in ,

John Deere bemagtig landboukontrakteurs wat wil

This post is also available in: English

’n voldonge werklikheid wat beteken dat die oorgrote meerderheid van die bevolking op klein lappies grond ’n bestaan moet maak. Alhoewel dit nie tot individuele rykdom of reuse kommersiële boerderysuksesse sal lei nie, is dit ’n belangrike faktor om verstedeliking te verhoed of minstens te verlangsaam.

John Deere het besef dat dit tot voedselsekerheid, volhoubaarheid en werkskepping op die Afrika-platteland kan lei as elke bestaansboer op sy grond gehou word en gehelp word om so doeltreffend as moontlik te boer deur hulle aan beter boerderymetodes en meganisering bloot te stel.

John Deere, opkomende boereCarel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere; Zandasile Dandala en Unathi Mgugudo, die twee grondbewerking- en plantkontrakteurs uit die Oos-Kaap; en Modupi Mokoena, streeksbestuurder Kleinboerontwikkeling.

Terselfdertyd kan John Deere deur die bevordering van landbou op hierdie manier hulle voetspoor in Afrika vergroot en verseker. Hulle het derhalwe besluit om ’n maakpasstelsel vir Afrika se bestaansboere en landboukontrakteurs te ontwikkel.

John Deere het in 2011 in samewerking met Afgri Zambië ’n klein loodsprojek van stapel laat loop waar hulle saam met die Zambia Conservation Farmers Union agttien leierboere geïdentifiseer het om aan ’n bemagtigingsprojek deel te neem. Die boere moes elk ’n gedeelte van die geld gee, in ruil waarvoor John Deere vir hulle ’n volledige boerderypakket bestaande uit trekkers en werktuie, beskikbaar gestel het wat hulle oor drie jaar in maandelikse paaiemente moes terugbetaal. Hulle moes ook ’n kleinboer- en kontrakteursopleidings-program wat deur Batho Pele, ’n opleidingsorganisasie wat deur John Deere ingekontrakteer word, bywoon. Al agttien boere het toe begin om kontrakteursdienste aan hulle gemeenskappe te lewer.

Na die opleiding het die opbrengs op hulle eie lande met ’n gemiddeld van 91% verbeter. Behalwe twee boere wat aanvanklik probleme ondervind het, wat ook nou kontrakteurs is en kommersieël boer, is al die werktuie binne die eerste 36 maande afbetaal. Daar is natuurlik groter werktuie aangekoop en sommige het besluit om voltyds te boer, terwyl ander aangehou het om kontrakteurswerk in hulle gemeenskappe te doen.

“Een belangrike ding wat ons gesien het, is dat hulle nie vir aalmoese gevra het nie. Hulle het wel gevra dat ons hulle moet help sodat hulle hulleself kon help,” sê Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere.

’n Ware boer kan homself bewys John Deere het baie uit die projek geleer en besluit om hierdie beginsel ook in Suid-Afrika toe te pas. “Dit is baie moeilik en ’n groot risiko om ouens wat nuut wil begin te bemagtig, maar ek het mettertyd geleer hoe om binne twee minute die verskil tussen ’n ware boer en ’n kansvatter agter te kom,” sê Modupi Mokoena, John Deere se streekbestuurder vir opkomende boere. Zandasile Dandala en Unathi Mgugudo is twee grondbewerking- en plantkontrakteurs van Mount Ayliff, 40 km van Kokstad in die Oos-Kaap, wie se ouers en voorouers oor die afgelope drie dekades ’n stewige landboukontrakteursaak in die gebied opgebou het. Toe Modupi van John Deere hulle genader het, was hy baie verbaas om te sien dat hulle reeds John Deeres gebruik. Daar is heelwat mededingende kontrakteurs in hulle gebied, maar die twee word as die grootstes gereken en hulle John Deere-toerusting speel ook ’n reuse rol in hulle suksesverhaal. “My oupa was ’n onderwyser wat in 1982 begin het om kontrakteurswerk in die gemeenskap te doen en later die saak aan my pa oorgedra het,” sê  Unathi.

Zandasile se ma was ’n onderwyseres wat lus was om die sakewêreld te betree en het by Unathi se pa gaan kers opsteek. Sy het toe besluit om trekkers en toerusting te koop om ook ’n landboukontrakteur te word. Sy het verder in die waardeketting belê en het ’n meule gekoop om die gemeenskap se geoeste mielies te maal.

“In die begin, toe ek nog baie klein was, moes my ma self trekker ry, want sy moes ons brood verdien. Later het ek die trekker oorgeneem. Ons het stelselmatig geleer hoe om die lande uit te lê en die grond voor te berei. Dit was ’n kosbare kuns wat ons by ons ouers geleer het, maar dit was baie tradisioneel en ons moes verskeie kursusse bywoon wat deur Graan SA en landboukolleges aangebied is. Ons moes ook by verskeie mentorboere in die Oos-Kaap gaan leer hoe om die moderne praktyke baas te raak,” sê Zandasile.

Die twee kontrakteurs het die afgelope seisoen elk ongeveer 500 hektaar bewerk wat bestaan het uit stukkies grond wat van een tot vyftig hektaar groot is.

Tallose uitdagings

Zandasile en Unathi word deur die Departement Landbou, Bosbou en Visserye in die Oos-Kaap ingekontrakteer om bestaansboere en opkomende boere te help om hulle lappies grond voor te berei en te beplant. Die departement deel elke jaar van voor af kontrakte uit wat afhang van die bepaalde kontrakteur se vermoë en verskaf die kunsmis en saad wat die kontrakteurs moet gebruik. Hulle moet dan die grond voorberei, plant en bespuit en is ook verantwoordelik vir hulle eie diesel en die verskuiwing van die werktuie. “Dit is ’n groot uitdaging, want die verskuiwing van ons toerusting is duur en omslagtig,” sê Unathi. “Plase is oor die algemeen klein en ver uitmekaar en dit is min dat ons baie hektare bymekaar kan bewerk.

“Die plattelandse gemeenskappe bejeën ook maklik kontrakteurs wat geld maak en ryk word met agterdog,” sê Zandasile. “Die stamhoofde is baie tradisievas en is baie skepties oor hoogs produktiewe landboupraktyke in hulle gebiede. Daar is ook bepaalde kanale, prosedures en protokolle om met die hiërargie in die platteland te onderhandel en ons moet baie versigtig te werk gaan om nie onsself in die voet te skiet nie. Ons hou ook gereeld demonstrasies sodat die mense vir hulleself kan sien wat die resultate van meganisering is.”

Die regering gee ons baie keer opdrag om in sekere stamhoofde se gebiede te gaan werk, maar dan het hulle nie eers met die stamhoofde gepraat nie. Dan moet ons vergaderings met die plaaslike bevolking hou en hulle byvoorbeeld oorreed om toe te sien dat die boere se vee nie in die bewerkte lande loop nie. Die regering laat ons vir die armste gemeenskappe werk waar een gesin gemiddeld een hektaar besit. Dit sal baie help as gesinne in daardie gebiede byvoorbeeld ’n koöperasie vorm waar hulle as ’’n eenheid kan saamwerk sodat ons meer hektare gelyk kan bewerk.”

Die konsep van wisselbou bestaan ook nog nie in die kommunale gebiede nie. Die gemeenskap moet opgelei word om veral soja, wat goed werk in die Oos-Kaap, met mielies te ruil. Dit sal ’n groot potensiaal vir landboukontrakteurs inhou sodra die boere dit aanvaar.

Daar is egter stamhoofde wat sien dat voedselsekerheid en werkskepping baie swaar begin weeg en hulle het begin om die kontrakteurs te ondersteun waar hulle die gemeenskap kon oorreed om die meganieseroete te volg. “Ons moet dus so akkuraat en doeltreffend en netjies as moontlik werk om ’n baie goeie verhouding en welwillendheid by elke boer te kweek. Dit is vir ons heerlik om te hoor hoe die boere vra dat hulle weer ons dienste wil gebruik in die volgende seisoen,” sê Unathi.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Sien is glo … en Monsanto wys

Kubota bied winskope