in

Jongste produksieskatting vir somergewasse

This post is also available in: English

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 10,561 miljoen ton gestel, wat 0,48% of 50 690 ton meer is as die vorige skatting van 10,510 miljoen ton.  Die skatting van die oppervlakte onder mielies is effens afwaarts aangepas met 1 300 ha na 2,301 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,59 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 16% kleiner as die 2018-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 79% van die 2019-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is met 200 ha verhoog na 1,298 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak verlaag met 1 500 ha na 1,002 miljoen ha.

Die produksieskatting van witmielies is 5,221 miljoen ton, 1,31% of 67 640 ton meer as die 5,153 miljoen ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van witmielies is 4,02 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,340 miljoen ton, wat 0,32% of 16 950 ton minder is as die 5,357 miljoen ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van geelmielies is 5,33 t/ha.

Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die LNR vir die Mpumalanga provinsie, in April 2019 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes-provinsies in Mei 2019. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 563 590 ton.  Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 515 350 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,09 t/ha is. Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,276 miljoen ton.  Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 730 500 ha en die verwagte opbrengs is 1,75 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 20 100 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 20 050 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,00 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is 163 400 ton, wat 2,97% of 5 000 ton minder is as die 168 400 ton van die vorige skatting.  Die oppervlakteskatting vir sorghum is 50 500 ha, en die verwagte opbrengs is 3,24 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 70 950 ton.  Die oppervlakte beplant met droëbone is 59 300 ha, en die verwagte opbrengs is 1,20 t/ha.

Die derde produksieskatting vir somergewasse vir 2019, sal op 25 April 2019 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

rain

Nog ‘n bietjie reën word in Maart en begin April voorspel

Produsente aangespoor om waaksaam oor wurm-plae te wees