in ,

John Deere spog met sy grootste en beste: Die splinternuwe 9R-trekkerreeks bied meer krag, beter tegnologie en gemak

This post is also available in: English

Nommerpas! John Deere het ‘n nuwe reeks trekkers ontwikkel wat spesifiek ontwerp is vir boere om meer doeltreffend te werk, tyd op die land te ten volle te benut en opbrengste te verhoog. Die nuwe 9R-reeks is John Deere se grootste, sterkste en mees tegnologies gevorderde trekker in die wêreld.

Die reeks spog met al die 9R-spesifikasies en is die enigste trekkerreeks op die mark wat ‘n keuse van gewone wiele (9R), twee rusperbande (9RT) en vier rusperbande (9RX) bied. Met hierdie verskeidenheid opsies kan ‘n boer enige soort grond met gemak en akkuraatheid bewerk.

Met hierdie gevorderde kragreus bewerk die  boer grond meer doeltreffend in minder tyd, wat bedryfskoste aansienlik verlaag – dit alles in ‘n groter en gemakliker kajuit. Wat meer wil jy hê?

Die enjinkrag van John Deere se nuwe 9R-reeks staan terug vir niks. Die reeks se John Deere PowerTech™ 13,6ℓ- enjin lewer ‘n kragtiger uitset en betroubaarheid en bied van 291 tot 440 kW met uitmuntende brandstofdoeltreffendheid en betroubare werkverrigting.

Hierdie prestasie word moontlik gemaak deur drukbuisinspuiting teen ‘n ekstra hoë druk en ‘n hidroulies aangedrewe waaier.

Die 13,6ℓ-enjin lewer 13,5% meer krag as die 13,5ℓ-enjin en 3% meer brandstofdoeltreffendheid, 50% minder geraas, ‘n 27% verbetering in herstelbaarheid en 13% vermindering in onderhoudskoste.

Die nuwe 9R-reeks is ontwerp om die boer se uitmergelende dagtaak makliker te maak. daarvoor sorg nommerpas operateursgemak. Die geriefliker kajuit bied meer kopruimte, groter inklimruimte, ‘n groter geïntegreerde yskas, nuwe sitplekopsies, aanraakskerm, radio en selfs ‘n rusplek vir jou voete.

Alle 9R-reeks trekkers bied die opsie om tussen ‘n Sellect, Premium of Ultimate kajuitpakket te kies.

John Deere se ontwerpers besef dat die boer dikwels van voor sonop tot lank na sononder werk, daarom is die 9R-reeks se kajuite ontwerp om dag en nag die beste sigbaarheid te verseker. Hierdie nuwe sigbaarheidpakkette bestaan uit drie keuses wat bykomende beligting, sonskerms en kamera-opsies insluit om gemak te verseker gedurende lang werkure, ongeag die tyd van die dag of nag.

Met die nuwe 9R-reeks sal jy altyd al jou take tydig afhandel danksy die verhoogde maksimum ballas, ontwerp vir maksimum trekkrag en doeltreffendheid van die aandrywing. Maar wat beteken dit vir jou as boer? Verminderde wielglip, verhoogde krag by die trekstang en, beste van alles, verhoogde produktiwiteit.

Om die operateurs op koers te hou, is die nuwe 9R-reeks toegerus met ‘n vierde generasie Command Center, AutoTrac-aktivering, JDLink™, en ‘n splinternuwe geïntegreerde StarFire 6000-ontvanger.

Die JDLink™-verbinding verseker dat die 9R gereed is vir aksie sodra hy die fabriek verlaat. JDLink™ bied ook aan boere John Deere Connected Support™, wat vroegtydig foute opspoor en waarskuwings uitstuur om seker te maak die trekker werk sonder onderbreking. Raadpleeg jou John Deere-handelaar oor JDLink ™ en draadlosetegnologiegoedkeurings.

Die StarFire™ 6000 geïntegreerde ontvanger is ontwerp om opstellingstyd te verminder deur die kalibrering van terreinkompensasiemodules (TCM) uit te skakel.

Met ‘n afname in die laaitye en die afstand-aflaai van sagteware, verkry jy meer akkuraatheid en beheer. Alle ontvangers is volledig versienbaar en opgradeerbaar vir nuwer generasies.

Die 4600 CommandCenter™ Automation Activation 4.0 rond die unieke geïntegreerde tegnologiese funksies netjies af.

Die volgende presisietoepassings plaas die nuwe 9R-reeks aan die voorpunt van landboutegnologie:

  • AutoTrac™ draai-outomatisering
  • AutoTrac™ werktuigleiding (passiewe leiding)
  • Gen 4 Machine Sync™
  • Seksiebeheer
  • AutoPath
  • Die deel van data op die land

Alle geïntegreerde tegnologie is saamgestel vir die land waarin dit gebruik word, afhangend van die vereistes in die land en voorafgaande goedkeuring deur John Deere. Kontak jou John Deere-verteenwoordiger vir meer inligting oor beskikbaarheid.

By John Deere verstaan ons dat doeltreffendheid, produktiwiteit en uiteindelik winsgewendheid die kern van elke volhoubare landbouondernemingis. Die opgegradeerde 9R-reeks is toegerus om enige uitdaging wat jy op die land ondervind die hoof te bied, en is die perfekte oplossing om waarde aan boere te bied.

Waarom jou sukses uitstel? Kontak of besoek vandag nog jou naaste handelaar om die verskillende opsies wat die splinternuwe 9R-reeks trekkers aanbied te bespreek. Boer meer produktief, doeltreffend en gemaklik.

John Deere – Glo in Meer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Voorkom en beheer veldbrande 2: Brandbeskermingsverenigings

As jy fluks vooruit wil boer …Word deel van die Massey-familie