in

Jongboere word toegerus om buite die plaashek te dink

This post is also available in: English

Weke se harde werk lê voor vir 28 jongboere wat gekeur is om vanjaar aan Syngenta se Graanakademie deel te neem. Die akademie word in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool met die ondersteuning van Graan SA aangebied.

Dit is die sewende jaar dat die program aangebied word en die studente is op 12 Februarie by hulle eerste werksessie in Pretoria verwelkom.

Abraham Vermeulen, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika sê: “Die landbousektor en die land  benodig landbouers wat toegerus is om die uitdagings en geleenthede wat veel verder as die plaashek strek, te hanteer.”

“Die Graanakademie is gegrond op Syngenta se oortuiging dat die toekoms van landbou aktief gevorm moet word. Om dit reg te kry wil ons graag ons deel doen om jong kommersiële boere toe te rus en te bemagtig om hulle invloed uit te oefen op kwessies soos grondhervorming en voedselsekuriteit, om só by te dra tot die toekoms van landbou,” sê Abraham.

Die leerplan sluit onderwerpe in soos die kuns om mense deur nuwe uitdagings en veranderings te lei en hoe om landbou se rol binne die groter sake-omgewing te rig.

Jannie de Villiers, die hoofuitvoerende beampte van Graan SA het die groep, wat die hele spektrum van gewasproduksie in Suid-Afrika verteenwoordig, verwelkom en gesê die grootste risiko vir elkeen se toekoms is om niks te doen nie.

“Kry jou voete nat, loop deur die rivier, ons benodig nuwe oplossings vir landbou,” sê hy.

Deon Barnard, die adjunk-direkteur van die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool, het gesê dit is nie meer goed genoeg om net ‘n goeie produsent te wees nie, boere moet ook in die breër konteks ‘n rol speel in kwessies wat landbou raak, soos droogte, slegte paaie, arbeidswette en nuwe tegnologie.

Hy sê: “Die program gaan jou dwing om na jouself in die spieël te kyk. Jy moet eers volwasse genoeg wees om jouself te hanteer voordat jy die kompleksiteit van die omgewing om jou kan hanteer.”

Deon sê hulle ontvang elke jaar meer as ‘n honderd aansoeke vir die akademie en die studente gaan deur ‘n streng keuringsproses.

Elke student het ‘n lywige handleiding ontvang om deur te werk en hulle gaan van nou tot in Junie drie gesamentlike sessies hê waartydens hulle ook in groepe opgedeel word om deur tawwe sake soos voedselsekuriteit, eiendomsreg en ekonomiese groei te worstel.

 

What do you think?

3 points
Upvote Downvote

Total votes: 3

Upvotes: 3

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

SmartTouch: Valtra se slim beheerarm reik na ryk oeste

Scania

Scania help die boer om ’n plan te maak