in ,

John Deere: Hoe meer stroperfunksies, hoe meer vreugde

john deere

This post is also available in: English

Die S700-stroperreeks volg op die S600-reeks en bied ‛n hele rits tegnologiese verbeteringe. Die twee grootste modelle, die S780 en die S790, spog met ‛n 13-literenjin en kan nou 16 ton graan hou.

Die kajuit is vergroot met meer sigbaarheid aan die kante, die monitor is vergroot en verbeter en die siwwekaste se gehalte is verbeter. Voor jy ernstig begin stroop, kan jy met ‛n kamera in die buik se hulp en die eerste monster, die aanvaarbare hoeveelheid vreemde materiaal en gebreekte graan volgens jou behoefte instel. Die kamera neem deurlopend foto’s van die graan en verander dan outomaties die siwwe, waaierspoed, rotorspoed en die konkaafgapings sodat dit net soos die beeld lyk wat jy vir hom gegee het. Teen ‛n helling verstel die “Combine Advisor” ook outomaties die siwwekaste om deurlopend doeltreffende stroopwerk te verseker en verliese uit te skakel.

“Yield Command” gebruik nou gewigsensors in die graantenk en steeds die massavloeisensors in die skoongraanhyser wat saamwerk om ‛n meer akkurate graanvloeimeting en -lesing na die skerm te stuur. ‛n Boer hoef nou nie meer te stop om die graanvloei te kalibreer nie. Die gewigsensors in die tenk weeg nou die graan drie keer – wanneer dit ‛n derde, twee derdes en vol is. Met die nodige berekeninge kan die stroper nou die vloeikapasiteit nog meer noukeurig meet. Dit praat dan met die “JD Link” wat die gemiddeldes bepaal en in die land met die vorige jare se data vergelyk.

Die plukkerkoppe se intrekkettings en aandryfkettings is korter gemaak en die ratte se ratsteekhoek is aangepas om minder slytasie en ‛n 50% langer leeftyd te verseker. Die vingers word nou van ‛n meer duursame materiaal vervaardig wat 25% langer gaan hou.

Click here for more information on the series combines.

What do you think?

-2 points
Upvote Downvote

Total votes: 6

Upvotes: 2

Upvotes percentage: 33.333333%

Downvotes: 4

Downvotes percentage: 66.666667%

Agri SA bly bekommerd oor voortslepende droogte

Agri Gauteng skou stu opkomende landbou