in ,

JDLink™ doen die skakelwerk vir jou – gratis

This post is also available in: English

Boere is onder groot druk om meer te produseer met minder insette.
Tegnologie, en veral kommunikasietegnologie, kan die verskil maak wat jy nodig het vir hoër produktiwiteit, maar die talle opsies wat die mark bied kan baie verwarrend wees. Daar is verskillende vlakke van dienslewering en tariewe, en elke funksie suig nog ՚n paar rand uit jou sak uit.

Dit is moeilik om die werklike waarde van al die verskillende dienste te
bepaal: net om by te bly met al die ontwikkelings trek later jou aandag af
van die kernsaak waar jou inkomste vandaan moet kom – jou boerdery.

John Deere verstaan dit. John Deere verstaan ook dat elke plaas anders is.
Met JDLink™ kan jy teen die laagste moontlik risiko vir jouself self die waarde vir jou boerdery toets en bepaal.

JDLink™ ontsluit ՚n dubbelstel waarde:

Masjienondersteuning en aanpassing oor ՚n afstand:

Jy en jou masjienondersteuningspan sal in staat wees om aanhoudend masjiengebruik te moniteer en aanpassings te maak vir optimale prestasie. Die skakelfunksie voer diagnostiese data na die inligtingswolk waar moontlike probleme voorspel kan word op grond van masjien leermodelle en wêreldwye gebruikersdata.

Landboukundige dataskakeling:

Uiteindelik gaan boerdery oor die lewering van ՚n sukses- volle, winsgewende oes elke seisoen. Pre- sisiemetodes raak noodsaaklik en vereis
die stuur van data oor die lande na jou span kundiges, met jouself in die middel. Met JDLink™ kan jy ophou sukkel met e-posse en om USB-stokkies met voorskrifkaarte na masjiene toe te vat. Landboukundige data word outomaties opgelaai in ՚n Operation Centre in die kuberruim, waar jy dit rustig in jou kantoor kan ontleed of sonder enige moeite met jou landboukundige raadgewers kan deel.

Só werk John Deere-skakeling

  • Skakel die JDLink™-diens in die Operation Centre deur jou rekenaar of selfoon aan.
  • Daar is geen bykomende koste vir die skakeldiens nie.
  • Daar is geen subskripsies of hernuwings nie. Skakel dit net aan en los dit aan.
  • Alle nuwe werktuie op die plaas kan outomaties ingeskakel word, jy hoef nie eers te onthou om dit te doen nie.
  • Daar is net een vlak van dienslewering en dit sluit masjiendata en landboukundige dataskakeling in.
  • Enige bestaande subskripsies gaan voort tot die verstrykingsdatum, of jy kan net oorskakel na die nuwe skakeldiens, enige tyd, sonder enige bykomende koste.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Oorwintering van herkouers: Voer oordeelkundig en boer doeltreffend

ProAgri SA 257