in ,

John Deere verras saaiboere met hulle FX-planter

John Deere
’n John Deere FX-planter vreet hektare teen 14 kilometer per uur op terwyl dit die saad en kunsmis met dodelike akkuraatheid neersit.

This post is also available in: English

Faan Nel is ’n tweedegeslag boer tussen Bothaville en Wesselsbron. Hy gebruik al John Deere-planters en -trekkers sedert die vroeë tagtigerjare. Vandag boer hy skouer aan skouer met sy seun, Aser. Pa en seun verstaan dat daar deurlopend vernuwings in die boerdery moet kom. Faan en Aser se vorige planter was ’n John Deere 1750-sesry wat hulle reeds kon toelaat om hulle boerderystelsel te herontwerp, maar toe die drie 16-ry FX-planters op die plaas aankom, het die spelreëls dramaties verander.

“Hierdie is die tweede seisoen wat ons met die 16-ry FX-planters plant en ons kan nie dink dat ons ooit anders kon boer nie,” sê Aser.

Aser noem ’n hele rits voordele van die FX op:

“Die FX kan die korrelkunsmis bandplaas, wat ons opbrengs aansienlik verhoog het. Die vorige planters se kunsmisplasing was nie so akkuraat nie en die mielieplante was baie onegalig. Die FX se kunsmisplasing is ook baie konstant. Die nuwe kunsmiskouter wat ingesit is, help dat die kunsmisvoor so gesny word sodat die kunsmiskorrels presies 50 mm weg van en 50 mm onder die saad geplaas word,” sê hy.

Die saadeenheid en kunsmisplaser is saam aan die paralleleskakeling van die planter gemonteer en werk soos ’n eenheid saam. Dit beteken dat die afstand tussen die kunsmisband en die saad altyd dieselfde bly, maak nie saak hoe die planter oor ongelykhede beweeg nie. Daar is dus geen wisseling in kunsmisdiepte nie.

“Ons plaas ’n gedeelte van ons kunsmis voor planttyd. Ons haal dan die FX-planter se kunsmistenk van die planter af en monteer dit bo-op ons grondbewerker wat die rye skoonmaak en ’n saadbed maak. Dit stel ons in staat om ’n bewerking en die eerste kunsmisplasing in een beweging te doen.”

JOhn Deere
Die kunsmis word vir elke ry met ’n wurm uitgemeet en dan met lug na elke kunsmisplaser geblaas. Sodoende word die kunsmis presies toegedien, selfs al wip of kantel die planter.

Die FX plaas die kunsmis en saad baie akkurater as hulle vorige planters. “Wat ek van die FX se uitmeetmeganisme hou, is dat elke ry se kunsmis op sy eie uitgemeet word. Ek het met die fisiese kalibrasie gevind dat daar nie meer as 4% verskil tussen al die kunsmisplasers is nie!” sê Aser.

Die planter se kunsmistoediening kan in die ry verander word. Aser kan nou die kunsmis en saad wisselend plant. “Met ons presisieboerdery help dit baie, want nou kan die planter op die hoëpotensiaaldele van die lande, of waar die vog beter is, meer saad en kunsmis plaas. Die operateurs het baie gou en maklik geleer hoe die planter werk. Aser lees die kaarte in en die trekkerbestuurders doen alles wat verder nodig is met gemak. Soos met ander boere, word Faan en Aser se plantvenstertydperk al hoe korter. Hulle gunstigste planttyd is tussen 15 November en 15 Desember.

“Vanjaar het ons reën eers begin Desember gekom, maar met die spoed en tegnologie van die FX’e kon ons steeds 15 Desember klaar plant. Die tegnologie het ons toegelaat om snags ook te werk.”

Die trekkerbestuurders kon ‘blind’ ry deur net op die monitor te kyk, wat elke moontlike planterfunksie voorstel. Elke afsonderlike ry kan ook dopgehou word. Daarmee saam het die 24/7 bystand van SENWES dit nog makliker gemaak. “Een nag het ons hulle 23:00 gebel vir raad,” sê Aser.

Die FX’e kan ook vinniger na die reën in die land kom. “Die planter maak ons bestuur baie makliker. Met die presisieboerdery word die planter nou in ons beplanning voor die tyd in ag geneem om die saad en kunsmisbestellings te doen. Met die samevoeging van die kaarte en die planter weet jy presies hoeveel jy gaan plant,” sê Aser.

“Wat baie lekker van die FX-planter is, is die wydte wat jy kan werk. Met ons sandgrond is jy altyd baie bekommerd oor verdigting, maar met die breë planter los jy baie minder bane op die land, wat ’n baie positiewe invloed op die opbrengs het.”

John Deere
Faan Nel (regs) en sy seun Aser is hoogs tevrede met die mielies wat met hulle John Deere FX-planter geplant is.

Aser en Faan word gedwing om die spoorverkeerroete op hulle lande te volg, omdat die trekkers nie in die nat sandgrond of bewerkte grond kan ry nie. Hulle presisieboerdery gebied dit ook. Hulle het die twee planterkarretjies agter die trekkerwiele uitgehaal wat hulle FX-planters dan effektief 14-ry planters maak. Die planters se balke is 12,2 meter wyd, wat mooi saam met die spuit se balk van 24 meter en die stroper se plukkerkop van 12,2 meter werk. Hulle gebruik ook baie minder arbeid en brandstof as in die verlede. Die Fxplanters hanteer en draai ook makliker as die voriges.

“Ek was aanvanklik bekommerd dat dit moeilik sou wees op die kleiner lande, maar alhoewel die planter baie breër is, draai hy kort en die wenakker het dieselfde lengte gebly. As jy uit die land ry, lig die vleuels op sodat dit in die draai nie teen die grond of walle stamp nie. Voorheen moes Aser en Faan met ’n klomp kleiner planters plant. Dit was net te duur om ’n RTK- (Real Time Kinetics) -bestuurstelsel in elke trekker te sit. Nou is elke trekker daarmee toegerus, wat die hele plantproses baie meer produktief en akkuraat maak soos hulle volgens die GPS plant.

“Die onderhoud aan die FX-planters is minimaal. Elke oggend moet die belangrikste punte, soos die kouters en saadbakke, deurgegaan word en die ghriespunte geghries word. As die planter voor die seisoen sorgvuldig deurgegaan word, is daar baie min breuke en bitter min probleme,” sê Aser.

John Deere
Elke moontlike funksie van die FX-planter word op die monitor in die trekkerkajuit gewys, sodat daar snags met ’n geruste hart geplant kan word.

Aser en Faan se FX-planters het ook seksiebeheer wat in drie seksies verdeel is. Dit skakel afsonderlik af soos daar skuins na die einde van ’n land beweeg word. Die planter sluit ook af as die planter buite die grenslyn van die land of plaas beweeg. Faan en Aser plant tans net mielies met die FX-planters, maar hulle beplan om in die toekoms ook soja te plant.

Dit is baie maklik om die planter te verander vir ’n ander tipe saad. Slegs die saadplaat word omgeruil en jy kan voor die tyd die bak en die saad wat jy wil plant na SENWES toe neem sodat hulle met hulle kalibrasiemasjien al die verstellings bepaal en aan die boer deurgee.

Jou plaas het John Deere FX-planter broodnodig. Skakel vir Kevin Lesser by 082-807-2603 of 011-437-2600 vir meer inligting of e-pos LesserKevinJohn@JohnDeere.com.

JOhn Deere
Wessel Visagie, heelgoederebemarker van SENWES Wesselsbron; Aser Nel, boer, en Philip du Plessis, verkoopstreeksbestuurder van John Deere, kan breed glimlag voor die eenvormige plaat mielies wat met FX-planters geplant is.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Undercover Farming: Verhoog jou produksie en gehalte

Kanna se werktuie maak boerdery maklik