is, kon ek in elke bak tussen 29 en 31 garssaadjies tel!

Flip Groenewald, Kaap Agri se bemarkingsbestuurder in die Bredasdorparea, en Francis Pratt, eienaar van die plaas Moddervlei, Elim en The Berrio wynhandelsmerk, by sy Jupidex Geo Spread-strooier en New Holland wat met sy “Speedshift”-funksie die strooier sonder moeite teen die steiltes kan uitdra.
Flip Groenewald, Kaap Agri se bemarkingsbestuurder in die Bredasdorparea, en Francis Pratt, eienaar van die plaas Moddervlei, Elim en The Berrio
wynhandelsmerk, by sy Jupidex Geo Spread-strooier en New Holland wat met sy “Speedshift”-funksie die strooier sonder moeite teen die steiltes kan uitdra.

“Omdat my lande so steil is, benodig ek tussen 93 en 101 kW vir my strooier wat ongeveer 2,6 ton kunsmis in sy bak van 3 000 liter dra,” sê Francis. “Ek probeer ’n gemiddelde spoed van tussen 10 en 12 km/u handhaaf.” Die strooier kan sy strooibaan meter vir meter vernou soos die GPS die kontoere lees, of waar daar reeds gestrooi is.”

Vir die boer wat wil hê dat die rand van sy land soos ’n tafel moet lyk, kan jy die strooier se grensfunksie aktiveer om die kunsmis teen ’n bepaalde kurwe aan die een kant uit te sprei vir daardie netjiese reghoekige afwerking. Nadat jy jou strooibehoeftes en die soortlike gewig en korrelgrootte van die kunsmis vir die strooier ingelees het, stel dit self die hoek van uitswaaiborde en die loopspoed. Soos die strooier deur die kontoere beweeg, gesels die Isobus-stelsel aan die strooier met die GPS om elke vierkante meter met presies dieselfde hoeveelheid kunsmis te bestrooi. Die dae van vinne stel is vir goed verby met hierdie uitmuntende werktuig.

Alhoewel Francis verkies om net 30 meter wyd te strooi, kan die strooier ’n 44 meter breë strook dek. Die masjien waarsku selfs die operateur as daar geghries moet word.

“Doeltreffendheid, kostebesparing, betroubaarheid en akkuraatheid is die vier eienskappe waarvoor ek gesoek het. Nou het ek dit gevind. My verliese het gedaal na een persent op hierdie ruwe streke en ek kan nou minstens ’n kwart van my voormalige strooityd vir ander belangrike werk aanwend,” sê Francis.

Vir meer inligting, skakel vir Frankie Joubert 072-725-7757, 033-386-3574 of stuur vir hom ’n e-pos na frankie.joubert@jupidex.co.za. Die Jupidex-webwerf, www.jupidex.co.za bied ook baie nuttige inligting oor Jupidex se wye reeks werktuie.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Só moet ‘n man mos baal! Met McHale en Jupidex aan jou kant

Saag en benut bates beter