in ,

John Deere skitter by NAMPO 2022

John Deere se uitstalling by NAMPO 2022 was weer eens iets om te sien. Van ՚n trekker wat onderstebo hang tot die bekendstelling van die reusagtige X9-stroper.

John Deere se konstruksietoerusting het ook vanjaar die heel eerste keer op NAMPO ՚n verskyning gemaak. Hierdie geel John Deere-bulle word ook nou landswyd deur John Deere-agente en -handelaars verkoop en gerugsteun.

John Deere se doel is om om te sien na die boer en sy boerdery.

Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere in Afrika en die Midde-Ooste, se beleid is om tot die beste van hulle vermoë aan boere te bied presies wat hulle nodig het.

Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere in Afrika en die Midde-Ooste sê: “Met al die uitdagings en hoë insetkostes vandag, is dit vir ons belangrik om na die behoeftes van die boer te luister en daarna om te sien. Wat is dit wat die boer benodig en wat kan ons vir boere bied? Ons is deurlopend op soek na vernuwende maniere om boerdery te vereenvoudig.

“Toe ons in Oktober 2021 ons beplanning vir NAMPO gedoen het, was ons mikpunt om NAMPO op sy kop te draai, toe is die idee gebore om ՚n trekker letterlik op sy kop te draai. Ons wil boere verseker dat al staan jou trekker op sy kop, kan ons gekwalifiseerde John Deere-tegnici steeds na hom kyk,” vertel Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder vir John Deere Suid Afrika.

Die reusagtige John Deere X9- stroper van voor.

“By John Deere hardloop ons, sodat julle, ons boere, vorentoe kan spring.”

Die grootste John Deere-stroper op die vasteland

John Deere se stropers het die afgelope dekades diep spore in die Suid-Afrikaanse landbou getrap. Tydens die 54ste NAMPO-oesdag vanjaar het John Deere die reusagtige en indrukwekkende X9 1100-stroper bekendgestel.

Janalize van Buuren, direkteur van John Deere se Naverkope en Kliëntediens.

“՚n Span van meer as 100 ingenieurs en spesialiste werk sedert 2016 aan die ontwerp van hierdie stroper. Die reuse stroper kan tot 200 ton mielies per uur stroop en 100 ton sagtegraan per uur. Die stroper het ՚n 13,6-liter enjin en die graantenk se inhoud is 16 200 liter. Die dieseltenk van die stroper hou 1 250 liter sodat jy lekker lank kan stroop voordat dit nodig is om vol te maak,” sê Jan Kühn, produkspesialis van John Deere.

Jan Kühn, John Deere-produkspesialis vanaf Zweibrücken, Duitsland, by die enorme X9-stroper.

Boere kan nou hulle John Deere-onderdele aanlyn koop

Vanuit ՚n meganisasie-oogpunt is John Deere toegewyd daartoe om voortdurend strategieë te identifiseer en toe te pas om te verseker dat hulle hulle verlangde doelwit bereik om John Deere-klante en boere ՚n voorsprong te gee.

Die onderstebo trekker by John Deere se uitstalling tydens NAMPO het besoekers behoorlik aan die gons gehad.

“Met die uitdagings die afgelope twee jaar is talle alternatiewe planne in plek gestel om steeds ons boere te ondersteun en by te staan,” vertel Janalize van Buuren, direkteur vir Kliënte- en Naverkopediens vir Afrika, die Midde-Ooste, Indië en die Stille-Oseaangebied. “Onder meer ons aanlynplatform vir die koop van onderdele, wat boere in staat stel om 24 uur ՚n dag, onderdele aanlyn te bestel, hetsy egte John Deere-onderdele of alternatiewe onderdele vir ouer modelle. Een van die groot redes is omdat ons almal weet dit is waarheen alles beweeg en die gerieflikheid daarvan vir die boere. Gaan aanlyn, kliek en bestel, en ons lewer die onderdele op die plaas af.

Waarom jou sukses uitstel? Kontak of besoek vandag nog jou naaste handelaar om die verskillende opsies wat John Deere aanbied te bespreek. Boer meer produktief, doeltreffend en gemaklik met John Deere.

Kyk die volledige video ProagriMedia:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 50.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

John Deere excels at NAMPO 2022

Ancient African food Part 3: The answer to Africa’s malnutrition and obesity?