in ,

John Deere se Onderdelekompetisie: Motivering vir nog beter diens aan die boer

john deere

This post is also available in: English

John Deere is nie net ’n voorvatter as dit by tegnologiese ontwikkeling kom nie. Hulle glo ook daarin om met opwindende projekte hulle werknemers beter en slimmer te maak – alles tot voordeel van die boer.

John Deere Suid-Afrika het drie jaar gelede ’n baie suksesvolle Tegnikus van die Jaar-kompetisie aan die rol gesit en vanjaar het die onderdeleverkopers ook op die wa geklim.

Ronnie Phillips, onderdelebemarking, is baie opgewonde oor die Onderdelekenner van die Jaar-kompetisie. “Dit is vir ons belangrik om ons onderdelespan te begeester en op te bou. Die kompetisie sal baie bydra tot die verbetering in hulle vaardighede,” sê hy.

Die kompetisie is oop vir alle onderdele-personeel insluitend onderdele-bestuurders.

Daar is derduisende onderdele waarvan die verkopers die doel, werking en posisie in die masjien moet ken en verstaan. Hulle moet ook verstaan hoe werk die benamings van die toerustingreeksnommers. As ’n boer by die onderdelehandelaar inkom, moet hy of sy die regte onderdeel op die stelsel kan vind volgens die boer se beskrywing. Wanneer die boer die model- en reeksnommer kan verskaf, is dit natuurlik baie makliker.

Soms kan daar verskillende enjin-modelle in dieselfde masjien wees en daar is ook verskillende enjins of onderdele uit verskillende dele van die wêreld. ’n Onderdeleverkoper moet daarvan weet of dit kan waarneem.

Barbara Crabbe is John Deere se opleidingskoördineerder in Onderdelebemarking. Sy sê: ”Ons het 130 inskrywings van regoor Sub-Sahara Afrika ontvang. In die eerste rondte moes die deelnemers twee aanlynkursusse deur die John Deere Universiteit aflê. 51 kandidate het toe na die tweede rondte deurgedring. Die volgende rondte was ’n geskrewe toets om die top tien te kies.

In die laaste rondte moes die finaliste ’n praktiese toets aflê waar hulle onderdele op die John Deere-stelsel moes vind en ook ’n probleemgeval moes hanteer. Daarna is ’n geskrewe toets afgelê waarin diepgaande vrae oor John Deere se produkte gevra is. Die top drie finaliste is hieruit gekies.

Die drie wenners sal tydens ’n glansgeleentheid in November saam met die ander kompetisies se prysuitdelings aangewys word. Die eerste prys vir die Onderdelekenner van die Jaar en sy of haar metgesel, is ’n toer ter waarde van R100 000 na ’n John Deere-fabriek in die buiteland*. Die tweede prys is ’n John Deere E110 “Ride-on” grassnyer ter waarde van R32 150 en die derde prys is ’n vakansienaweek ter waarde van R10 000.

Skakel Kevin Lesser by 082-807-2603 of 011-437-2600 of e-pos LesserKevinJohn@JohnDeere.com om meer van John Deere se uitsonderlike produkte te wete te kom.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

CLAAS

CLAAS laat wêreldrekord spat!

Spilpunttegnologie: Benut elke vierkante meter met ’n Zimmatic Lateraal